Skoonheidsbehandelings is ’n moet as jy wil hê dat jou vel pragtig moet lyk op jou groot dag.
Minette Badenhorst het gaan uitvind watter opsies oorweeg moet word.

Elke bruid wil hê dat haar vel perfek is op haar groot dag. Jou velsorgroetine en produkte is dus baie belangrik. Maar, daar is wel ʼn paar skoonheidsbehandelings wat ʼn bruid kan oorweeg voor haar groot dag, om vir jou ʼn gesonde en stralende vel te gee.

Onthou wel die GOUE REËL. Moenie skoonheidsbehandelings wat jy nog nooit voorheen laat doen het nie, te na aan jou troue vir die eerste keer probeer nie. Laat ten minste vier weke voor jou troue toe, sodat jy kan sien hoe jy op dit reageer. Almal reageer verskillend en jy wil seker maak dat jy nie te na aan jou troue nuwe dinge probeer wat moontlik vreemd met jou kan reageer nie.

Ek gesels met Dr. Marika van Lelyveld van Vaal Triangle Aesthetics oor die drie skoonheidsbehandelings wat sy vir ʼn bruid sal aanbeveel voor hulle troudag.

VOLITE HIDRASIE VULLER:
“ʼn Bruid se oë en lippe vorm die fokuspunt van alle fotos. Volite is ʼn spesiale hialuronsuur vuller van Allergen wat hidrasie in die lip en oogarea gee. Dit verbeter die tekstuur en verhelder die gesig op ʼn natuurlike manier.”

CHEMIESE AFSKILFERING:
“Chemiese afskilfering van die gesig, décolletage, rug en arms verseker dat die vel glad en glansend vertoon. Produkte soos sonverbruiningsmiddels vertoon vlekkeloos op die afgeskilferde palet. Ons beveel ʼn 20% glycolsuur aan wat nie te indringend is en skade kan veroorsaak nie.”

ALMA ACCENT RADIO-FREKWENSIE:
“Bi-polêre radiofrekwensie lig en verferm die vel. Dit gee definisie vir die wang en kaak area, en die uitstryk van fyn lyntjies word pynloos en in minimale tyd bewerkstelling. Elke hoek van die lyf en gesig is kamera gereed.”

Natuurlik is ʼn lekker ontspannende massering altyd ʼn goeie opsie. Ontspan en vergeet bietjie van al die troureëlings. Besoek ʼn Spa naby aan jou voor jou troudag om lekker te ontspan.
So bederf jouself met ʼn paar skoonheidsbehandelings voor jou troue, om op jou beste te voel en lyk.

WEN, WEN, WEN!


Een gelukkige leser staan ’n kans om ’n wonderlike gesigsbehandeling van Vaal Triangle Aesthetics, ter waarde van R5 000, te wen!

HOE OM IN TE SKRYF:
– LIKE Vaal Triangle Aesthetics se blad op Facebook;
– LIKE Troukoors se blad op Facebook;
– LIKE en SHARE hierdie kompetisie op Facebook 

Foto: Women’s Health

Kliek hier as jy opsoek is na ‘n grimeerkunstenaar…

ANELDA BOTHA HAIR AND MAKE-UP (WES-KAAP)
WEBBLAD  ♥  FACEBOOK  ♥  E-POS

 Anelda_Botha

ELPMAKEMEUP (LANDSWYD)
WEBBLAD  ♥  FACEBOOK  ♥  E-POS

elp_makup

GARTIER – GAUTENG & VRYSTAAT
WEBBLAD  ♥  FACEBOOK  ♥  E-POS

LIEZL MEYER HAIR AND MAKE-UP (WES-KAAP)
WEBBLAD  ♥  FACEBOOK  ♥  E-POS

Liezl_Meyer

MIA’S MAKE-UP (WES-KAAP)
WEBBLAD  ♥  FACEBOOK  ♥  E-POS

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA