trounagmerries
Trounagmerries is iets wat heelwat bruide ondervind en dra by tot spanning voor die groot dag. Ons kyk na vrese wat bruide voor of op hulle troudag het, asook hoe om dit te hanteer.

 

Troukoors_tydskrif_en_Die_Trouboek

Spaar R44.90 as jy Die Trouboek & Troukoors tydskrif nou bestel! Betroubare posdiens word gebruik.
STAP 1 – Betaal R170 in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC | Rekeningnommer: 189 103 463 4 | Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall | Tipe rekening: Tjek | Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
STAP 2 – E-pos jou naam, van en posadres saam met die betalingsbewys na info@bpwpprebuild.co.za
Kliek hier vir meer informasie oor Die Trouboek en Troukoors se tydskrif.

————————————————————————————

Om te trou is nou maar eenmaal stresvol en kan bruide se senuwees teen die mure uit dryf en selfs lei tot trounagmerries. Hier is dinge waaroor ander bruide ook stres – so moenie bekommerd wees nie, dit is normaal!

JOU ROK PAS NIE OP JOU TROUDAG NIE
Hierdie is een van daardie trounagmerries wat baie maklik ’n realitieit kan word, maar as jy jou gewig getrou dophou en seker maak dat al die nodige verstellings gedoen is voordat jy die rok huistoe vat, kan jy maar ontspan.

SLEGTE WEER
As julle ’n buitelugseremonie beplan, is hierdie seker een van jou grootste trounagmerries.  Jy het dalk baie drogbeelde van julle gaste wat soos natgereënde hoenders op hulle stoele sit. Dit is veiliger om byvoorbaat ’n plan B in plek te hê, want Moeder Natuur laat haar nou maar eenmaal nie voorskryf nie.

OM TE VAL
’n Bruid wil die toonbeeld van skoonheid en elegansie wees op haar troudag, en om te val in die paadjie oppad na haar bruidegom toe sal beslis een van haar grootste trounagmerries wees. Voorkom hierdie riller deur seker te maak dat jy kan loop met jou trouskoene (oefen voor die troue indien nodig) en dat jou rok die regte lengte is. In die geval van buitelugtroues – maak seker dat die padjie waarop jy moet loop, gelyk is.

JY IS SIEK OP JOU TROUDAG
Jy sal nooit heeltemal beheer hê oor jou gesondheid nie, maar sekere dinge is voorkombaar. Neem vitamienaanvullings, kry genoeg slaap, vermy kraanwater en restaurantkos en bly sover moontlik weg van hoërisiko-areas soos mediese geboue en huise (byvoorbeeld familie en vriende s’n) waarin daar siek mense is.

RUNAWAY-BRUIDEGOM
Dis snaaks as ’n bruid in ’n fliek weghardloop op haar troudag, maar dit is ’n ware trounagmerrie dat party bruidegomme ook op die troudag verdwyn. Maak voor die tyd seker dat jou maat gereed is vir die groot stap en stel hom gerus as die senuwees begin knaag.

NIEMAND DAAG OP NIE
Julle het al die tyd en geld spandeer om julle perfekte dag te beplan, so wat as niemand opdaag nie? Baie bruide kry nagmerries om by die kerk in te stap en dan sit daar net een of twee mense. Maar dit is net een van daar trounagmerries wat in droomland behoort te bly!

Elke bruid het haar eie vrese, maar daar is min dinge wat nie deur goeie beplanning voorkom kan word nie. Sorg dat jy ’n plan A en B in plek het (en selfs C as jy paranoïes is), en waai die trounagmerries koebaai.

Foto: Pinterest
Artikel: Gina van Staden

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA