wat jy moet weet oor die liefde 1
Die liefde is een van die wonderlikste geskenke wat die lewe jou kan gee, maar dit is beslis nie altyd maanskyn en rose nie. Ons het by ’n bekende skrywer gaan uitvind watter waarhede agter hierdie lewensveranderende gevoel skuil.

Nicholas Sparks is een van die bekendste skrywers van inspirerende liefdesstories in die wêreld en ’n hele paar van sy boeke is ook verfilm. Hy het oor die jare die kuns vervolmaak om die liefde te verstaan en die waarheid daaromtrent stuk-stuk uit te lap. Sy karakters is mense wat opreg liefkry en sy stories gaan oor die reis waarop daardie liefde hulle vat. Ons het ’n paar liefdeslesse uit van sy bekendste werk gaan leer.

A WALK TO REMEMBER

wat jy moet weet oor die liefde 2

Liefde kan jou lewe verander en jou inspireer om ’n beter mens te wees. Ware liefde hou vir altyd en leer ’n paartjie om mekaar se geluk en behoeftes eerste te stel, want as jy lief is vir iemand is jou hartsbegeerte dat daardie persoon regtig gelukkig moet wees.

THE BEST OF ME

wat jy moet weet oor die liefde 3

Liefde is nie beperk tot klas en status nie. Partykeer raak selfs die onwaarskynlikste mense verlief op mekaar. Ware liefde verroes nooit nie… en al tree omstandighede soms in, sal mense wat vir mekaar bedoel is altyd weer hulle pad na mekaar toe vind.

THE NOTEBOOK

wat jy moet weet oor die liefde 4

Ware liefde kan alles oorwin – familiekonflik, langafstand… en selfs ’n siektetoestand soos Alzheimers.

SAFE HAVEN

Wat jy moet weet oor die liefde 5

Liefde kan jou vind wanneer jy dit die minste verwag… selfs gedurende die tye wanneer dit moeilik gaan en jy dink dat jy nooit weer iemand met jou hart sal kan vertrou nie. Dit help om selfs die diepste wonde te genees. Liefde is ook onselfsugtig, en alhoewel dit soms baie moeilik is, wil dit graag hê wat die beste is vir al die betrokke partye.

MESSAGE IN A BOTTLE

wat jy moet weet oor die liefde 6

Dit is baie moeilik om oor die dood van ’n geliefde te kom en dit te verwerk en dit kan soms baie lank vat, maar wanneer die regte persoon oor jou pad gestuur word is dit moontlik. Wanneer jy vir iemand lief is, sê dit vir hulle. Wys dit vir hulle en moenie onnodig kwaad bly nie, môre is dit dalk te laat want die lewe is kort en liefde en mense word net vir jou geleen.

DEAR JOHN

wat jy moet weet oor die liefde 7

As jy regtig lief is vir iemand, laat die persoon gaan as hy/sy nie nou dadelik kans sien vir ’n verhouding of meer kans sien vir julle verhouding nie. As die persoon terug kom na jou toe, was dit bedoel om te wees en as hy/sy nie doen nie… dan was dit nooit nie. Afstand is een van die dinge wat die liefde die meeste toets, en as julle mekaar nie in ag neem nie, sal dit nie werk nie.

THE LONGEST RIDE

wat jy oor die liefde moet weet 8

Wanneer jy vir iemand omgee, is dit soms nodig om opofferings te maak as jy regtig wil hê dat die persoon moet deel bly van jou lewe. Liefde kan regtig alles oorwin as die basis stewig is. Liefde gee glad nie om oor wat buite is nie, maar eerder oor wat binne aangaan.

Alhoewel die manne dikwels vir Sparks haat omdat hy dit regkry om ‘mans’ te skep wie se skoene jy nie sommer sal kan vol staan nie, leer hierdie stories en karakters ’n mens baie oor die liefde en hoe om daarmee te werk te gaan.

Sy nuutse boek, SEE ME, is pas bekendgestel. Kry ene, lees dit saam wanneer julle in die aand in die bed lê en leer oor die liefde… dis iets spesiaal om saam te doen.

THE CHOICE is sy nuutste boek wat verfilm is en dit wys in Februarie 2016 op die grootskerm. Vat vir manlief saam en gaan kyk watter keuse jy soms vir die liefde van jou lewe moet maak. Hier is die lokprent.

Foto’s: Film Games Etc.; Movie Shark; Hello Giggles

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA