wat_elke_bruidegom_moet_weet
Die groot vraag is gevra en nou moet jy jou plek volstaan as bruidegom op julle mooiste dag, maar wat word nou eintlik van jou verwag?

—————————————————————————————————————————————————————–

SPESIALE AANBOD – kliek hier om Die Trouboek en/of Troukoors tydskrif te bestel.

Bestel_Troukoors_en_Die_Trouboek
——————————————————————————————————————————————————————

Om te trou gaan oor meer as om net op te daag – selfs vir die bruidegom, want jou bruid verwag van jou om deel te wees van hierdie geleentheid en ook haar beste belange op die hart te dra. Hier is ’n paar dinge wat jy moet weet oor trou:

* BESKERM JOU AANSTAANDE
Elke vrou droom al sedert sy ’n dogtertjie is van haar spesiale dag en dit is jou verantwoordelikheid om seker te maak dat haar droom waar word. Beskerm haar dus teen enigiemand wat wil oorneem en sodoende die ervaring vir haar kan bederf. Troubeplanning kan lekker wees, maar ook stresvol wanneer ander oorvat.

* GEE JOU SAMEWERKING EN WEES ROMANTIES
Al is jy nie van nature romanties nie, is dit belangrik om jou samewerking te gee – al is dit net die een keer. Skryf jou eie troubeloftes, laat graveer haar ring, reël vir julle danslesse of slaan haar asem weg met ’n onvergeetlike wittebrood of romantiese wegbreek wanneer die troustres te veel raak.

* WEES GEORGANISEERD
Raak deel van die beplanning en vat verantwoordelikheid vir sekere aspekte en maak seker dat jou deel vlot verloop. Jou bruid sal jou entoesiasme en insette baie waardeer,

* WEES STRENG OOR GELDSAKE
Elke troue het ’n begroting en as jy nie die getroude lewe in die rooi wil afskop nie, is dit noodsaaklik om seker te maak dat julle binne die begroting bly. Wees liefdevol, maar ferm wanneer jy voel dat dinge buite beheer raak.

* MOENIE BANG WEES OM HULP TE VRA NIE
Daar is baie professionele diensverskaffers met jare se ondervinding op wie julle kan staatmaak op julle mooiste dag. Vertrou op hulle bystand wanneer dinge julle begin oorweldig, veral op diegene wat reeds deel is van die troue.

Foto: Nicolene Meyer Photography

—————————————————————————————————————————————————————–

SPESIALE AANBOD – kliek hier om Die Trouboek en/of Troukoors tydskrif te bestel.

Bestel_Troukoors_en_Die_Trouboek
——————————————————————————————————————————————————————

 

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA