troukoors_sjarmante_troue_uit_die_twintigs1
The Great Gatsby is ’n fliek wat Armand en Celeste baie geniet het en dit was die inspirasie vir hulle troue se tema en palet. Smooth soos sy smoothies vir Celeste, was die bruidegom.

troukoors_sjarmante_troue_uit_die_twintigs2

Met ’n hand vol koukiepenne en ’n kop vol planne het Armand gladweg vir Celeste gekry om sy Facebook-blad te gaan besoek om sy koffiekroeg se skakel te kry. Slim. Hy het ook 5km vêr gehol vir haar bestanddele te kry vir ’n smoothie wat sy gesoek het en dit nie op die menu was nie. (Hy het sommer 5 liter ekstra gemaak.) Sy het hom wel eers bietjie laat wag voor sy haar hart vir hom gegee het. Die groot vraag het hy haar sommer in haar pienk onesie gevra na ’n lang dag by die werk (want die nader planne wou net nie saamwerk nie), nadat hulle Lady Antebellum se Just a kiss Good night saam met die YouTube-video gesing het.

Hulle Great Gatsby troue was ’n groot selfdoen geleentheid en dit het vir hulle groter dele van die begroting beskikbaar gestel vir dinge wat vir hulle baie belangrik was, soos die foto’s, kos en ’n bederfie dat die bruid en gevolg se grimering vir hulle gedoen kan word. “Ek hou van groot geleenthede, blinkers en vere. Armand is weer mal oor sy pakke so ons tema was perfek vir ons en die kleure was swart, wit, goud en pastelle van mentgroen en pienk.”

troukoors_sjarmante_troue_uit_die_twintigs3

WAT WAS VIR JOU BELANGRIK TYDENS DIE BEPLANNING?
“My eerste stap was om my strooimeisies te kies. Ek moes deeglik en vroegtydig kies, want hulle sou my helpers ook moes wees omdat ons so baie dinge self sou doen. Daarmee saam het ek rok passings geboek. Ek het ’n pasklaar rok gekies, want ek wou nie baie geld spandeer aan ’n rok wat ek net een keer gaan aantrek nie. Fokus op wat belangrik vir jou en jou man is en hou daarby.”
 
JOU RAAD?
“Wees altyd respekvol teenoor jou ondersteuningsnetwerk en sê vir hulle dankie!”
troukoors_sjarmante_troue_uit_die_twintigs4

DIENSVERSKAFFERS
Venue: Hathersage House
Koördineerder: Bruid self
Spyseniering: Ebony & Ivory
Drankies: Koos & Alma Verschuur (Armand se ouers)
Blomme: Phenology Flowers
Dekor en skryfbehoeftes: Self
Verhurings: Function Hiring 4 u
Troukoek: The Smiling Oven
Fotograaf: Lucille Scheepers Photography
Musiek: Bruidegom self
Trourok: House of Silk
Hare en grimering: Flawless Finish
Bruidegom se uitrusting: Woolworths SA
Vervoer: Gerhard Vorster & Vriende
Ander: Origami Flowers deur The Heartfelt Collection

Artikel: Yolande van Deventer

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA