Trougetuies is ongelukkig iets wat deel moet wees van elke troue, omdat geen kontrak geldig is sonder hulle handtekeninge nie. Yolanda Wessels gee raad oor wie jy hiervoor moet oorweeg.

SPESIALE AANBOD VIR TROUKOORS LESERS
Het jy al Troukoors se Spesiale Uitgawe (propvol doen-dit-self idees, inspirerende foto’s en raad) en Die Trouboek (wat jou help om die perfekte troue week-vir-week te beplan én seker maak dat julle gereed is vir die groot stap, met Gretha Wiid se weeklikse huweliksvoorbereiding)?
Kliek hier vir meer info.

Die Trouboek @ R90 + Troukoors Tydskrif @ R50 + posgeld = R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).

STAP 1
Betaal die bedrag in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit) of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek (posgeld ingesluit) of
OPSIE 3: R80.00 vir Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit)

STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@bpwpprebuild.co.za:

  1. Bewys van betaling
  2. Waarvoor jy betaal het: Trouboek / Tydskrif / Beide
  3. Jou naam en van
  4. Jou selfoonnommer
  5. Jou posbus adres
  6. Jou poskode

————————————————————————————————————————————————————

Om julle huwelikseremonie amptelik te bevestig, sal julle twee trougetuies – bo die ouderdom van agtien – nodig hê. Dié handtekeninge finaliseer die wetlike aspek van julle huwelik en is dus nie iets wat jy kan uitlaat nie – selfs al is daar familiepolitiek wat die keuses moeilik maak.

Direk ná die huweliksplegtigheid, word die huweliksregister geteken. Dit is waar die trougetuies – wat teenwoordig was deur die hele seremonie – inkom. Hulle moet teken dat hulle teenwoordig was, gesien het dat die huwelik voltrek is, verstaan wat die kontrak behels en dat daar, sover hulle weet, geen wetlike teenkanting is teen die huwelik nie.

Vir hofdoeleindes, sal die trougetuies die onderskeie partye moet identifiseer en getuig waar, wanneer en dat die bevestiging wel plaasgevind het. Dit is dus belangrik dat die trougetuies die bruidspaar persoonlik goed ken.

Daar is geen vaste reëls wanneer dit kom by trougetuies nie. Julle kan enigiemand van julle keuse kies om dié rol te vervul. Die strooimeisie en –jonker is gewilde opsies, omdat hulle klaar van die “hoofrolle” vervul in julle troue se verrigtinge.

Ouers, grootouers, broers en susters, naastebestaandes of goeie vriende kan ook dié rol vervul. Dit is ’n goeie idee om iemand van albei eggenote se kante te kies om te teken. Die bruid se pa en bruidegom se ma kan byvoorbeeld gekies word om enige moontlike ongelukkigheid uit te skakel. Baie pa’s verwag eintlik om trougetuies te wees wanneer hulle dogters trou.

Dit is ook ’n goeie idee om te onthou om ’n foto van dié geleentheid te neem. Dit is ’n eer vir die persoon om een van jou trougetuies te wees en beslis ’n oomblik om te verewig in die troualbum.

Foto’s: Modern Love Ceremonies

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA