strooimeisierokke
Strooimeisierokke is in ’n wye verskeidenheid kleure en snitte beskikbaar. Maar watter een sal jou figuur komplementeer? Jacoba Clothing gee raad oor watter snitte jou lyf op sy beste sal vertoon.

Jacoba Clothing glo dat mense jou moet onthou, nie jou rok nie. Dit is ook vir hulle belangrik dat hulle kliënte gemaklik, mooi en gelukkig moet voel, want as jy mooi en gelukkig voel dan is jy beeldskoon en dit is ’n feit! Daarom kies hulle hul reeks strooimeisierokke baie noukeuring, sodat daar iets is om aan elke lyftipe en smaak te voldoen.

Wanneer jy dus strooimeisierokke of ’n rok vir enige geleentheid soek, moet jou eerste prioriteit gemak wees. En om gemaklik te wees, moet jy iets kies wat eerstens jou lyftipe pas en tweedens, maar net so belangrik, jou persoonlikheid! Jacoba Clothing gee raad oor watter tipe roksnit die beste sal pas by jou figuurtipe.

DIE APPEL-FIGUUR
Die Appel-figuur word gekenmerk aan ’n groter borsmaat, kleiner heupe en gewoonlik slank, sexy bene! Die beste strooimeisierokke vir iemand met hierdie figuurtipe, is korter rokkies wat die bene beklemtoon asook rokke wat meer noupassend is rondom die heupe. ’n V-halslyn trek ’n mens se oog meer vertikaal, so dit kan meer verslankend wees oor die bors as ’n bootnek of ’n ronde halslyn. Vermy ook eerder plooie of volheid om die middel en heupe, maar as jy ’n magie het wat jy wil wegsteek, gaan gerus ’n bietjie losser om die middel, maar maak seker dat die rok dan noupassend om die heupe sit.

Hier is ’n paar rokke wat kan werk vir Appel-figure:

strooimeisierokke_1

DIE PEER-FIGUUR
Peer-figure is die van ons met groter heupe en ’n kleiner bolyf. Die beste strooimeisierokke vir diegene met hierdie lyftipe, sal snitte wees met voller rompe en ’n meer noupassende bostuk. Wanneer jy jou groter heupe onder ’n vol romp wegsteek, lyk dit of jou hele lyf so klein is soos jou bolyf. Wye, vol, maksi-rokke is beslis ’n baie goeie opsie. As jy graag jou bolyf wil laat groter lyk, probeer valletjies op die halslyn of ’n cowl-halslyn.

Hier is ’n paar rokke wat kan werk vir Peer-figure:

strooimeisierokke_2
DIE UURGLAS-FIGUUR
Uurglas-figuur, seker die figuurtipe wat die meeste bewondering lok, is gewoonlik rond met ordentlike kurwes rondom die heupe en bors en ’n goed gedefinieerde middel.
Uurglas-figure moet definitief hulle middel beklemtoon met ’n belt of ’n band om die middel. As jy bang is dit laat jou heupe groter vertoon, probeer die belt of band eerder net onder jou borste sodat dit sagter oor jou heupe val. Vermy strooimeisierokke met bokserige style of langlyf rokkies en gaan eerder vir rokke wat jou kurwes beklemtoon!

Hier is ’n paar idees!

strooimeisierokke_3
Vir strooimeisierokke en uitrustings vir ander geleenthede, besoek Jacoba Clothing se webblad of volg hulle op Facebook.

Foto’s: Samantha CliftonJacoba Clothing

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA