moet ek my trouring laat verseker
Jou trouring se glinsterende diamante vonkel aan jou vinger en jy voel trots. Ons gee ’n paar redes hoekom dit belangrik is om jou kosbaarste juweelstuk – jou trouring – te laat verseker.
ERWS-BANNER-20-96x14

————————————————————————————-

Dís die trouring wat jy ‘tot die dood toe ons skei’ gaan dra. Reg? Wel, dis die droom. Volgens Suid-Afrika se kriminele statistieke vir 2015, het huisinbrake met 8.2% gestyg en algemene diefstal met 2.7%. Die inbrekers steel graag elektroniese toestelle, geld en juwele – met ander woorde jou trouring is in gevaar. Grypdiewe stel weer belang in jou handsak, selfoon en juwele – weereens jou trouring. Nog redes hoekom jy dalk trouringversekering mag nodig kry, sluit in wanneer jou ring dalk wegraak op die strand tydens die wittebrood, of dit kan uit jou hospitaalkassie gesteel word. Jou huis kan ook afbrand met jou juwele nog daarin. Daar is soveel moontlikhede, daarom is voorsorg beter as nasorg!

Laat jou trouring dus so gou as moontlik waardeer en neem ook duidelike foto’s. As jy reeds huisversekeringspolisse in plek het, vind uit of hul jou trouring ook sal dek. As jy nie versekering het nie, kyk gerus na verskeie versekeringsmaatskappye op die internet, soos First for Women, Virseker, Santam ensovoorts. Jy moet seker maak in watter gevalle hulle jou ring sal dek – met diefstal, brande, skade, ensovoorts. Soms sal die versekeraar vir jou die bedrag waarvoor die ring gewaardeer was uitbetaal, ander kere sal hulle vereis dat jy ’n nuwe ring gaan uitsoek by een van hul goedgekeurde handelaars. Dis baie belangrik om al die fynskrif te lees, sodat jy nie ’n rat voor die oë gedraai word nie. Geen ring sal jou oorspronklike trouring kan vervang nie, dis mos ’n sentimentele saak. Maar ten minste sal jou ringvinger nie te lank leeg bly as jou ring behoorlik verseker is nie.

BESKERM JOU TROURING
Daar is deesdae ’n gier dat vroue twee trouringe het – ’n duur een (wat gewoonlik egte diamante en goud is) en ’n goedkoper een. Die duur een word verseker en net gedra op spesiale geleenthede, anders word dit agter slot en grendel in die kluis gebêre. Die goedkoper trouring sal hul daagliks dra werk toe of  om inkopies te gaan doen. Dit verminder die risiko dat jou ring van jou vinger af gesteel word, of wegraak. ’n Mens wil tog nie heeldag jouself sit en bekommer oor ‘wat as’ nie, en dis hoekom hierdie taktiek jou baie gemoedsrus sal gee.

So, dra jou trouring met trots en ontspan jou greep om die pepersproeibotteltjie so bietjie. As jy ’n goeie versekeringsplan in plek het, kan jy die dorp aandurf met vertroue.

Artikel: Gina van Staden

Foto: BKG Story

———————————————————————————–

Bestel nou jou Troukoors tydskrif (mooi regte troues, doen-dit-self idees, ens) en
Die Trouboek (beplan jou troue in 52 weke + verhoudingsadvies deur Gretha Wiid).
Betaal slegs R170 vir beide (posgeld ingesluit – betroubare afleweringsmetode), SPAAR R39.90!
(Saam posgeld steeds goedkoper as by die winkels)! Kliek hier vir meer info.

Troukoors
STAP 1

Betaal die bedrag in ons bankrekening in:

Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer

Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek of
OPSIE 3: R59.90 vir Troukoors Tydskrif
Posgeld (geregistreerde pos) is ingesluit by al die opsies hierbo.

STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@bpwpprebuild.co.za:

1. Bewys van betaling
2. Waarvoor jy betaal het: Trouboek en/of Tydskrif
3. Jou naam en van
3. Jou selfoonnommer
4. Jou posadres

Troukoors_inhoud

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA