wat jy van trou venue kan verwag 1
Een van die grootste uitgawes wanneer julle trou, is die venue. Daarom moet julle een kies wat bereid is om die ekstra myl te stap om die dag perfek te maak. Mooiplaatsie verklap wat jy alles van ’n goeie trou-venue kan verwag.

’n Bruidspaar het net een kans om daai sprokiestroue te hê. Dit is hulle eerste en enigste troue (gewoonlik), en is daarom ’n opwindende, onsekere tyd waartydens hulle baie aanmoediging en raad moet kry van die venue wat hulle kies om hierdie perfekte dag volmaak te maak werk. Elke bruid is anders en uniek, en moet ook so hanteer word. Sy is spesiaal, en niemand lyk so mooi soos sy nie, en niemand het ooit ’n mooier troue as sy nie!

Vir ’n trou-venue wat sy sout werd is, is dit ’n voorreg en eer wanneer ’n paartjie besluit om daar te trou. Daarom moet hierdie venue moet alles in hulle vermoë doen om die paartjie se sprokie ’n werklikheid te maak, sodat hulle vir altyd mooi herinneringe sal hê van hulle perfekte dag!

Hier is vyf dinge wat jy van jou trou-venue moet verwag wanneer julle oorweeg om daar te trou of klaar bespreek het:

1 ’n Trou-venue moet van die begin tot einde nou saam met julle werk en beplan aan julle spesiale dag. Hulle moet bereid wees om allerhande vrae en e-posse te beantwoord, en die bruidspaar en die gevolg toegang te gee om op die perseël beplanning te doen met betrekking tot die dekor, akkommodasie en spyskaart.

2 Daar moet maklike aanwysings wees na die venue, en genoeg parkering naby aan die kapel en saal. Daar moet ook genoegsame bekostigbare en luukse akkommodasie beskikbaar wees vir gaste wat naby die venue wil oornag, sowel as ’n sprokiesmooi wittebrood-suite en bederfontbyt die volgende oggend.

3 Die tuine, badkamers, saal, tafels en stoele, stoepe, eetgerei en kapel moet in ’n puik, skoon en netjiese toestand wees voor elke troue.

4 Die personeel moet professioneel en netjies lyk en behulpsaam wees. Daar moet ’n verteenwoordiger of venue-gasvrou wees wat gedurende die troue aan diens is, en nou saam die seremoniemeester en personeel werk om te verseker dat alles vlot verloop, en volgens plan. Sou daar onverwags iets gebeur, moet dit so gou as moontlik en professioneel hanteer word.

5 Die kos moet van uiters goeie gehalte wees, smaaklik voorberei word, betyds bedien word, en daar moet oorgenoeg oor wees vir nog ’n skeppie, indien gaste daarvoor vra.

wat jy van trou venue kan verwag 2

SPESIALE AANBOD

As jy gedurende Oktober plek by Mooiplaatsie bespreek vir julle Januarie 2016-troue, sal jy die Loerie-suite gratis kry vir die aand voor die troue. Indien jy belangstel, stuur ’n e-pos na melanie@mooiplaatsie.co.za of skakel 083 808 5331 of 012 809 1199.

Gaan LIKE en SHARE ook hulle facebook-blad.

Foto’s: Clareece Smit

Bruidegom: Ruan en Hilary

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA