troeteldier
Jou troeteldier se kos speel ’n belangrike rol in hoe gesond en gelukkig hy is. Dit is daarom belangrik om nie net die regte kos te kies nie, maar dit ook behoorlik en veilig te bêre.

ekspo-2

Hoe jy jou troeteldier se kos bêre, maak ’n groot verskil in hoe vars dit gehou word nadat dit oopgemaak is. Ons het by Hill’s gaan uitvind hoe dit gedoen moet word.

WAAR MOET EK MY TROETELDIER SE DROË KOS BÊRE?
“As jy wil hê dat jou hond of kat se droë kos voedingswaarde moet behou, moet jy dit in ’n droë en koel omgewing stoor. As dit ’n hoë gehalte kossoort is, sal die oorspronklike verpakking help om die smaak te behou en te voorkom dat ’n vetlaag vorm.”

IS DIT ’N GOEIE IDEE OM KOS IN DIE MOTORHUIS TE HOU?
“Dit is nie ’n goeie idee om jou troeteldier se kos in ’n onbeheerde omgewing te berg nie.”

HOE MOET GEBLIKTE KOS GESTOOR WORD?
“Sodra ’n blikkie kos oopgemaak is, moet dit in die yskas gehou word. Die beste manier om dit vars te hou, is om blikkies met plastiese deksels of kleefplastiek te bedek of om dit uit te skep in ’n lugdigte houer.”

HOE LANK SAL KOS VARS BLY WANNEER DIT OOPGEMAAK IS?
“Jou troeteldier se droë kos kan vir lank in die kosbakke gehou word, solank dit nie aan direkte sonlig, vog en ander skadelike faktore blootgestel is nie. Blikkieskos moet na vier ure weggegooi word as jou hond of kat dit nie klaar geëet het nie. Dit sal vir twee dae in die yskas gehou kan word.”

HOE LANK KAN ONOOPGEMAAKTE NAT OF DROË KOS HOU?
“Daar is altyd ’n vervaldatum op enige produk. Die produk is bruikbaar tot op die datum, mits dit nie aan skadelike faktore blootgestel word nie.”

WEN ’N VALENTYNSGESKENK VIR JOU TROETELDIER
Een gelukkige hond en een gelukkige kat gaan hierdie Valentynsdag bederf word met ’n heerlike geskenkpak van Hill’s Pet Nutrition ter waarde van R500!

Elke geskenkpak bevat:
* ’n #HillsGoodieBin wat spesiaal ontwerp is om droë kos vars te hou; en
* ’n Pak Hill’s Science Plan-kos.

Om in te skryf:
* LIKE en SHARE hierdie inskrywing op Facebook;
* LIKE Hill’s Pet Nutrition se Facebook-blad; en
* Tik #HillsGoodieBin, met kat / hond onder aan die inskrywing op Facebook.

As jy twee pakke uitgesoekte Hill’s Science Plan-kos koop by uitgesoekte veearts-winkels koop, sal jy ’n gratis #HillsGoodieBin kry terwyl voorraad hou.

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA