Vlekkelose vel op jou troudag is moontlik, al het jy tans hiperpigmentasie-probleme. Lamelle Research Laboratories het raad oor hoe jy kan klaarspeel met hierdie probleem.

SPESIALE AANBOD VIR TROUKOORS LESERS
Het jy al Troukoors se Spesiale Uitgawe (propvol doen-dit-self idees, inspirerende foto’s en raad) en Die Trouboek (wat jou help om die perfekte troue week-vir-week te beplan én seker maak dat julle gereed is vir die groot stap, met Gretha Wiid se weeklikse huweliksvoorbereiding)?
Kliek hier vir meer info.

Die Trouboek @ R90 + Troukoors Tydskrif @ R50 + posgeld = R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).

STAP 1
Betaal die bedrag in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit) of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek (posgeld ingesluit) of
OPSIE 3: R59.90 vir Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit)

STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@bpwpprebuild.co.za:

  1. Bewys van betaling
  2. Waarvoor jy betaal het: Trouboek / Tydskrif / Beide
  3. Jou naam en van
  4. Jou selfoonnommer
  5. Jou posbus adres
  6. Jou poskode

————————————————————————————————————————————————————

Elke bruid wil graag ’n vlekkelose vel op haar troudag hê. Maar hoe gemaak as jy donker vlekke, sproete of sonvlekke het, wat nie eers met grimering verbloem kan word nie? Volgens Lamelle is hierdie probleme as gevolg van hiperpigmentasie, wat letterlike ‘ooraktiewe velverkleuring’ beteken.

As kind is sproete nogal oulik, maar bruide is geneig om ’n vlekkelose vel op hul troudag te verkies. Hiperpigmentasie kan ook lei tot ernstiger probleme wanneer jy ouer word.

WAT VEROORSAAK HIPERPIGMENTASIE?
Te veel sonblootstelling is natuurlik die grootste oorsaak hoekom ’n vlekkelose vel miskien nie tans jou voorland is nie. Melanien word deur jou vel vervaardig om die beskadigende UV-strale wat jou vel deurdring te absorbeer (dít gee jou ’n sonbruin gelaat). Te veel blootstelling aan dié skadelike strale kan egter veroorsaak dat die melanosietselle beskadig word, saambondel en na die buitenste laag van jou vel beweeg om ’n donker vlekkie te vorm. Dieselfde kan gebeur as reaksie op ernstige velbeserings, soos in die geval van diep snye of erge aknee. ’n Verhoogde vervaardiging van hormone tydens swangerskap is ’n ander algemene oorsaak van pigmentasie. Dié vorm van pigmentasie kan ook vererger word as jy voorbehoedpille gebruik.

HOE OM ’N VLEKKELOSE VEL OP JOU TROUDAG TE VERSEKER
Die goeie nuus is dat hiperpigmentasie behandel kan word en dat jy wel ’n vlekkelose vel op jou troudag kan hê, al lyk dit nie nou vir jou so nie.

Hier is ’n paar wenke om ’n vlekkelose vel ’n realiteit te maak:

VERMY DIE SON
Vermy direkte blootstelling aan die son en belê in ’n goeie sonblok – selfs in die winter. Dit is al hoe jy kan begin om ’n vlekkelose vel te veseker teen die tyd wat jy trou. Blootselling aan die son vererger bestaande pigmentasieprobleme en veroorsaak ook nuwe skade.

BEHANDEL DIE SIMPTOPME
As hiperpigmentasie deur mediese redes veroorsaak word, gesels eerder met jou dokter oor die beste behandeling. Lamelle het wel ’n produk met die naam Ovelle D3 met ekstra vitamien D3 om te help wanneer hormone die oorsaak is dat jy nie ’n vlekkelose vel het nie. Lamelle se Acnevelle- en Clarity-reekse is geskik vir diegene wat sukkel met aknee wat pigmentasie veroorsaak.

BEHANDEL BESTAANDE HIPERPIGMENTASIE
Wanneer die kalf reeds in die put is en daar is net ses maande voor jy trou, moet jy die bestaande probleem behandel ten einde ’n vlekkelose vel te verseker. Lamelle se Luminesce-reeks is seker een van die mees effektiefste produkte wat jy tuis kan gebruik om die bestaande probleem te behandel. Elke produk in die reek is ontwerp om hiperpigmentasie te beveg, van die Luminesce Brightening Defence met spesiale sonblok, tot die Luminesce Brightening Cleanser wat help om die vel te vernuwe.
 
’n Vlekkelose vel kan enige bruid se voorland wees as sy vroegtydig die probleem behandel en in die regte behandeling belê.


Vir meer inligting oor Lamelle se produkte, besoek hulle webblad.

WEN!

Een gelukkige leser kan ’n hierdie heerlike prys van Lamelle Research Laboratories wen:

  • ’n Vel-analise ter waarde van R1 000 + ’n ontwerpers Lamelle-sonbril- en hoed!

Al wat jy hoef te doen om in te skryf, is:

  • Like en deel die inskrywing op Facebook;
  • Tik jou provinsie en troudatum in die kommentaarblokkie onder; en
  • Like Lamelle Research Laboratories se blad op Facebook.

Die kompetisie sluit Maandag, 10 April 2017 en die wenner sal Dinsdag, 11 April 2017 aangekondig word.

Foto: Carribean Beauty

 

 

 

 

 

 

 

 

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA