verlowingsfotosessie

Verlowingsfotosessie hoef nie ’n vloekwoord te wees vir die man in jou lewe nie. Dit was juis Lecia se geheime wapen om haar verloofde, Johan, van sy vrees vir die kamera te genees. Probeer dit gerus.

verlowingsfotosessie_1

Lecia het gedink dat ʼn verlowingsfotosessie die antwoord is om Johan se kamera-sku probleem op te los. Die talentvolle fotograaf, Julene Muller, het tot hulle redding gekom en ʼn pragtige samestelling van liefdesfoto’s was die eindproduk. Die paartjie, sowel as die fotograaf, vertel vir ons meer oor hierdie fotosessie in die Kaap.

OOR DIE PAARTJIE
HOE HET JULLE LIEFDESVERHAAL BEGIN, WAT NA DIE VERLOWINGSFOTOSESSIE GELEI HET?
“Dit het begin met ʼn somersromanse in Desember 2009 in Gouritsmond. Ons het oorkant mekaar in die selfde kampterrein beland en tydens ʼn restaurantbesoek begin klets. Ek het egter beplan om vir ʼn jaar oorsee te gaan, maar ons het steeds  kontak gehou deur middel van Skype. Soos Johan belowe het, het hy my die dag met my terugkeer by die lughawe kom haal en het ons liefde van voor af opgevlam!”

WATTER KARAKTEREIENSKAPPE BEWONDER JULLE DIE MEESTE VAN MEKAAR?
Johan: “Sy is goedhartig, vriendelik en ondersteunend.”
Lecia: “Hy ondersteun my, is eerlik, gaaf en ʼn goeie luisteraar.”

HOEKOM HET JULLE BESLUIT OM ʼN VERLOWINGSFOTOSESSIE TE DOEN?
“Ek wou hê dat Johan gemaklik moet wees met foto’s op ons troudag. Ek het vir Julene opgespoor deur middel van Google en haar asemrowende foto’s het my onmiddellik oortuig dat ek haar dienste net móés bespreek.”

HET JULLE ʼN SPESIFIEKE ATMOSFEER PROBEER SKEP VIR DIE VERLOWINGSFOTOSESSIE?
“Ja, ons wou ʼn gemaklike atmosfeer hê, met ʼn tikkie pret.”

verlowingsfotosessie_2
DIE FOTOGRAAF VERTEL:
HOEKOM IS ʼN VERLOWINGSFOTOSESSIE ʼN GOEIE IDEE VIR ʼN PAARTJIE?
“Dis ʼn wonderlike manier om die troue aan te kondig aan vriende en familie en dit help die paartjie om te ontspan voor die kamera. Op hierdie manier weet hulle wat om te verwag op hulle troudag en dan kom die foto’s ekstra mooi uit.”

HOE KIES ʼN PAARTJIE DIE BESTE FOTOGRAAF?
“Kyk baie noukeurig na die verskillende fotograwe se bestaande foto’s en kies die een wat julle visie die beste weerspieël. Ontmoet hom/haar ook voor die troue en reël ʼn verlowingsfotosessie sodat almal kan seker wees oor wat julle verwagtinge is.”

HOEKOM HET JY ʼN FOTOGRAAF GEWORD?
“Ek is mal daaroor om foto’s van troues te neem! Dis die enigste manier om so intiem deel te word van ʼn spesiale geleentheid – waarin ek nie andersins sou kon deel as ek nie ʼn fotograaf was nie.”

Julene sê dat Johan en Lecia ʼn aangname paartjie was om die verlowingsfotosessie mee te doen en dat sy baie uitsien om deel te wees van die volgende paartjie se spesiale dag!

WEN!!!
Een gelukkige paartjie in die Kaap kan ʼn verlowingsfotosessie deur Julene Muller Photography, ter waarde van R1 800, wen! Dit sluit in:
* ʼn Fotosessie
* 50 Foto’s op CD
* ʼn A3-grootte foto-afdruk

HOE OM IN TE SKRYF:
* LIKE en SHARE Julene Muller Photography se blad op Facebook en deel hierdie inskrywing met jou vriende.
* COMMENT waar in die Kaap julle die verlowingsfotosessie sal wil doen.

Artikel: Gina van Staden

PTA SHOW BANNER

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA