Vrae vir die bruid om te antwoord, is altyd baie nuttig om pret te verseker by enige kombuistee. Minette Badenhorst verklap watter vrae die beste sal werk.

’n Bruidvasvra is een van die lekkerste speletjies om te speel by ’n kombuistee. Daar is soveel verskillende maniere om dit aan te bied en sommer hope pret en plesier te hê.

Ons het op Chrystina Noel gaan raad kry oor waste vrae om vir die bruid te vra by haar kombuistee. Daar is verskillende maniere om dit aan te bied. Die strooimeisies kan kaartjies maak met vrae op of sommer net ’n vraelys uitdeel. Die bruidegom kan voor die tyd antwoorde gee op die vrae. As die bruid die vrae verkeerd beantwoord kan sy gestraf word. Die straf kan byvoorbeeld wees dat sy elke keer nog ’n kougom in haar mond moet sit (hopelik kry sy nie so baie verkeerd dat sy skaars kan praat nie.) Indien sy reg antwoord kan julle haar beloon met ’n R5 en so ook vir haar ’n ekstra geskenkie gee vir die dag. Vra elke gas om ’n R5 saam te bring en die persoon wie se vraag sy reg het moet haar betaal.

Nou is die eintlike vraag, wat vra ’n mens aan die bruid? ’n Wenk om te verhoed dat die speletjie nie in ’n katastrofe verander nie, hou dit skoon en van pas. Moenie te persoonlike vrae vra of vrae wat iemand kan beledig nie. Probeer om almal te betrek. Hier is voorbeelde van vrae wat ’n mens kan vra:

Wat is die eerste ding wat die bruidegom van die bruid raakgesien het?
Waar was julle eerste afspraak?
Wat is die bruidegom se gunstelinggereg wat die bruid vir hom maak?
Watse gereg hou die bruidegom die minste van wat die bruid vir hom maak?
Wat is die bruidegom se gunstelingkleur?
Wat en waar was die bruidegom se eerste werk?
Wat was die bruidegom se eerste kar?
Waar en hoe het julle begin uitgaan?
Waar was julle eerste soen?
Wie het eerste gesê: “Ek is lief vir jou?”
Hoeveel kinders wil die bruid hê?
Hoeveel kinders wil die bruidegom hê?
Wat is die bruidegom se gunsteling ding van die bruid?
Wat is die bruid se gunsteling ding van die bruidegom?
Wanneer het die bruidegom besef dit is sy trouvrou, hy wil die res van sy lewe saam haar spandeer?
Wie is die bruidegom se gunsteling-orkes?
Wie het die groot vraag gevra, waar en hoe?
Is die bruidegom regs of links?
Watter troetelnaampie haat die bruidegom om genoem te word?
Wat was die eerste fliek wat julle saam gekyk het?
Wat is die bruidegom se gunsteling-nagereg?
Wat was die bruidegom se gunsteling speelding toe hy klein was?
Wat is die bruidegom se gunsteling-restaurant?
Wat wou die bruidegom wees as hy groot is?
Wat is die bruidegom se gunsteling-tydverdryf?
In watter hoërskool was die bruidegom gewees?
Het die bruidegom enige troeteldiere gehad toe hy klein was?
Wat is die bruidegom se gunsteling-speletjie

Party antwoorde sal die gaste laat lê soos hulle lag. Dit is verseker baie pret en ook ’n manier om die bruid en bruidegom beter te leer ken. Miskien leer die bruid self haar toekomstige man ’n bietjie beter ken. Onthou maar net om nie te diep te wil krap met die vrae nie, jy krap dalk net in iemand anders se slaai.

Foto: The Spruce

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA