vlekkelose vel

’n Vlekkelose vel is waarvan elke bruid droom op haar troudag. Lamelle gee raad oor hoe om van ongewensde elemente op jou gesig ontslae te raak voordat jy in die paadjie afstap.

PTA SHOW BANNER
Op jou troudag wil jy graag ’n vlekkelose vel hê, maar soos wat Murphy dit wil hê, maak lelike puisies altyd hulle verskyning op die onmoontlikste tye… en niemand wil rooi, opgehewe karbonkels op hulle troufoto’s hê nie. So hoe voorkom ’n mens dit?

’n Langtermynoplossing, soos Lamelle se reeks gesigprodukte, kan jou help om ’n vlekkelose vel op jou mooiste dag te hê. So, as jy trou, is nou ’n goeie tyd om ekstra aandag aan jou vel te gee. Jy sal eendag vir jouself dankie sê, want jy belê ook in die algemene gesondheid van jou vel.

VERMY BOERERATE
’n Puisie is nie sommer net ’n klein infeksie wat in ’n japtrap weggetoor kan word nie. Dit is rooi en geswel omdat jou liggaam daarteen baklei. Die beste manier is dikwels om dit oop te maak en dan met anti-inflammatoriese middels te behandel – iets wat ’n behoorlike velsorgroetine outomaties doen. Vermy die volgende oplossings wanneer jy ’n puisie gewaar:
* Suurlemoen: Die sitrussuur in suurlemoene is te sterk vir jou vel en kan die situasie vererger.
* Heuning: Alhoewel dit antiseptiese eienskappe het, is dit te min om aknee te behandel. Dit geld ook vir aartappel, asyn, komkommer, knoffel en papaja.
* Sponsies en afskilferaar: Dit werk goed om aknee te vermy, maar sal nie help wanneer daar reeds ’n uitslag is nie. Dit sal dinge net erger maak.
* Ysblokkies: Dit beskadig die vel en sal dit moeiliker maak vir die infeksie om op te klaar.

DOEN DIT REG
Jy kan ’n vlekkelose vel op jou troudag hê, al maak ’n puisie sy verskyning in die week voor die troue. Volg hierdie stappe om klaar te speel met hierdie probleem:

Stap 1: Was jou hande deeglik – gebruik warm water en seep en herhaal dit twee keer.

Stap 2: Was die puisie met warm water – vryf liggies en moenie die vel vryf of irriteer nie. Gebruik ’n natuurlike seep en ’n skoon, warm waslap of oorstokkie vir areas wat moeilik is om te bereik.

Stap 3: Reining jou vel met ’n seep wat ’n salisielsuurbasis het – dit is die beste middel om aknee onder beheer te kry en met ’n vlekkelose vel weg te stap. Lamelle Research Laboratories se Clarity Active Cleanse word hiervan gemaak, maar bevogtig en voed ook die vel.

Stap 4: Gebruik ’n anti-inflammatoriese middel – dit sal help om die swelling, rooiheid en pyn te verminder. Lamelle se Clarity Active Control bevat kragtige ant-inflammatoriese bestanddele wat direk op die puisie aangewend kan word.

Stap 5: Smeer ’n antibakteriese produk aan – dit is die vinnigste manier om ’n vlekkelose vel te kry, omdat jy die bakterië wat die puisie veroorsaak vernietig. Lamelle se Clarity Corrective AM– en Clarity Corrective PM-room is ideaal hiervoor.

Stap 6: Herhaal al die stappe soggens en saans.

AS JY DIT MOET VERBLOEM
Soos met die meeste dinge in die lewe, is daar nie ’n waarborg dat die puisie heeltemal sal verdwyn teen die tyd wat jy met die paadjie afstap nie. So as dit nog sigbaar is, kan jy verbloemer gebruik om dit te bedek. ’n Bietjie groen grimering oor die rooi kan dit meer effektief maak.

Jy kan natuurlik ook seker maak dat jy ’n vlekkelose vel het op jou troudag, deur vandag nog te begin omsien na jou skoonheidsbehoeftes. Moenie uitstel nie.

WEN!

Een gelukkige leser kan ’n Lamelle Clarity-geskenkpak wen ter waarde van R500.
Skryf so in:
* LIKE & SHARE hierdie inskrywing op Facebook;
* Tik #LamelleClarity onderaan die inskrywing.
Die wenner word Maandag gekies.

SPESIALE AANBOD VIR TROUKOORS LESERS
Die Trouboek (saam met Gretha Wiid)@ R90 +
Troukoors Tydskrif (ons spesiale uitgawe) @ R50 + posgeld = R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).
Kliek hier om te bestel.

_________________________________________________________________________________________________________________

Hooffoto: Ideas4Weddings

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA