Die Troukoors-fotosessie wat vir die nuwe tydskrif afgeneem is by Lace on Timber het nie net pragtig uitgekom nie, maar was ook groot pret.

Dit is vir ons ’n groot voorreg om vandag te kan spog met die mooi foto’s wat geneem is tydens die Troukoors-fotosessie. Hierdie sessie is spesiaal gereël om jou te inspireer in die nuutste gedrukte uitgawe van jou gunsteling-troubron, wat nou op die rak is!

’n Paar van die land se beste diensverskaffers is betrek om hierdie Troukoors-fotosessie perfek te maak. Ons verklap meer oor die inspirasie agter hierdie sessie hieronder…

WAT WAS DIE TEMA VAN DIE TROUKOORS-FOTOSESSIE EN WATTER LIG WERK DIE BESTE DAARVOOR?
“Ons wou graag ’n sagte, stylvolle, romantiese droom-atmosfeer skep. Ek hou van natuurlike lig-fotografie, wat met groot F-stop afgeneem word om die sagte gevoel te beklemtoon,” verduidelik Susan du Toit wat die foto’s geneem het.

WATTER TIPE BLOMME IS GEBRUIK VIR DIE TROUKOORS-FOTOSESSIE?
“Reuse waatlemoenkleurige Peonies is gekombineer met ’n verskeidenheid ingevoerde Rose, Tulpe en Leeubekkies. Ek is mal daaroor om met kleure te speel en kon diepte skep met die skakerings wat ons in gedagte gehad het. Pienk is altyd ’n gewilde kleur onder bruide en ons het dit gekombineer met marsala en perske. Groenigheid is ingewerk om die voorkoms te versag,” sê Candace van Absolute Perfection, wat die dekor en blomme behartig het op die dag.

WATTER GRIMERING IS GEBRUIK OM DIE BRUID SE SAGTE VOORKOMS TE SKEP?
“Skaf vir jou die volgende aan om hierdie voorkoms te kry:
*M.A.C Face & Body-onderlaag;
*M.A.C -gesigpoeier wat by jou velkleur pas;
*M.A.C Prep & Eye Primer;
*M.A.C Coco Beach-pigment;
*M.A.C Sketch-oogskadu;
*M.A.C Teddy-oogomlyner;
*M.A.C Pro Lash-maskara;
*M.A.C NW 25 Studio-verbloemer;
*M.A.C Clear Brow Set;
*M.A.C Gold Deposit Mineralize Skinfinish;
*M.A.C Dainty-blosser;
*M.A.C Derevish-lippotlood;
*M.A.C High Tea-lipstiffie; en
*M.A.C Fix om die voorkoms te set,” deel Elzane Westerman wat Jalien Human se grimering gedoen het.

WATTER HAARSTYL HET JULLE GEKIES VIR DIE TROUKOORS-FOTOSESSIE?
“Ons het gegaan vir sagte lokke. ’n Losser styl is gekies om die styl van die sessie te komplementeer, omdat dit die gesig sagter laat vertoon,” vertel Hair Studio at 77 oor die haarstyl van die model.

HOE LANK VOOR DIE TROUE MOET RINGE ONTWERP WORD?
“As julle ringe wil laat ontwerp en maak, moet julle reeds drie maande voor die troue – afhangende van hoe besig die juwelier is – met die proses begin,” sê Marion Rehwinkel Jewellery wat ’n antieke ringontwerp, met ’n fyn takkie-troupant, gekies het vir die Troukoors-fotosessie.

VERTEL ONS MEER VAN DIE STYL VAN DIE SKRYFBEHOEFTES WAT GEKIES IS VIR DIE TROUKOORS-FOTOSESSIE?
“Verskillende skakerings van groen, pienk en marsala is met grys en goud gekombineer om by die elegante styl te pas.” Die skryfbehoeftes is deur Chrystalace voorsien.

DIE TROUKOEK WAT VIR DIE TROUKOORS-FOTOSESSIE GEBRUIK IS, VOLDOEN AAN DIE NUUTSTE TENDENSE VIR 2018, VERTEL ONS MEER HIERVAN?
“Die koek het ’n kwas-afwerking, met skoon lyne. Dit is eenvoudig, elegant en skakel soomloos in by die gesofistikeerde styl van die sessie. Dit kon met vrugte of goue spatsels versier word, maar hierdie een het ons simplisties benader,” sê Pippa and Polly Cakery wat hierdie moderne skepping gemaak het.

WATTER SNIT TROUROK IS GEBRUIK VIR DIE TROUKOORS-FOTOSESSIE?
“’n A-lyn trourok uit tulle en geplooide net, in skakerings van sagte pienk en ivoor, is gebruik. Die rok het ook ’n bostuk met ’n illusie-neklyn, kant en fyn borduurwerk. Hierdie snit is geskik vir die meeste lyftipes, aangesien dit styf sit bo en los aan die onderkant.” Silver Swallow Design het hierdie klassieke rok spesiaal vir die fotosessie gemaak.

Cocovanilla Foods was verantwoordelik vir die pragtige snoeperye en resepte wat deel was van die fotosessie. Omdat die moderne bruid al hoe meer kreatief raak en wegbeweeg van tradisie, het hulle besluit om pragtige, uit-die-boks-lekkernye vir hierdie sessie te voorsien. “Jy kan ook nagereg heeltemal skrap en net ’n nagregtafel hê waar gaste die nagreg in boksies kan plaas om saam huis toe te neem. Dit dien dan twee doele – nagereg en gastegeskenk in een. Dink aan items soos makrolletjies, skuimpies, bruintjies, fudge, melktertglasies, klapperys, kolwyntjies, ensovoorts.” Oliebolle is nou hoogmode en hierdie heerlike resep kan in ons tydskrif, op bladsy 27, gevind word.

The Peachy Peony het die pragtige koek- en oliebolstaanders gemaak vir die Troukoors-fotosessie. Lees in die tydskrif en op die blog hoe jy dit self kan doen!

Koop die splinternuwe uitgawe van Troukoors, wat tans op die rak is, om nog meer van hierdie pragtige Troukoors-fotosessie te sien. Dit begin op bladsy 17!

 

TROUKOORS-FOTOSESSIE DIENSVERSKAFFERS
Venue: Lace on Timber
Blomme, dekor en stilering: Absolute Perfection
Resepte en spyseniering: Cocovanilla Foods
Troukoek: Pippa and Polly Cakery
Skryfbehoeftes: Chrystalace
Selfdoenprojekte: The Peachy Peony
Foto’s en koördinering: Susan du Toit Photography
Konsep en inspirasiebord: Troukoors
Trourok: Silver Swallow Design
Hare: Hair Studio at 77
Grimering: Elzane Westerman
Juwele: Marion Rehwinkel Jewellery
Modelle: Anton en Jalien Human

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA