Troutradisies kan soms baie vreemd wees en baie moderne paartjies wyk heeltemal af hiervan. Daar is egter erger troutradisies as die gewone ruiker en kousband. Gina van Staden het gaan loer wat in ander kulture gedoen word.

Almal weet van die “iets oud, iets nuut, iets geleen en iets blou”-tradisie (wat Italiaanse oorspring het, terloops), maar sommige ander troutradisies is so vreemd dat mens net kan vra: “hulle moet wát??”.

In die Tijua-bevolking, van die Chinese provinsie Sichuan, is daar ’n geween. Die bruid moet ’n hele maand voor haar troue saans minstens ’n uur huil. Tien dae later moet haar ma saam begin huil, en nóg tien dae later haar ouma ook. (As die bruid susters en tannies het, moet hul ook saam met ouma begin huil.) Daar word gesê dat ’n bruid se bure op haar neerkyk as sy nie huil nie, en daar is al gevalle gerapporteer waar ma’s hul dogters aangerand het as die trane afwesig was. Verseker nie een van die lekkerste troutradisies wat daar is nie.

Daar is ook ’n snaakse ding wat tydens Punjabi Sikh troues gebeur – Joota Chupai – wat letterlik beteken “om skoene weg te steek”. Die bruid se susters steel die gaste se skoene en gaan steek dit weg, wat beteken dat die gaste dit weer teen ’n prys moet terugkoop. So dis dalk nie ’n goeie idee om jou beste voetjie voor te sit by een van dié troues nie! Verseker een van die slimste troutradisies waarvan ons al gehoor het.

Een van die vreemdste troutradisies, is die van die Tidong bevolking van Noord Borneo. Die bruidspaar mag vir 72 ure voor die troue glad nie die toilet gebruik nie. Gedurende hierdie 3 dae voor die troue word hulle in isolasie geplaas terwyl hulle families hou hul streng dophou om seker te maak dat hulle nie kroek nie. As hulle wel kroek word daar geglo dat hul kind op ’n jong ouderdom sal doodgaan.

In die Westerse bevolking word ’n maagdelike bruid hoog geag, maar vir die Gelo-mense van die Suidwestelike deel van China is dit vreeslik ongelukkig as die bruid nog ’n maagd is. Om op te maak vir haar “tekort”, moet so ’n bruid een of twee van haar tande uitslaan voordat sy mag trou.

In Mexiko is daar nie trane nie. As jy ’n Mexikaanse bruid is, moet jy maar jou ouma se kosbare pêrelhalssnoer wegbêre op jou troudag. Daar word geglo dat pêrels gelykstaande aan trane is, en dat dit die bruid sal laat huil op haar troudag.

Troubeplanners in Rusland kan maar hul jaarlikse verlof in Mei-maand vat. Die Russe trou nie in Mei nie, want die woord “mai” beteken suffering. Nog ’n snaakse bygeloof is dat dié dames wat ook tot trou wil kom, net by die onthaal aan die tafeldoek se punt moet trek.

Hoe kies jy jou troudatum? Jy kyk dalk na die seisoene of hou spesiale datums in gedagte. Maar nog vreemde troutradisies uit China, is dié van die Daur etniese groep. Die bruidspaar moet saam ’n kuiken oopsny en die lewer inspekteer. As die lewer goed lyk, kan hul die troudatum bepaal. Indien die lewer nie aanvaarbaar is nie, moet hulle ’n ander kuiken oopsny.

In Hindu astrologie, word ’n persoon wat op die 1ste, 2de, 4de, 7de, 8ste of 12de dag tydens Mars se verskyning op die maangrafiek gebore is, as “Mangliks” bestempel. Dit beteken dat dit hulle ongelukkige trou-kandidate is. Alhoewel, as twee Mangliks met mekaar trou, kanselleer dit die bad luck uit. Maar as ’n Manglik met ’n gewone persoon wil trou moet hy/sy eers met ’n boom, of ’n sliwer/goue Hindu beeld trou voordat die vloek gebreek is.

So, as jou ouma ou boere troutradisies in jou keelgat probeer afdruk, kan jy dankbaar wees dat haar voorstelle nie so vreemd kan wees soos dié van die dinge wat ander bruide op aarde moet deurgaan nie.

Foto: Huffington Post

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA