wat-jy-moet-weet-oor-droe-sjampoe1

Droë sjampoe kan baie handig te pas kom, veral wanneer jy nie elke dag wil hare was nie… soos op jou wittebrood of wanneer dit baie druk gaan by die werk. Hier is wat jy moet weet oor hierdie produk.

Droë sjampoe is ’n relatiewe nuwe konsep. As jy saam met sussies groot geword het, weet jy dat dit die beter weergawe van die poeier-metode is. Nie net in metode nie, maar ook in reuk. Die poeierreuk het nooit vir my gewerk nie!

Waarom sal jy droë sjampoe wil gebruik? In die verlede het ek elke dag hare gewas en dit het redelik gesond gelyk. Maar ek moes weekliks haarmaskers en olies insmeer om my hare te voed, want ek het geweet dit is nie die beste ding om elke dag hare te was nie.

Na my haarkapper ’n baie indiepte gesprek met my gehad het oor olies in mens se hare en dat my hare teen die ouderdom van vyftig soos gras sal lyk, het ek begin om elke tweede dag my hare te was. Dit is die eerste keer dat ek toe begin soek het na ’n beter alternatief vir die poeier-metode. Ek het my eerste bottel droë sjampoe gekoop en ’n Youtubevideo gekyk oor hoe om dit aan te wend.

Dit help om die olie wat jou hare afskei, asook die olie se reuk, ’n bietjie op te droog en jou hare ’n eerste-dag-gevoel te gee. Dit het my gehelp om oor my fobie vir olierige hare te kom en maak regtig ’n verskil. Dit hang af hoe olierig jou hare is, so moenie besluit om een keer in sewe dae jou hare te was as jy olierige hare het nie. As jy droë hare het, is dit egter ’n goeie besluit. Kyk en luister na jou hare, as jy baie olierige hare het en dit elke dag moet was, sal ek enige dag aanraai dat jy droë sjampoe gebruik.

Droë sjampoe kom ook handig te pas wanneer jy jou hare nie so baie kan was nie – soos wanneer julle met wittebrood gaan, gaan bergklim of stap.

HOE GEBRUIK JY DROË SJAMPOE?

  1. Deel jou hare in seksies op.
  2. Skud die bottel en spuit die sjampoe op jou olierige wortels (jy hoef glad nie op jou punte te spuit nie, net op jou wortels waar dit olierig is sal voldoende wees).
  3. Vat nou ’n nuwe seksie en herhaal.
  4. Maak seker dat jy die bottel elke keer goed skud voordat jy spuit, om seker te maak dat die inhoud van die bottel gemeng bly.
  5. Masseer dit in jou kopvel in en los dit so vir ongeveer 2 minute.
  6. Kam met ’n borsel deur jou hare en stileer dit soos normaalweg.

PROBEER COLAB
Nie alle droë sjampoe is goed nie, van hulle het ’n poeieragtige basis, wat (veral op donker hare) veroorsaak dat dit gryserig lyk. Kam dan net jou hare meer deur om dit te meng. Dit is egter nie goed nie, want hoe meer jy kam, hoe meer stimuleer jy die oliekliere wat jou hare meer olierig maak. Dus stel ek voor dat jy COLAB se droë sjampoe gebruik. Dit het ’n onsigbare eindresultaat en ruik baie lekkerder as van die ander produkte op die mark. COLAB kom in ses verskillende geure voor, so jy kan die een kies waarvan jy hou. Dit is nie net bekostigbaar nie, maar jy sal ook mal wees oor die eindresultaat, in vergelyking met ander, duurder produkte.

WEN!
Een gelukkige lesers staan ’n kans om ’n COLAB-geskenkpak te wen! Al wat jy hoef te doen, is om hierdie inskrywing op Facebook te LIKE, SHARE en Colab se Facebook bladsy te gaan LIKE.wat jy moet weet oor droe sjampoe2

Artikel: Christell du Preez
Hooffoto: Salon & Spa Marketing

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA