troue_op_die_gholfbaan_1
Ruan en Eulizet het nog altyd saam sport gedoen, daarom was dit gepas vir hulle om troue te hou op die gholfbaan, omdat dit is waar hy die groot vraag gevra het.

—————————————————————————————————————————————————————–

SPESIALE AANBOD – kliek hier om Die Trouboek en/of Troukoors tydskrif te bestel.

Bestel_Troukoors_en_Die_Trouboek
——————————————————————————————————————————————————————

troue_op_die_gholfbaan_2

Ruan en Eulizet het mekaar op skool op die atletiekveld raakgesien en na skool het hulle paadjies weer gekruis… en die keer was dit vir goed. Nadat hy op die gholbaan met ’n pers gholfbalvormige ringboksie die groot vraag gevra het, het hulle hul liefde vir mekaar gevier met ’n vintage troue op die gholfbaan.

troue_op_die_gholfbaan_3

“Ons wou graag ’n anderste troue hê, waar almal gemaklik kon wees en oor sou praat. Aangesien ons toe op die golfbaan getrou het, het nie een van ons of ons gevolg skoene aan gehad vir die troue nie. Die gaste het netjiese sandale en semi-formele drag aangehad. Ons het gevra dat almal pastelkleure aantrek om ’n sagte effek te skep. Ons dekortema was vintage en daar was hessian, kruisbande, driekwartbroeke, kant en sagte blommerangskikkings om die tema te komplementeer,” vertel Eulizet. “Ons gaste het piekniek gehou terwyl ons foto’s geneem het en alhoewel ons oliebolle, wat in die piekniekmandjies moes wees, groter was as wat beplan was en ook glad nie die regte kleur was nie, het dit nie ons dag bederf nie en is dit later die aand saam met koffie bedien.”

Vir Eulizet en Ruan was dit belangrik om hulle troue te geniet en hulle het dit beslis reggekry om ’n onvergeetlike dag te hê.

troue_op_die_gholfbaan_4

DIENSVERSKAFFERS
Venue: Seasons Eco Gholf Estate
Kos: Debbie Gilau, 083 600 9935
Blomme: Daisy Flowers, Hartebeespoortdam
Dekor: Handmade Etc.
Verhurings: B’Exquisite, 076 922 6692
Troukoek: Cake by Elsa
Fotograaf: Nicolene Meyer Photography
Musiek en vermaak: Tanya Vilancé
Trourok: Lady Anne Bridal
Hare: LaDonette Salon in Brits, 072 841 1991
Bruidegom se uitrusting: Zara Clothing en Kurt Geiger in Sandton City

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA