’n Romantiese fotosessie met ’n musiektema, het perfek by The Voice SA 2017 naaswenner, Josh Ansley, en sy vrou gepas. An-Sophie Lourens het meer gaan uitvind oor die inspirasie agter die foto’s.

Wynand van der Merwe glo dat fotograwe is geneig om hulle passie en kreatiwiteit te verloor as hulle nie persoonlike projekte doen nie. Hy deel graag eksklusief sy gestileerde romantiese fotosessie met ons, wat geïnspireer is deur sy liefde vir musiek en musiekkonsertfotografie.

Hy en Natasha van Weddings by Tasha het koppe bymekaar gesit en ’n romantiese liefdesverhaal met musiek as die tema beplan en afgeneem.

WAT WAS DIE TEMA VAN DIE ROMANTIESE FOTOSESSIE EN WATTER ATMOSFEER WOU JULLE SKEP?
“In die fotosessie sing die bruidegom ’n romantiese liefdeslied vir sy bruid langs die rivier by ’n mooi gestileerde tafel. Ons het laat die dag foto’s geneem, dus het ons, ons eie ligte ingebring, asook een van my gunsteling-kenmerkfoto’s, die laataand vonkstokkiefoto. Ons het ook laat die verskaffers praktiese elemente inwerk sodat mense die idees kan naboots op hulle eie troues. Selfs elemente wat nog nooit van te vore op troues gebruik is nie, het ons in die fotosessie gebruik, soos die oliebolmuur. Toadbury Hall het die perfekte agtergrond geskep vir die atmosfeer wat ons wou gehad het, veral met die rivier, die hangbrug en die gedeelte woud waar ons die tafel kon dek. Die woorde van die animasieprent Bambi se inleidingsliedjie som die tema goed op: Love is a song that never ends. Life may be swift and fleeting, hope may die, yet love’s beautiful music comes each day like the dawn. Love is a song that never ends. One simple theme repeating. Like the voice of a heavenly choir. Love’s sweet music flows on.”

WAT WAS DIE KLEURSKEMA VAN DIE ROMANTIESE SESSIE EN WAT WAS DIE REDE VIR DIE KLEURKOMBINASIES?
“Die kleure is op Pinterest versamel. Ons het blos, grys en Teal gebruik wat baie simplisties is, asook goud, wat meer gesofistikeerd is. Ek wou graag mense bereik wat hou van simplistiese en elegante foto’s, maar wat ook gesofistikeerd of luuks is. Teal en blos is deesdae ook baie gewild.”

IS DAAR IETS SELFGEMAAK IN DIE FOTOSESSIE?
“Die oliebolmuur het ek self gemaak, behalwe vir die oliebolle natuurlik. Ek het twee palette bo-op mekaar gesit en gesteriliseerde skroewe elke 20cm ingeskroef vir die oliebolle om op te hang.”

HET JY ENIGE ANDER IDEES OF RAAD VIR FOTO’S OF VIR TOEKOMSTIGE BRUIDE WAT ’N ROMANTIESE TEMA BEPLAN?
* Ek gebruik vonkstokkies vir die eerstedans-foto’s. Dit is ’n 70cm Party Sparkler, wat vir twee minute kan brand. Dit maak ongelooflike romantiese foto’s!
* As jou gaste in ’n sirkel rondom julle staan vir die eerstedans, en jy gee twee vonkstokkies vir elke paartjie, wat een na die ander een brand, dan het jy die ongelooflikste lig vir jou hele eerste dans.
* Ek vra ook altyd vir die trou-venue om die ligte te verdof sodat die enigste lig in die vertrek die vonkstokkies se lig is.
* Ek sê altyd vir my kliënte dat hulle elke nou en dan moet stil staan, asemhaal, en vir twee minute net moet inneem wat om hulle aangaan. Die tyd gaan so vinnig verby, so geniet die dag!

Hierdie gestileerde fotosessie harmoniseer die note van liefde en trou. In blos, teal, grys, goud en natuurlik skitterende liggies gee Wynand en Natasha nie net pragtige idees vir foto’s nie, maar sommer ook idees vir jou troudag. Mag jou fotosessie net so mooi klink soos hierdie gestileerde fotosessie met ’n romantiese liefde wat nooit vergaan nie.

DIENSVERSKAFFERS
Venue: Toadbury Hall Wedding Venue
Organiseerder en stileerder: Weddings By Tasha
Dekor: Spectacular Occasions
Blomme: The Bloom Room
Ligte: FF Decor
Troutoebehore: Armadillo Media
Troukoek: Kelly Jane’s Cake Boutique
Fotograaf: Wynand Van Der Merwe Photography
Videograaf: BlueScape Productions
Oliebolmuur: Wolfgang Doughnuts
Hare en grimering: Angelique@composurestylist
Trourok: Dimity Eco Bride
Vroue model: Kerryn Ansley
Mans model: Josh Ansley
Mansuitrusting: Uzzi van Truworths

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA