Welkomdrankies is baie noodsaaklik wanneer dit by warm Suid-Afrikaanse troues kom. Hier is ’n paar oulike idees van hoe jy joune kan voorsit.

SPESIALE AANBOD VIR TROUKOORS LESERS
Het jy al Troukoors se Spesiale Uitgawe (propvol doen-dit-self idees, inspirerende foto’s en raad) en Die Trouboek (wat jou help om die perfekte troue week-vir-week te beplan én seker maak dat julle gereed is vir die groot stap, met Gretha Wiid se weeklikse huweliksvoorbereiding)?
Kliek hier vir meer info.

Die Trouboek @ R90 + Troukoors Tydskrif @ R50 + posgeld = R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).

STAP 1
Betaal die bedrag in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit) of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek (posgeld ingesluit) of
OPSIE 3: R59.90 vir Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit)

STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@bpwpprebuild.co.za:

  1. Bewys van betaling
  2. Waarvoor jy betaal het: Trouboek / Tydskrif / Beide
  3. Jou naam en van
  4. Jou selfoonnommer
  5. Jou posbus adres
  6. Jou poskode

————————————————————————————————————————————————————

Welkomdrankies is ’n moet wanneer dit by troues kom. Dit word gewoonlik bedien wanneer die bruid en bruidegom foto’s neem en is ’n lafenis na die formele seremonie afgehandel is. Dit is ook verfrissend gedurende warm somermaande of kan die lywe warm maak wanneer dit koud is.

Welkomdrankies kan ook alkoholies of nie-alkoholies wees, afhangende van jou voorkeure en of jy dit wil gebruik om die ys te breek.

Daar is verskeie maniere waarop welkomdrankies bedien kan word:

  • In konfytflesse;
  • Individuele botteltjies;
  • Groot houers waaruit gaste hulle eie drankies kan tap;
  • Individuele glase of bekers wat mooi versier is; en
  • Blikkies.

Welkomdrankies kan natuurlik ook verfraai word met vrugte, doelgemaakte plakkers, gestreepte strooitjies en selfs blomme.

HIER IS ’N PAAR OULIKE WELKOMDRANKIES OM TE OORWEEG:

ALKOHOLIES

SANGRIA
Bestanddele:
1 bottel mediumsterkte of ligte rooiwyn
2 koppies Sprite
2 eetlepels suiker
2 eetlepels brandewyn
1 lemoen in dun skywe gesny
½ houer bessies
1 koppie Sodawater

Metode:
Meng die wyn, Sprite, suiker en brandewyn saam in ’n groot houer en roer totdat die suiker opgelos het. Voeg die vrugte en dan die sodawater by. Verkoel ten minste vir ’n uur voordat jy dit bedien sodat die geure van die vrugte met die drank kan meng. Bedien individueel of in ’n mooi ponsbak.

MAKLIKE WELKOMDRANKIE
Bestanddele:
1½ koppie vodka, vooraf verkoel
2 koppies bosbessiesap (cranberry), verkoel
2 koppies granaatsap, verkoel
3 eetlepels vars suurlemoensap

Metode:
Meng al die bestanddele saam in een groot houer en bedek met kleefplastiek. Hou in die yskas tot jy reg is om dit te bedien. Bedien individueel of gooi dit in ’n groot houer met ’n kraantjie en laat die gaste hulle self help.

PEERVERRASSING
Bestanddele:
2 bottels vrugtige vonkelwyn (wit)
4 koppies peersap
1 lemmetjie in skywe gesny

Metode:
Bedien in afsonderlike sjampanjeglase. Sit ’n lemmetjie skyfie in elke glas. Vul dan elke glas ¾ met sjampanje en maak vol met die peersap.

VESELPERSKEVONKEL
Bestanddele:
1 bottel wit, soet vonkelwyn
1 bottel natuurlike soet witwyn
1 liter veselperskesap
Gesnyde vrugte van jou keuse soos appel, druiwe, aarbeie, lemoen

Metode:
Kry ’n groot ponsbak en sny vrugte in sodat dit op die bodem lê. Voeg dan die drank by. Bedek met kleefplastiek en hou ten minste vir ’n halwe dag in die yskas voordat jy dit bedien.

NIE-ALKOHOLIES

KANEEL- EN APPEL WELKOMDRANKIE
Bestanddele:
1½ koppies bosbessiesap (cranberry)
1½ koppies appelsap
1½ koppies koue water
7 kruisement- en kaneelsuiglekkers of net pepperminte
1½ koppies Sprite Zero
Appelskywe

Metode:
Meng die sap, water en Sprite Zero saam in ’n groot houer. Roer die lekkers in. Bedek en verkoel tot die lekkers opgelos het (ten minste vier ure). Bedien saam met vars appelskywe individueel of in ’n groot houer.

KLASSIEKE LEMONADE
Bestanddele:
10 glase koue water
2 koppies suurlemoensap
1 koppie suiker met ’n knippie sout in

Metode:
Gooi die water in ’n groot houer en voeg die suurlemoensap by. Roer die suiker in totdat dit heeltemal opgelos het. Verkoel. Bedien afsonderlik of in ’n mooi houer en versier met suurlemoene.

Hierdie drankies kan natuurlik almal ook werk as welkomdrankies by by ander partytjies.

Majestic Weddings het vreeslike oulike idees vir welkomdrankies. Besoek beslis hulle webblad vir nog oulike weergawes hiervan.

Vir nog oulike trou-inspirasie, volg ons op Pinterest of Instagram.

Hooffoto: Top Wedding

Foto’s: Majestic Weddings, Expat Bride, Reflective Bride, Dawne Photography, The Entertaining Business, Esposa, Confetti Day Dreams, Colin Cowie Weddings, Pinterest.  

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA