werk_1
Die werk is die laaste plek waar jy beplan om jou trouman te ontmoet, maar Marius en Anita het juis as gevolg van werk ontmoet… daardie einste werk het uiteindelik gelei tot trousake en die paartjie is nog nie een dag spyt nie.

ERWS-BANNER-20-96x14

werk_2

Werk moet nou nie juis huistoe gebring word nie, maar Marius en Anita het bewys dat besigheid en plesier kan lei tot ’n liefde wat vir altyd hou. Ons het meer gaan uitvind oor hulle mooiste dag.

HOE HET JULLE LIEFDESVERHAAL BEGIN?
“Ek het vir Marius deur my vorige werkgewer ontmoet en op daardie stadium in my lewe het ek nie eers kon dink waar die Here vir my iemand sou kry nie. Ek was nogal negatief en ’n bietjie ouer as die gewone dating-groep en het nie juis meer op plekke uitgekom waar jy nuwe mense ontmoet nie. So ek was nogal uit die veld geslaan toe dit gebeur.”

HOE HET HY DIE GROOT VRAAG GEVRA?
“Hy het my verras en ek het niks verwag nie, soos ek dit nog altyd wou hê. Daar was ’n restaurant, ’n flashmob, 60 van ons naaste familie en vriende en natuurlik baie trane van blydskap.”

werk_3

VERTEL ONS MEER OOR DIE BEPLANNING?
“Ons het nie uit die staanspoor baie beplan nie en mense moes ons nogal aanpor om weg te spring. Maar ons het van die begin af saamgestem dat dit ’n naweektroue moes wees. Ek wou nog altyd ’n deftige affêre hê, met baie liggies, so die venue was nogal minder formeel as wat ek in gedagte gehad het, maar ek het nie toegelaat dat dit my beïnvloed nie.”

WAT WAS DIE TEMA EN KLEURSKEMA?
“’n Wonderlike vriendin het vir ons die dekor van haar troue geleen en dit was vlootblou, so dit het die gevoel geskep en ons het dit ’n bietjie met geel opgehelder. Geel is so ’n sonnige en gelukkige kleur en die eindresultaat was baie mooi.”

HET JY RAAD VIR PAARTJIES WAT GAAN TROU?
“As iets skeefloop, ontspan! Op die ou einde van die dag is dit heel moontlik net julle wat dit weet.”

IS DAAR IETS WAT JULLE ANDERS AS DIE GEWONE GEDOEN HET?
“Ons het vir ons gaste Lotto-kaartjies gegee as dankiegeskenkies en dit het heel goedkoop uitgewerk. Een van hulle het darem R10.50 gewen.”

werk_4

DIENSVERSKAFFERS
Venue: Alkmaar Farmstay
Koördineerder: Loilyn Coetzee
Spyseniering: Nyama Spitbraai
Blomme en Dekor: Lorryn Coetzee en Michelle van Rooyen van MVR Events
Skryfbehoeftes: Carien Pretorius
Fotograaf: Liezel van Figure of 8
Vermaak: Onsite Image Photobooth
Trourok: Annelize Scheepers Couture Design
Hare en grimering: Chantel Havermann – Hair by Chantel
Bruidegom se uitrusting: Elegant Man, Brooklyn Mall
Blommemeisierokke: My Hartjie, My Liefie
Cake-topper: Mossie

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA