’n Troue was die resultaat van Christiaan en Yvette se langafstand-liefde. Gina van Staden vertel meer oor hulle spesiale dag wat getooi was in aardse kleure.
SPESIALE AANBOD VIR TROUKOORS LESERS
Het jy al Troukoors se Spesiale Uitgawe (propvol doen-dit-self idees, inspirerende foto’s en raad) en Die Trouboek (wat jou help om die perfekte troue week-vir-week te beplan én seker maak dat julle gereed is vir die groot stap, met Gretha Wiid se weeklikse huweliksvoorbereiding)?
Kliek hier vir meer info.
Die Trouboek @ R90 + Troukoors Tydskrif @ R50 + posgeld = R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).
STAP 1
Betaal die bedrag in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit) of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek (posgeld ingesluit) of
OPSIE 3: R80.00 vir Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit)
STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@bpwpprebuild.co.za:
- Bewys van betaling
- Waarvoor jy betaal het: Trouboek / Tydskrif / Beide
- Jou naam en van
- Jou selfoonnommer
- Jou posbus adres
- Jou poskode
————————————————————————————————————————————————————
Christiaan en Yvette Rautenbach se liefdesverhaal het afgeskop toe Yvette se ou skoolvriend (as gevolg van universiteitsrugby) met Christiaan bevriend geraak en hulle aanmekaar voorgestel het. Vir twee jaar het hulle oor-en-weer gereis tussen Pietermaritzburg en Pretoria. Yvette vertel ons meer oor hulle troue.
HOE HET JULLE GEWEET DAT JULLE BEDOEL IS VIR MEKAAR?
“Ons het lank voor ons troue reeds ons huweliksbeloftes begin oefen. Ons het afstand oorwin, Christiaan se pa is vroeg 2014 oorlede en ek het in 2015 ʼn baie ernstige operasie gehad. Ons het mekaar bygestaan deur ons moeilikste tye en ek het net geweet dat ons lewenspaadjie saam gestap moes word.”
VERTEL ONS MEER VAN DIE GROOT VRAAG, WAT TOT JULLE TROUE GELEI HET?
“Ons het op ʼn gewone weeksdag verloof geraak. Ek het by die huis aangekom en ʼn nota op die voordeur gekry wat gesê het dat ek versigtig moes inkom. Daar was honderde teeligkersies en springmielies tot by ons kamerdeur. Op die deur was nog ʼn nota wat gesê het: “So I had always wanted to ‘pop’ the question,” en hy op sy knieë met die ring. Ek kry nou nog hoendervleis as ek daaraan dink. Ons was vir agttienmaande verloof.”
WATTER TIPE ATMOSFEER WOU JULLE SKEP?
“Die laaste ding wat ons wou hê, was ʼn stywe, formele affêre, so ons het honderde klein liggies en kerse gebruik om ʼn ligte, liefdevolle atmosfeer te skep vir ons troue.”
WAT WAS JULLE KLEURSKEMA VIR DIE TROUE?
“Tot my ma se skok, het ek nie ʼn kleurskema gehad nie, maar eerder ʼn pallet van ses of sewe kleure: blospienk, koper, roosgoud, protea-pienk, viooltjiepers, groenigheid en spatsels vlootblou. Dit het al die dekor en klerekeuses vergemaklik, omdat ek nie gebind was aan een spesifieke kleur nie.”
HET JY ENIGE RAAD VIR BRUIDE?
* Fyn, vroegtydige beplanning! Kry selfs iemand om jou te help as dit nie jou sterkpunt is nie.
* Beplan alles volgens julle smaak en nie tendense nie.
* Dra gemaklike skoene en trap hulle uit voor die troue. Blokkerige hakke help met balans.
* Kies jou strooimeisies wys.
* Moenie van jou bruidegom vergeet deur die beplanningsproses nie.”
Yvette sê dat bruide hulle nie daaraan moet steur wanneer mense onwelkome opinies of insette wil lewer oor hulle troue nie. Hou alles net eg aan julle eie smaak en doen behoorlike beplanning en julle mooiste dag sal seepglad verloop.
DIENSVERSKAFFERS
Venue, koördinering, spyseniering, drankies en vervoer: Imperfect Perfection
Bloemis: Love and Grace
Dekor: Love and Grace en Imperfect Perfection
Verhurings: Pebble and Lace
Skryfbehoeftes: Melinda van White Space Designs
Troukoek: Brenda de Klerk
Fotograaf: Carolien & Ben Photography
Videograaf: Simone dos Santos
Musiek: DJ Nico Myburgh van Imperfect Perfection
Trourok: Galli Bridal Studio
Hare en grimering: Melissa Minne Bridal
Bruidegom se pak: Woolworths
Ander: Houtbalkies deur Bakgat Ontwerpe, strikdasse deur Marlene de Waal en trouringe deur Estelle Lourens