’n Trourok kan deesdae aanlyn gekoop en ingevoer word. Hier is wat jy moet weet wanneer jy die transaksie op jou rekenaar beklink.

Die laaste eksemplare van Troukoors tydskrif se Spesiale Uitgawe is nou op die rak by Pick ’n Pay, Checkers en sekere Clicks en Spar winkels. Koop dit sommer vandag nog voor dit finaal van die rak af verdwyn, of bestel die tydskrif saam met Die Trouboek direk by ons (teen spesiale afsalg – saam posgeld steeds goedkoper as by die winkels). Kliek hier vir meer info of om te bestel.

————————————————————————————————————————————————————

Om aanlyn inkopies te doen is deesdae hoogmode en kan jou help om items, van enige plek in die wêreld af, op jou voorstoep te kry. Maar wanneer jy jou trourok van ’n katalogus op die internet koop, kan dinge nogal gekompliseerd raak.

Daar is nou maar eenmaal niks wat so lekker is as om bruidswinkels en ontwerpers te besoek om die perfekte trourok vir jou troudag op te spoor nie… maar wat as daardie perfekte rok nie in Suid-Afrika is nie, maar deel is van ’n oorsese katalogus?

Gelukkig maak die internet dit deesdae moontlik om rokke van regoor die wêreld te bestel… maar jy moet baie versigtig wees wanneer jy dit doen, want jy kan dit nie terugneem as iets nie reg is nie.

Ons het ’n paar wenke saamgesit om jou te help om seker te maak dat jy nie jou geld mors nie en dat jou trourok ’n plesier, eerder as ’n stresfaktor in jou lewe word.

MAAK SEKER VAN DIE MATERIAAL
Sodra jy ’n trourok in die oog het, is dit ’n goeie idee om vrae te vra oor die tipe materiaal waarvan dit gemaak is. Sodoende kan jy plaaslik na rokke, wat van dieselfde materiaal gemaak is, gaan kyk en ’n gevoel kry of dit lekker aan jou lyf sal sit en of dit duursaam vertoon. As dit moontlik is, vra die maatskappy ook om materiaalmonsters aan te stuur, sodat jy doodseker is jy koop die regte rok.

STUUR DIE KORREKTE MATES
Jy kan seker gaan vir SMALL, MEDIUM of LARGE, maar dan is dit nie te sê dat die trourok perfek gaan pas nie, want kleregroottes het die manier om te verskil. Die beste idee is om jou mates deur ’n vriendin te laat neem en dit dan vir die verskaffer te stuur, sodat hulle kan seker maak hulle stuur ’n grootte wat jou die beste sal pas. Daar is selfs verskaffers wat die rok se mates sal aanpas as jy hulle vra. Dit is daarom belangrik om doodseker te maak dat die mates wat jy aanstuur reg is. Dit is goed as drie verskillende mense jou meet sodat jy weet dis in die kol. Wees ook versigtig om nie gewig te verloor of op te tel nie, want dit is weer ’n krisis op sy eie.

KIES ’N STYL EN SNIT WAT BY JOU PAS
Onthou dat jy nie die rok kan aanpas nie, daarom moet jy by ’n styl, snit en kleur hou wat normaalweg jou figuur vlei en jou velkleur komplementeer. As jy ’n ander styl of snit oorweeg as wat jy gewoonlik dra, sal jy plaaslik eers sulke style moet gaan aanpas voor jy nou finale keuse maak.

MOENIE BANG WEES OM VRAE TE VRA NIE
Jou trourok is ’n baie belangrike saak en daarom moet daar goeie kommunikasie wees tussen jou en die verskaffers. Moenie voel dat jy te veel vrae vra nie, want jy moet absoluut alles weet van die rok voor jy ’n ingeligte besluit kan maak. As die verskaffer geïrriteerd raak, verdien hulle nie regtig jou besigheid nie en kan jy redelik seker wees dat jy in die toekoms gaan sukkel indien iets wel sou skeefloop.

LAAT GENOEG TYD VIR AFLEWERING
Baie dinge kan skeefloop wat posdiens en aflewering aanbetref… en jy wil nie tot die laaste minuut wag om jou rok te kry nie, want dan kan jy niks doen as iets nie reg is nie. Bestel jou trourok vroegtydig en volg elke week op wat die status van jou bestelling is. Ses weke voor jou troue, is ’n goeie tyd om as finale afleweringsdatum te hê, sodat jy rustig kan wees en dit van jou lysie kan afmerk.

BEGROOT VIR VERSTELLINGS
Daar is altyd ’n moontlikheid dat jou trourok verstellings gaan nodig hê. Miskien verloor jy wel gewig of kan hulle net vir jou die grootte stuur wat die naaste aan jou mates is, en dan sal jy beslis die rok moet laat aanpas. Lengte en borsmaat is ook dikwels problematies as jy iets nie voor die tyd aanpas nie. Begroot dus vir verstelling en vind vroegtydig uit wie jou hiermee sal kan help. Vooruitbeplanning kan jou baie tyd en stres spaar.

As jy hierdie wenke in gedagte hou, behoort die trourok wat jy bestel, perfek of naby aan perfek te wees vir jou. Al wat jy nou moet doen, is om die foto’s weg te steek op jou rekenaar, sodat jou aanstaande nie per ongeluk daarop afkom nie.

Kliek hieronder vir betroubare, bekostigbare diensverskaffers wat jou kan help om op jou beste te lyk op jou troudag…

Foto: Every Last Detail

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA