Die Trouspyskaart kan jou nogal laat kopkrap, veral as jy baie keuses het. Yolande van Deventer het raad oor hoe om die perfekte spyskaart saam te stel.

SPESIALE AANBOD VIR TROUKOORS LESERS
Het jy al Troukoors se Spesiale Uitgawe (propvol doen-dit-self idees, inspirerende foto’s en raad) en Die Trouboek (wat jou help om die perfekte troue week-vir-week te beplan én seker maak dat julle gereed is vir die groot stap, met Gretha Wiid se weeklikse huweliksvoorbereiding)?
Kliek hier vir meer info.

Die Trouboek @ R90 + Troukoors Tydskrif @ R50 + posgeld = R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).

STAP 1
Betaal die bedrag in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit) of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek (posgeld ingesluit) of
OPSIE 3: R80.00 vir Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit)

STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@bpwpprebuild.co.za:

  1. Bewys van betaling
  2. Waarvoor jy betaal het: Trouboek / Tydskrif / Beide
  3. Jou naam en van
  4. Jou selfoonnommer
  5. Jou posbus adres
  6. Jou poskode

————————————————————————————————————————————————————

Niks sê kuier soos lekker kos nie! Die trouspyskaart (en hoe jou rok lyk) is beslis iets waaroor gaste lank gons voor, op en na die groot dag – iets wat letterlik ’n goeie of slegte smaak in hulle monde sal laat.

Julle trouspyskaart is ’n fyn kombinasie van julle persoonlike styl en voorkeure, julle gaste se behoeftes en natuurlik julle begroting.

Hier is vier goeie riglyne vir wanneer jy jou trouspyskaart opstel:

STYL EN TEMA VAN DIE TROUE
Jou trouspyskaart dra net soveel tot die atmosfeer van jou troue by soos jou dekor en blomme. ’n Spitbraai by jou oggendtroue kan dalk nie heeltemal so vars en lig soos die oggendbriesie voel nie, maar kan ’n wonderlike atmosfeer skep by ’n winteraandtroue op ’n wildsplaas.

Piekniek-styl troues is voordelig in die sin dat dit die gaste ’n wyer keuse gee en informele kuier tussen gaste aanmoedig. Dit is ’n oulike manier om eenvoudige bestanddele elegant voor te sit. Die verskillende gange kan ook gelyktydig beskikbaar wees. (Dink byvoorbeeld aan byderwetse kostrokkies en voorafgepakte piekniekmandjies).

Aansitetes verg meer oorweging oor hoeveel gange jy wil bedien en wanneer. Hoe formeel die aansitete is, kan ook bepaal hoe jy wil hê jou kos op die borde moet vertoon.

Jou gaste geniet dit om die karakter van julle as paartjie in julle troue te sien, dit geld vir die trouspyskaart ook. Maak seker julle kies nie net geregte wat ander mense van hou nie, maar iets wat eg aan julle ook is.

AANTAL GASTE
Jou aantal gaste en die begroting gaan hand-aan-hand. Groot getalle gaste en ’n klein begroting kan moontlik ’n trouspyskaart meer alledaags maak met min ruimte vir eksotiese elemente.

Is daar mense met kos allergieë uitgenooi? Maak hierdie deel van jou RSVP-inligting en probeer sensitiewe gaste in ag neem. Kindertjies onder vier jaar is nie altyd dol oor grootmenskos nie en sal maklik eerder pasta of burgers eet. Dit verhoed vermorsing en kan kostes spaar.

GELDSAKE
Dit is slim om redelik ruim te begroot vir die trouspyskaart. Niemand gaan die duur blomme onthou as die kos goor was nie. Oorweeg om die troukoek as nagereg te bedien en jou voorafdrankies se peuselhappies as voorgereg om rande te rek. Maak seker jy weet watter vrugte en groente in seisoen is. Hierdie is sekerlik een van die belangrikste aspekte om te oorweeg wanneer jy jou trouspyskaart uitwerk. Nie net weet jy dan of die kossoorte beskikbaar sal wees nie, jy spaar ook geld.

DIE SPYSENIERS
Wie gaan die kos maak? Gaan julle dit self doen of ’n spysenier kry? Om dit self te maak kan persoonlik wees en tuisgemaak proe, maar dit kan ook baie stresvol en tydrowend wees. Gebruik beproefde resepte as julle dit self doen en hou die trouspyskaart kort en kragtig. Heelparty trouplekke vra nie ’n huurfooi vir die venue as jy van hulle spyseniering gebruik maak en die minimum hoeveelheid gaste nooi nie. Hulle bied dan gewoonlik verskillende bestaande spyskaarte waarvan julle kan kies of kombineer. Dit kan ook die tafeldrankies insluit. Maak seker dat julle ook die trouspyskaart beproef voor jul finaal kies wat bedien moet word!

Foto: Wedbook

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA