Strooimeisies moet jou spesiale dag vir jou stresvry en lekker maak. Daarom kan die keuse nie ligtelik opgeneem word nie. Die dag is immers net so goed soos die span wat daarby betrokke is. Christell du Preez van The Peachy Peony gee raad oor hoe om die regte keuse te maak.

SPESIALE AANBOD VIR TROUKOORS LESERS
Het jy al Troukoors se Spesiale Uitgawe (propvol doen-dit-self idees, inspirerende foto’s en raad) en Die Trouboek (wat jou help om die perfekte troue week-vir-week te beplan én seker maak dat julle gereed is vir die groot stap, met Gretha Wiid se weeklikse huweliksvoorbereiding)?
Kliek hier vir meer info.

Die Trouboek @ R90 + Troukoors Tydskrif @ R50 + posgeld = R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).

STAP 1
Betaal die bedrag in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit) of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek (posgeld ingesluit) of
OPSIE 3: R59.90 vir Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit)

STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@bpwpprebuild.co.za:

  1. Bewys van betaling
  2. Waarvoor jy betaal het: Trouboek / Tydskrif / Beide
  3. Jou naam en van
  4. Jou selfoonnommer
  5. Jou posbus adres
  6. Jou poskode

————————————————————————————————————————————————————

Dalk is jy een van daardie gelukkige mense wat dadelik weet wie jy as jou strooimeisies gaan kies. Miskien is jou lysie van mense wat jy vertrou baie kort, so jy het net ’n paar om van te kies. Maar dalk het jy te veel pragtige mense in jou lewe en weet nie wie om te vra nie. Die punt is jy kan nooit te versigtig wees met wie jy vra om saam met jou die pad te stap na die kansel nie. Ons het daarom ’n paar wenke versamel oor wat jy in gedagte moet hou wanneer jy jou strooimeisies kies.

MAAK ’N LYS
Begin deur almal se name neer te skryf wat jy as strooimeisies oorweeg. Jy kan dalk al van die begin af sien dat ’n paar saam gaan en ander nie. Plaas hulle in groepe – van Jou universiteitsvriendinne tot familie. Dit help nie jy kies twee mense wat jy graag as strooimeisies wil hê, maar hulle kom nie oor die weg nie. Jou doelwit moet wees om jou troue te beplan nie om vrede te bewaar nie.

VERANTWOORDELIKHEDE
Voordat jy begin dink aan kandidate, dink eers wat jy alles van jou strooimeisies gaan verwag. Stel ’n lys op en gaan dan deur hierdie lys met jou verloofde of ma – hulle ken immers jou vriendinne net so goed. Maak dan ’n regmerkie by elkeen wat jy dink nie ’n probleem sal hê met daardie tipe verantwoordelikheid nie en dan ’n verkeerde merkie by die wat jy weer moeilik gaan wees. Jy kry die prentjie – vat elke punt en dink aan elke kandidaat. Op die ou einde wil jy nie sommer ’n strooimeisie hê wat jou dag onplesierig gaan maak omdat sy nie van jou rokkeuses of verwagtinge hou nie. Los haar dan eerder om ’n gas te wees. Onthou darem om realisties te wees met jou lys. Dit is nie goeie smaak om van jou strooimeisies te verwag om groot bedrae geld te betaal of alle onkostes op hulself te neem nie. As jy wel dit van hulle verwag dan moet jy van die begin af oop kaarte met hulle speel.

MITES
Daar is soveel mites soos dat jy nie iemand kan kies wat reeds getroud is nie, ensovoorts. Die belangrikste aspek om te onthou, is dat ’n getroude strooimeisie tien teen een beter gaan weet wat daar verwag word van haar, want sy was self daardeur en sy mag dalk juis hieroor die ekstra myl gaan.

GETALLE MAAK SAAK, MAAR OOK NIE
Hoe meer strooimeisies jy het hoe beter… is nie altyd waar nie. Hoe meer strooimeisies jy het, hoe meer persoonlikhede, smaakvoorkeure en temperamente het jy, Kies dus ’n getal waarmee jy gelukkig is. Maak ’n nota dat jy nie noodwendig presies dieselfde getal strooimeisies as strooijonkers hoef te hê nie.

WEES REALISTIES
Met die intapslag wanneer jy jou strooimeisies vra, wees met hulle eerlik oor wat jy van hulle verwag en wat hulle nuwe titel se verantwoordelikhede behels. As jy verwag hulle gaan elkeen hulle eie rok, skoene, grimering en hare moet betaal, gee vir hulle sommer solank ’n bedrag sodat hulle realisties kan dink daaroor en kyk of hulle kans sien. As jy verwag dat hulle nou jou persoonlike troubeplanner moet wees, dan moet jy dit vir hulle sê, en dan as hulle nee sê moet jy probeer verstaan. Hulle het dalk belangrike projekte aan die gang of gaan deur ’n finansiële krisis.

Foto: Mon Cheri Bridal

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA