troukoors_troue_by_mellow_stream_1
Theuns en Izelle het ’n pragtige troue by Mellow Stream gehad, met ’n gemaklike maar ook klassieke aanslag. Ons het meer gaan uitvind oor hulle mooiste dag.

ERWS-BANNER-20-96x14

——————————————————————————————————————————————————————

troukoors_troue_by_mellow_stream_2

Theuns en Izelle het albei in dieselfde dorp groot geword, was nog al die jare in dieselfde kerk en skool, maar het net nooit met mekaar gesels nie… totdat hulle vir mekaar begin loer het by die gym en hy uiteindelik vir haar ’n boodskap gestuur het. Die boodskap het gelei tot ’n pragtige troue by Mellow Stream.

VERTEL ONS MEER OOR DIE BEPLANNING VAN JULLE TROUE?
“Die eerste ding was maar die begroting, en sodra ons die venue vasgemaak het kon die res in plek begin val. Die fotograaf en rok was daarna bo-aan my lys en van daar het ek maar net lysis en lysies gemaak en afgemerk soos ons nader aan die tyd beweeg het.”

WAT IS DIE KLEURSKEMA EN TEMA VAN DIE TROUE EN WAAROM HET JULLE DIT GEKIES?
“Ons wou net graag ’n troue hê wat ons as paartjie weerspieël en het elemente gekies waarvan ons hou, wat doenbaar was binne die begroting en wat die troue en die venue komplementeer, want dit het gesorg dat die eindproduk mooi bymekaar kom.”

WATTER ATMOSFEER WOU JULLE GRAAG SKEP EN HOEKOM?
“Ons wou graag ’n romantiese, gemaklike, lekker kuier-atmosfeer skep waar almal net die spesiale dag saam met ons kon geniet.”
troukoors_troue_by_mellow_stream_3
HET JY ENIGE ANDER RAAD VIR TOEKOMSTIGE BRUIDE?
“Moenie dat die klein dingetjies jou onnodig ontstel nie, op die ou einde sal jy besef dat alles vir ’n rede gebeur en dinge vir die beste sal uitwerk. Geniet elke oomblik, want dit gaan regtig vinnig verby.”

WAS DAAR ENIGE DOEN-DIT-SELF ASPEKTE BETROKKE BY JULLE TROUE?
“Ons wou graag gastegeskenkies hê wat die mense kan gebruik en geniet en nie op die tafel vergeet nie, so ons het sommer selfgekookte konfyt in botteltjies verpak vir die dames en lekker droëwors vir die mans gegee. Dit was heel bekostigbaar en maklik om self te doen en almal het die geniet.”

WAS DAAR ’N DIENSVERSKAFFERS WAT DIE DAG EKSTRA SPESIAAL GEMAAK HET?
“Defnitief Fransien van Mellow Stream! Sonder haar sou ek nie so stresvry die dag kon geniet nie en sou die reën definitief die pret bederf het. Sy het gesorg dat alles betyds geskuif word, en alles was perfek!”
troukoors_troue_by_mellow_stream_4

DIENSVERSKAFFERS
Venue: Mellow Stream
Verhurings: Churikas, Middelburg
Skryfbehoeftes: Katoeter Goete
Fotograaf: Bronwyn Katzke
Videograaf: First Kiss
Trourok: Ciska Barnard Couture
Hare en grimering: Hair Story
Musiek: DJ Stan

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA