Strandtroues kan baie sag en romanties wees. Gina van Staden vertel meer oor die idee en inspirasie agter hierdie gestileerde fotosessie.
ADVERTENSIE – SPESIALE AANBOD VIR TROUKOORS LESERS
Het jy al Troukoors se Spesiale Uitgawe (propvol doen-dit-self idees, inspirerende foto’s en raad) en Die Trouboek (wat jou help om die perfekte troue week-vir-week te beplan én seker maak dat julle gereed is vir die groot stap, met Gretha Wiid se weeklikse huweliksvoorbereiding)?
Kliek hier vir meer info.
Die Trouboek @ R90 + Troukoors Tydskrif @ R50 + posgeld = R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).
STAP 1
Betaal die bedrag in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit) of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek (posgeld ingesluit) of
OPSIE 3: R80.00 vir Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit)
STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@bpwpprebuild.co.za:
- Bewys van betaling
- Waarvoor jy betaal het: Trouboek / Tydskrif / Beide
- Jou naam en van
- Jou selfoonnommer
- Jou posbus adres
- Jou poskodeNeem asb kennis dat die artikel hieronder nie in die tydskrif, wat hierbo geadverteer word, verskyn nie.
————————————————————————————————————————————————————
See, sand en ’n kaalvoetbruid klink so idillies en perfek. As strandtroues jou hart laat vermurwe, lees verder om te sien hoe jy jou droomdag so kan vier.
Susan du Toit Photography wys vir ons hoe om ʼn asemrowende fotosessie op die strand aan te pak. Sy gee ook raad vir bruide wat al van kleins af droom oor strandtroues:
HOEKOM HET JULLE BESLUIT OM OP STRANDTROUES TE FOKUS IN HIERDIE FOTOSESSIE?
“Hermanus (op die Suidkus van die Wes-Kaap) is ʼn merkwaardige plek. Nie net lok hierdie kusdorpie walvis besigtigers van regoor die wêreld nie, maar bewaar ook verskeie ander geheime soos klipperige strande en magiese berge. Om hierdie rede is Langbaai in Hermanus so ʼn gewilde troubestemming en die rede waarom ons gekies het om die fotosessie hier te doen.”
WAT WAS DIE TEMA VIR HIERDIE FOTOSESSIE?
“Ons het besuit op natuurlike seeskoonheid vir hierdie fotosessie. Strandtroues word al hoe meer gewild.”
OP WATTER KLEURSKEMA HET JULLE BESLUIT?
“Die ysblou kleur van die kontemporêre trourok het die natuurlike kleurskema van die oseaan goed gekomplementeer.”
HOE KAN BRUIDE DIESELFDE TIPE GEVOEL BY HUL STRANDTROUES SKEP?
“Solank ’n bruid geïnspireer is deur die skoonheid van die Atlantiese Oseaan, ʼn pragtige trourok soos hierdie een aanhet en ’n briljante fotograaf byvoeg, sal sy moeiteloos slaag in haar doel.”
WAT IS DIE TENDENS WANNEER DIT BY STRANDTROUES KOM EN HOE HET JULLE DIT IN DIE FOTOSESSIE GEBRUIK?
“Die ysblou kleur van die trourok, met sy lae neklyn en oop rug illusie, sowel as die ongekompliseerde, aardse kleure van die antieke dekor is alles tendense wanneer dit by strandtroues kom.”
WAT HET JULLE LAAT BESLUIT OP DIE SPESIFIEKE DEKOR EN BLOMME?
“Die tafel is net so op die sand geplaas en gedek – wat natuurlike elegansie aan die eenvoudige toonsetting verleen. Die juwele glinster soos die môredou. Die bruid se arms is gevul met verskeie gepaste inheemse blomme wat ideaal is vir strandtroues – wat onder andere die Koning Protea, wit Lisante en Laantuin Rose, Penny Gum, Slangbos, Seaholly en Limonium insluit.”
HET JY ENIGE RAAD VIR TOEKOMSTIGE BRUIDE?
“Moet niks oordink nie. Stel ʼn bekwame troukoördineerder aan om jou te help – dit sal jou op die einde eerder geld bespaar as kos. Hou jou fokus op jou en jou man en die rede hoekom julle daar is. Lyk jou mooiste en laat ʼn professionele fotograaf elke kosbare oomblik op kamera vasvang. Fokus op kwaliteit instede van kwantiteit. Dít is die geheim van ʼn suksesvolle strandtroue.”
Susan sê dat onkonvensionele trourokke en groenigheid in is wanneer dit by strandtroues kom. Hou die dekor onpretensieus en julle mooi dag sal soos ʼn sprokiesverhaal reflekteer in julle trou-album.
DIENSVERSKAFFERS:
Venue: Langbaai Hermanus
Stylilis: Wedding and Event Collection
Blomme: Lily and Lime
Skryfbehoeftes: Selmari Slot Creative
Fotograaf: Susan du Toit Photography
Trourok: Lubellos
Hare en grimering: Leoumé Vos
Ander: Juwele van Marion Rehwinkel Jewellery
Model: Listelle Visser