’n Troue was die uiteinde van liefde wat by die perdestalle begin blom het. Andrew en Ashley deel hulle sprokiesverhaal en troufoto’s met ons.

Bestel Die Trouboek + Troukoors Tydskrif teen die spesiale prys hieronder:

Troukoors_tydskrif_en_Die_Trouboek

Daar is slegs 50 eksemplare van Troukoors se Spesiale Uitgawe, van verlede jaar, by ons kantoor oor.
Kliek hier om meer uit te vind oor Die Trouboek en Troukoors tydskrif se Spesiale Uitgawe.

Bestel Die Trouboek @ R90 + Troukoors Tydskrif @ R50 + posgeld = R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).

STAP 1
Betaal die bedrag in ons bankrekening in:

Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit) of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek (posgeld ingesluit) of
OPSIE 3: R59.90 vir Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit)

STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@bpwpprebuild.co.za:

  1. Bewys van betaling
  2. Waarvoor jy betaal het: Trouboek / Tydskrif / Beide
  3. Jou naam en van
  4. Jou selfoonnommer
  5. Jou posbus adres
  6. Jou poskodePakkies word met geregistreerde pos deur die Suid-Afrikaanse poskantoor gestuur.
    ———————————————————————————————————————————


Andrew is ’n perdejoggie en hulle het ontmoet toe hy by die stalle, waar Ashley as instrukteur gewerk het, kom perdry het. Hulle het sommer dadelik vriende geword, maar min geweet dat daar ’n troue in hulle toekoms sou wink.

WAT HET JOU VERLIEF LAAT RAAK OP ANDREW?
“Ek was mal oor die feit dat hy presies geweet het wie hy is. Hy is ook ’n goeie luisteraar en ek kon vir ure gesels terwyl hy net luister. Hy is mal daaroor dat ek alles is wat hy nie is nie en al verskil ons baie, vul ons mekaar ook aan.”

HOE HET HY DIE GROOT VRAAG GEVRA VOOR DIE TROUE?
“Daar was nie ’n amptelike groot vraag nie. Ons het vir lank daaroor gepraat om te trou en hy het my een oggend van die lughawe gesms en gesê dat hy dink dat ons in Oktober moet trou. Dit was dit.”

VERTEL ONS MEER OOR DIE BEPLANNING VAN JULLE TROUE?
“Ons wou ’n intieme troue hê en het ’n venue begin soek wat aan hierdie behoefte sou voldoen. Ek het Oakfield Farm op die internet raakgeloop en dadelik geweet dat dit perfek sou werk. Die kleurskema was wit en kruisementgroen en, omdat Andrew mal is oor skape, het ons dit oral ingewerk.”

BESKRYF DIE DAG VAN JULLE TROUE?
“Dit was ’n wonderlike dag en dit was asof ek buite my liggaam gestaan en kyk het na alles. Andrew deel nie sommer komplimente uit nie, maar kan ook nie uitgepraat raak oor hoe perfek dit was nie. Alles het seepglad verloop en almal het gehelp waar hulle kon.”

HET JY RAAD VIR BRUIDE WAT TROUE BEPLAN?
“Maak seker jy het alles agter mekaar. Jy het nie baie tyd nodig wanneer jy op spesifieke diensverskaffers besluit nie. Alles gebeur so vinnig, so hoe meer georganiseerd jy is, hoe gladder sal die hele ervaring verloop. Stel mense aan om verantwoordelikheid te neem vir sekere goed en geniet die dag. Dit kom net eens in ’n leeftyd.”

WAS DAAR ENIGE SELFDOEN-PROJEKTE BY JULLE TROUE?
“Ons familielede het gehelp om dankiegeskenkies te maak en ek het self die koekversiering gemaak. Die droëworskoek is ook deur ’n familievriend gemaak die dag voor die tyd.”

DIENSVERSKAFFERS
Venue, spyseniering en drankies: Oakfield Farm
Blomme, verhurings en dekor: Magnifique Floral Art
Skryfbehoeftes: Chocolate Turquoise Creative
Troukoek: Chillies & Cherries
Foto’s: Marika Wilkins
Musiek: Blast Entertainment
Trourok: Bride & Co.
Hare: Beautiful Me
Grimering: Kim Roberts

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA