troue_1
’n Troue in roosgoud, pienk en olyfgroen was die perfekte manier om Calvin en Laura se liefde vir mekaar te vier. Dit was die beste pasmaats vir die rustieke tema wat hulle graag by hulle troue wou hê.

ERWS-BANNER-20-96x14————————————————————————————-

troue_2

Liefde met die eerste oogopslag was die begin van ’n mooi verhouding wat op ’n baie mooi troue uitgeloop het vir Calvin en Laura. Die dag was ’n pragtige viering van hulle liefde saam met hulle familie en vriende. Ons het bietjie meer gaan uitvind oor die storie agter die mooi paartjie se troue.

DIE GROOT VRAAG
“Calvin wou my op dieselfde plek op die strand vra om te trou, waar hy my aanvanklik gevra het om sy meisie te wees. Ons is albei mal oor die strand en oor sonsondergange. Dit was laat-middag op ’n Vrydag en ons het gaan stap. Toe die lug verkleur in pienk, blou en oranje, het hy op sy knieë gegaan en belowe om die man te wees wat God wil hê hy moet wees, sy liefde aan my verklaar en my gevra om sy vrou te wees.”

troue_3

BEPLANNING VAN DIE TROUE
“Ons het eers op die internet gesoek na ’n venue – en intussen het ek en my ma gesels oor my droomrok en het ek vir haar een voorbeeld gegee van wat ek wou hê en ek het geweet dat sy iets sou skep wat by hierdie visie sou pas. My hoofstrooimeisie het my toe van Kronenbrug vertel en ons het besluit om te gaan kyk en dadelik verlief geraak op die plek omdat dit ideaal was vir die troue wat ek in gedagte gehad het. Die kleurskema – roosgoud, pienk en olyfgroen – is kleure waarvan ek hou en het mooi gepas by die plek en rustieke tema wat ons graag wou hê. Die atmosfeer was rustig en romanties. Daar was feetjieliggies en Franse Café-musiek het in die agtergrond gespeel. Ons wou nie ’n duur troue hê nie en het by ons begroting gebly sodat ons die wittebrood kon hê wat ons graag wou.”

DOEN-DIT-SELF-PROJEKTE
“Ek is mal oor doen-dit-self-projekte en baie van die dekor-items en geskenke is self gemaak. Dit is ’n baie goeie manier om geld te spaar en binne jou troue se begroting te bly. Dit maak ook alles persoonlik en uniek.
– Ek het houtplanke as tafellopers gebruik en ook as kershouers.
– Ek het ou klerepatrone as plekmatjies gebruik en doilies koper gespuitverf en kant-lint gebruik om oor die borde te sit.
– Ek het wynbottels en ander bottels koper gespuitverf en dit gebruik om kerse en blomme in te rangskik. Dit is ook met lint versier.
– My pa het vir my vintage deurknop-tafelnommers gemaak en ook die houtpyltjie-Mnr-en-Mev-tekens.
– Ek het al my skryfbehoeftes vir die troue self ontwerp.”

troue_4

DIENSVERSKAFFERS
Venue: Kronenburg
Blomme: Fleur de Cordeur
Dekor: Self en Stukkie Mooi
Troukoek: Stukkie Mooi
Fotograaf: YeahYeah Photography
Trourok: Jean Nalida Collections (Ma-van-die-bruid)
Hare: Melissa van Wyk
Grimering: Annalidda Heinlein
Bruidegom se klere: Fabiani
Gastegeskenke: Merkava Coffee
Ring: Aphrdodite Diamonds

———————————————————————————–

Bestel nou jou Troukoors tydskrif (mooi regte troues, doen-dit-self idees, ens) en
Die Trouboek (beplan jou troue in 52 weke + verhoudingsadvies deur Gretha Wiid).
Betaal slegs R170 vir beide (posgeld ingesluit), SPAAR R39.90!

Kliek hier vir ons bankbesonderhede, of as jy die tydskrif of boek afsonderlik wil bestel (ook teen spesiale afslag).

TroukoorsTroukoors_inhoud

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA