’n Stylvolle troue, in warm kleurskakerings, was wat Johan en Carmen graag op hulle mooiste dag wou hê. Lees verder om meer te hoor oor hulle beplanning en liefdesverhaal.

’n Stylvolle troue is die laaste ding waaraan Johan en Carmen gedink het, toe hulle mekaar toevallig by ’n musiekkonsert ontmoet het. Dit was liefde met die eerste oogopslag en die paartjie het nog nooit teruggekyk nie.

HOEKOM HET JY OP JOHAN VERLIEF GERAAK?
“Hy is goedhartig, liefdevol en gee om vir mense. Hy sal enigiets doen om ander te help en het ’n goeie hart.”

HOE HET HY DIE GROOT VRAAG GEVRA VOOR JULLE BEGIN BEPLAN HET AAN JULLE STYLVOLLE TROUE?
“Ons was vir sewe jaar verloof voordat ons getrou het. Ons het op ’n wildsplaas verloof geraak. Hy het my gevra om saam met hom vierwielmotorfiets te gaan ry. Ons het padlangs gery, gestop en hy het vir my gesê dat hy vir my lief is en gevra of ek met hom sal trou. Ek het dit nie verwag nie.”

WAT WAS DIE KLEURSKEMA EN TEMA VAN JULLE STYLVOLLE TROUE?
“Ons het nie op ’n spesifieke tema besluit nie, ek wou net baie groenigheid hê. Ons wou ’n elegante, mooi atmosfeer skep, sonder om te formeel te wees.”

HET JY RAAD VIR BRUIDE WAT ’N STYLVOLLE TROUE WIL BEPLAN?
“Dit is belangrik om ’n idee te hê van wat jy wil hê, maar jy moet ook luister na jou diensverskaffers se insette, sodat hulle vir jou die mooiste troue kan optower. Maak seker dat jy diensverskaffers kies wat jy vertrou. Vat dinge soos dit kom en moenie stres as iets skeefloop nie. Neem ook elke oomblik van die dag in, dit gaan gou verby.”

WATTER ASPEKTE VAN JULLE STYLVOLLE TROUE HET JUL SELF BEHARTIG?
“Omdat ons in die winter getrou het, het ons vleeskombersies as dankiegeskenke gegee en self die koeverte vir die dankiekaartjies gemaak. Ons het dit toe op die stoele gesit vir die seremonie, wat buite gehou is. Dieselfde ontwerp is ook op die waterbottels gebruik. Ons strooimeisies het houtproteas gehad, wat ek by ’n kunswinkel gekoop en ons het ook self die druk van die spyskaarte behartig.”

Met goeie diensverskaffers en ’n behoorlike beplanning, kan jy ook lewe gee aan ’n stylvolle troue, soos hierdie een, en die mooiste herinneringe en foto’s oorhou, nes Johan en Carmen.

DIENSVERSKAFFERS
Venue, koördinering, spyseniering, drankies, troukoek, vervoer: Bordeaux Game Farm
Blomme en dekor: Evoque Events, Tzaneen
Skryfbehoeftes: Self, Suduco Branding Solutions
Foto’s: Lightart Photography
Musiek: Wiets Roux
Trourok: Nico Willoughby-Smith
Hare: Adrie Butcher du Plessis
Bruidegom se uitrusting: Big Man Outfitters, Centurion
Gevolg en ma se grimering: Cheri Brunette

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA