Trou is iets wat jy nie elke jaar doen nie, so dink uit die boks wanneer julle besluit oor waar hierdie geleentheid gaan plaasvind.

SPESIALE AANBOD VIR TROUKOORS LESERS
Het jy al Troukoors se Spesiale Uitgawe (propvol doen-dit-self idees, inspirerende foto’s en raad) en Die Trouboek (wat jou help om die perfekte troue week-vir-week te beplan én seker maak dat julle gereed is vir die groot stap, met Gretha Wiid se weeklikse huweliksvoorbereiding)?
Kliek hier vir meer info.

Die Trouboek @ R90 + Troukoors Tydskrif @ R50 + posgeld = R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).

STAP 1
Betaal die bedrag in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit) of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek (posgeld ingesluit) of
OPSIE 3: R59.90 vir Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit)

STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@bpwpprebuild.co.za:

  1. Bewys van betaling
  2. Waarvoor jy betaal het: Trouboek / Tydskrif / Beide
  3. Jou naam en van
  4. Jou selfoonnommer
  5. Jou posbus adres
  6. Jou poskode

————————————————————————————————————————————————————

Dis die jaar 2017 en bykans elke ou troutradisie het alreeds by die venster uitgevlieg. Lees verder as jy ʼn bruid is wat nie bang is om uit die tradisionele boksie te klim nie en graag op ’n interessante plek wil trou.

BIBLIOTEEK AS VENUE
Dit is elke boekwurm se droom om stapels en stapels boeke op die gastelys in te sluit. Wie wil nou nie vir Sherlock Holmes of Nacy Drew by jou troue hê nie? Selfs as jy nie ʼn knaende leser is nie, sal die fotogeleenthede jou dalk oortuig. Met so baie mooi biblioteke in ons land is dit tyd dat dit benut word vir meer as een rede… soos om tussen die liefdesverhale te trou.

STAP IN DIE MUSEUM SE GANG AF
Die gevoel en argitektuur in ʼn museum is inspirerend en statig. Sal dit nie wonderlik wees as jou gaste van híérdie tipe atmosfeer by jou troue kan getuig nie? Die foto’s sal ook beslis baie interessant wees en ʼn storie hê wat julle eendag vir jul kinders kan vertel.

TROU IN DIE VELD OF OP DIE RIVIERBANK
Tafels en stoele word al ʼn hele ruk afgewissel met groot komberse en bale van hooi. As jy die tipe bruid is wat nie hou van stywe affêres nie, is hierdie die perfekte idee vir jou. Gaste kan sommer die eerste glasie sjampanje klink direk nadat die “ja”-woord gegee is!

TROU IN ʼN LUGBALLON
As julle nie ʼn groot seremonie wil hê nie, is ʼn lugballon nie net ʼn romantiese idee nie, maar die perfékte een. Party lugbalonne is groot genoeg om twaalf mense te akkommodeer, so daar sal genoeg plek wees vir julle ouers en die gevolg.

GROT AS TROUPLEK
Dink net hoe mooi die skaduwees teen die grot mure sal dans! ʼn Grot is beslis nie die algemeenste plek om te trou nie, so niemand sal ooit van julle seremonie vergeet nie. Dit mag dalk net die plaaslike koerant ook haal…

PRETPARKE
As julle waaghalse is, is ʼn pretpark soos Gold Reef City in Johannesburg nét die regte plek. Troufoto’s op die tuimeltruin? Hoekom nie? Wees ʼn bietjie avontuurlustig wanneer julle besluit waar julle gaan trou. Nie net sal julle troufoto’s ongelooflik wees nie, die gaste sal dit ook geniet!

Artikel: Gina van Staden
Foto: Ask Brit

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA