Dis ’n nuwe jaar, met nuwe tendense en ook nuwe trourokontwerpe. Ons het by Enzoani gaan hoor watter tendense en tipe ontwerpe ons in 2016 kan verwag.
Jou trourok is een van die belangrikste elemente van jou spesiale dag… daarom moet dit in die kol wees wat die jongste tendense aanbetref en ook alles verbloem waaroor jy gaan skaam voel wanneer jy almal se aandag vir die dag op jou gaan hê. Hier is tendense en voorbeelde wat daarmee saamgaan.
ILLUSIE (NEK, RUG EN SLEEP)
KASIA
Die Kasia het ’n lieflike illusie sweetheart-neklyn. Die rompdeel van die rok is gemaak uit lae sagte tulle en kant wat ’n elegante afwerking gee. Die styl is ’n perfekte voorbeel van die illusieneklyn en -rug mode wat ’n sterk invloed gehad het op trourokontwerpe.
IBARRA
Die rok is gemaak om jou gaste se asems weg te slaan met die pragtige voor- en agterkant. Die Ibarra is hoofsaaklik gemaak van Mesh Chiffon en Corded-kant en skep ’n sheath-silhoeët. Die unieke sweetheart– neklyn, delikate kralewerk en dun bandjies is die perfekte rok vir enige elegante boheemse strandtroue of vir die bruid wat iets anders soek.
BT16-4
Die BT16-4, uit die Beatiful by Enzoani-reeks, is een van die jaar se mees unieke, oorspronklike rokke. Die rok bestaan uit 18 meter tulle, 4,5 meter Charmeuse materiaal, 6 verskillende tipes materiaal, 50 stukke appliqué kant en 60 panele. Dit neem 25 ure om die besonderse rok te skep. Die 16-4 se illusie-neklyn en -rug skep ’n romantiese, gesofistikeerde, moderne gevoel.
MIRIAM
Die elegante pragstuk is gemaak van sequin Chantilly-kant wat met sagte tulle bedek word en is elegansie op sy beste. Die handgestikte kralewerk op die illusie-rug is die perfekte verrassingselement om ’n asemsnak-oomlik te skep.
TIERED ROMP
IBANDA
Die rok is gemaak om enige bruid te laat voel asof sy uit ’n sprokiesverhaal verskyn. Die vollengte balrok het ’n pragtige 3D Guipure kant bostuk met ’n sweetheart-neklyn en verspreide kralewerk. Die onderstuk bestaan uit twee lae tulle met ’n elegante kant afwerking. ’n Lae illusie-rug gekomplimenteer met pêrel knope skep die perfekte morderne gevoel.
KENNEDY
Die Kennedy, een van Enzoani se topverkopers, se slank bokant is uit Alecon-kant en Chantilly-kant gemaak. Hierdie pragtige styl sal koppe draai op jou spesiale dag. Die meerminsnit is uit tulle gemaak wat soos ’n handskoen pas. Asemrowende silwer kralewerk, net bo die romp-deel van die rok, beklemtoon die figuur en bied net die regte hoeveelheid glans wat enige bruid sal laat skitter op haar troudag.
KYLEE
Die Kylee straal elelegansie, sofistikasie en vroulikheid uit in die vollengte balrok. Die sweetheart-neklyn word afgerond met stene, krale en geborduurde kant. Die ongelooflike lywige onderkant word gemaak uit Alecon- en Chantilly-kant. Die rug is in ’n sagte V-lynvorm met ’n spoggerige drie lae sleep wat die rok sy klassieke gevoel gee.
GOLWE / PATRONE
ISLESBORO
Die Islesboro is ’n moderne A-lynrok met ’n aanloklike illusie-rug, pragtige sweetheart-neklyn en delikate pêrel knope. Die indrukwekkende rok se bo-stuk is gemaak uit kant en is afgerond met ’n golwende patroon wat vervaag in ’n sagte onderkant.
KENZINGTON
Die rok is die perfekte voorbeeld van glans en elegansie. Die hele rok is bedek met klein kraletjie wat dit sy glans gee, die rok is in ’n meermin silhouette wat baie vleiend is. Die materiaal wat vir die rok gebruik word is Chantilly-kant en tulle wat spesiaals gebruik is om die rok se onderste stuk te maak. Die tulle kom saam bymekaar aan die agterkant in ’n asemrowende sleep en word afgewerk met kant. Die rok se voor en agter kant word bedek met ’n golfagtige patroon, wat die rok enig in sy soort maak.
LANG KANTMOUE
KACEY
Tydlose glans en elegansie is maar slegs twee woorde wat die asemrowende rok beskryf. Die Kacey is ’n tweestuk rok. Die onderste deel is gemaak uit sagte satyn en die baadjie, wat afgehaal kan word, is gemaak uit tulle en handgestikte krale. Die styl weerspieël tydloosheid en elegansie.
BT 16-1
Die 16-1 styl is uit die Beautiful by Enzoani-reeks. Die tydlose rok is vir enige bruid wat opsoek is na ’n klasieke silhoeët wat opgekikker is deur moderne afwerkings. Die A-lyn tulle rok het ’n sweetheart-neklyn en ¾ tulle– en kantbaadjie.
LAE VAN KANT
KARINA
Die Karina het ’n klasieke A-lyn silhoeët met ’n romantiese, klassieke gevoel. Die trourok bestaan uit verskillende tipes lae gemaak uit Alecon-kant, Chantilly-kant en tulle wat ’n 3D-gevoel gee. Die trourok het ’n handgestikte dun beldjie, vir net daai iets ekstras. Die ilussierug en geborduurde kant maak die trourok ’n moet- hê vir 2016.
KAROLINA
Karolina is gemaak uit vintage kant en tulle wat ’n bruid elegant en tydloos sal laat lyk op haar troue. Karolina se hele lengte is uit kant gemaak en is in ’n meerminstyl snit. Sy word afgerond met ’n moderne sweetheart– neklyn, kristalknope en ’n show stopper sleep wat vir ewig aanhou.
KIMBERLY
Die styl besit al die klasieke skoonheid en vroulikheid van ’n universiële vlyende A-lyn trourok. Die trourok se lae bestaan uit Alecon-kant wat met klein kraletjies bedek is, Chantilly-kant en tulle wat die trourok sy sagte, 3D-gevoel gee, die perfekte rok om jou troudag onvergeetlik te maak.
Foto’s verskaf