troue in pienk en roosgoud 1
Pienk en roosgoud is ’n gewilde kleurkombinasie vir die perfekte troue. Daarom het Kevin en Roxaan besluit om dit te gebruik vir hulle mooiste dag.

—————————————————————————————————————————————————————–

SPESIALE AANBOD – kliek hier om Die Trouboek en/of Troukoors tydskrif te bestel.

Bestel_Troukoors_en_Die_Trouboek
——————————————————————————————————————————————————————

troue in pienk en roosgoud 2

Kevin en Roxaan was mal oor mekaar vadat hulle oë ontmoet het by ’n gym in Pretoria op Valentynsdag, toe hulle nog studente was. Netso was ’n roosgoud en pienk troue in Roxaan se visier, en alhoewel dit toe nog nie so ’n algemene tendens was in Suid-Afrika soos nou nie, het sy en haar ma nie moed opgegee nie en die eindresultaat was pragtig.

troue in pienk en roosgoud 3

“Omdat ons in Frankryk bly, was ons amper twee jaar verloof voordat ons getrou het. Die eerste ding wat ons gedoen het, was om op die venue te besluit en Avianto was ons keuse omdat ons mal was oor die Toskaanse tema, die kerk en onthaalsaal. Ek het nog voor ons begin beplan het, geweet dat ek roosgoud en pienk as kleurskema wou hê omdat dit op daardie stadium ’n groot tendens oorsee was en ek mal was oor die roosgoud-horlosie wat ek vir my verjaardag gekry het. Bronne soos Pinterest en Troukoors het my baie gehelp om alles bymekaar te trek. Die tema van ons troue was elegant-sjiek, met baie moderne afwerkings soos die drielaag roosgoud troukoek en die roosgoud bling-kerse. Ons wou graag ’n romantiese feëverhaal atmosfeer skep en te danke aan moderne tegnologie, kon dit lyk asof ons in die wolke dans met ons eerste dans,” vertel Roxaan.

Roxaan se raad vir toekomstige bruide, is om elke oomblik te geniet van hulle mooiste dag. “Geniet selfs ook die oomblikke wat jou in trane gehad het. Dit gaan so vinnig verby en dis ’n kosbare tyd. Probeer om foto’s te neem van die beplanningsfase en maak ’n album of scrapbook van al jou herinneringe. Ek dink ook dat, as jou begroting knap is, elektroniese uitnodigings ’n wenner is, want jy kan letterlik duisende rande spaar deur dit per e-pos uit te stuur en niks raak verlore nie. Probeer om altyd kalm en rustig te bly wanneer jy beplan en ook op die dag, want alles sal op die ou einde uitwerk, net soos wat jy dit beplan het.”

troue in pienk en roosgoud 4

DIENSVERSKAFFERS
Venue: Avianto
Dekor en blomme: Red in Paris Events
Skryfbehoeftes: Lily Young
Troukoek: Annica’s Cakes
Fotograaf: Stella Uys
Videograaf: DVI
Musiek en beligting: Pro Lighting
Trourok: Vonve Bridal Couture
Hare en grimering: Melissa Minne
Bruidegom se uitrusting: Carl Gross

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA