seremoniemeester
’n Seremoniemeester speel ’n belangrike rol in elke paartjie se groot dag. Gina van Staden het gaan uitvind watter kwaliteite jy nodig het wanneer die eer jou te beurt val.

Valentyns Fliek Aand_AdRev
Onthou jy nog hoe lekker dit in die ou dae was om na die inry toe te gaan?
Wil jy jou maat bederf, maar weet nie wat om te doen nie?
Verras dan jou geliefde hierdie Valentynsdag met ‘n romantiese fliek onder die sterre!
Vir slegs R600 per paartjie, ontvang julle ‘n smullekker 3-gang piekniekmandjie, springmielies en vonkelsappies. Die prys sluit ook die fliek (The Notebook) in!
Kliek hieronder om sommer nou julle kaartjies te bespreek voor dit uitverkoop (enkellopendes is ook welkom teen R310 per kaartjie )
http://www.quicket.co.za/e…/25221-valentyns-fliek-piekniek/…
Plek: Morgenzon Guesthouse, Conference & Weddings
Piekniekmandjie: Cocovanilla Foods

——————————————————————————————————–

 

ʼn Goeie seremoniemeester het die vermoë om die gehoor aan sy lippe te laat hang. Maar hoe gemaak as jy aan niks anders as die afgesaagde ‘kinders by die dosyne’-grappies kan dink nie? Lees verder om ʼn paar tips te vang:

SEREMONIEMEESTER-VERANTWOORDELIKHEIDE
Soms dink mense dat jy as seremoniemeester net die nar is. Maar daar is baie verantwoordelikhede wat op jou skouers rus:
* Die verrigtinge moet betyds en glad verloop – memoriseer dus die trouprogram vooraf.
* Jy is die gasheer en moet seker maak dat daar na almal se behoeftes voorsien word.
* ʼn Dronk seremoniemeester is soms die ondergang van die onthaal – so sluk die sjampanje maar stadig.
* Toets die mikrofoon voordat die gaste by die onthaal instap.
* Maak seker dat jy almal op die bedankings lys se name korrek kan uitspreek.

VERMAAK
* Maak seker dat die bruidspaar gemaklik is met die herrineringe/stories wat jy van hulle wil deel.
* Hou die gehoor in gedagte wanneer jy jou grappies kies. Jy wil tog nie vir die bruid se tagtigjarige ouma ʼn hartaanval gee nie. Sommige grappies ook nie gepas wanneer daar kinders betrokke is nie. Bly ook weg van skoonma-grappies.

GRAPPIE-IDEES VIR DIE SEREMONIEMEESTER
* Die beste manier om ʼn man te motiveer om iets te doen is om te skimp dat hy te oud is daarvoor.
* As jy ʼn kalm vrou kry sal jy gelukkig wees, maar as jy ʼn wilde een kry sal jy ʼn filosoof word.
* In die huwelik word die man en vrou een. Die probleem ontstaan wanneer hulle moet besluit wátter een.
* Die mees effektiewe manier om jou huweliksherdenking te onthou, is om dit een keer te vergeet.
* Hou altyd jou vrou se hand vas in die winkel, anders koop sy teveel.

SEREMONIEMEESTER-AKTIWITEITE
* Jy kan vooraf vir die bruidspaar ʼn reeks persoonlike vrae vra en dit neerskryf. By die onthaal moet hulle die vrae oor mekaar beantwoord. Die een wat verloor moet byvoorbeeld ʼn karaoke-liedjie sing of die Macarena dans (maak net seker dat hulle dit snaaks sal vind).
* Elke keer wat die gaste ʼn Mexikaanse golf doen, moet die bruidspaar soen.
* Laat gaste hulle naamkaartjies in ʼn boks gooi en trek gelukkige wenners. Gee byvoorbeeld pryse, gratis drankies of liedjie versoeke.
* Stuur die mikrofoon om en vra almal wat al meer as tien jaar getroud is om net een belangrike brokkie huweliksraad te gee.

Die seremoniemeester kan die troudag maak of breek, so hou hierdie raad in gedagte en die bruidspaar en gaste sal nog lank na die tyd oor die troue praat.

Foto: Chillie Sauce

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA