wen charlize berg se nuwe cd
Charlize Berg se nuwe CD, As jy weet dis liefde, is pas vrygestel en twee gelukkige lesers kan elkeen ’n CD wen. Lees verder om uit te vind hoe.

Charlize Berg is ’n sangeres wat met niemand anders verwar kan word nie – haar stem is onmiskenbaar eiesoortig en ongetwyfeld een van die mees unieke wat nóg in Suid-Afrika gehoor is. Dié sanger en skrywer van Centurion het reeds vroeg in haar loopbaan opgang gemaak in die Afrikaanse musiekwêreld toe sy by Select Music – in die geselskap van onder andere Kurt Darren, Nicholis Louw, Ray Dylan en Elizma ­Theron – aangesluit het. Sy het al duette saam met Kurt Darren, Romanz, Jaco Berg en Kevin Leo opgeneem en, tesame met verskeie landwye radiotreffers, spog sy ook met ’n rits prestasies agter haar naam.

Haar derde, en nuutste, album As jy weet wat liefde is, is onlangs bekend gestel. Volgens Charlize kan mense uitsien na ’n vars en unieke album; een met die perfekte kombinasie van dansliedjies, saamsingliedjies en ballades. “Ek voel fantasties, asof ek weer my stem gevind het,” sê sy, “en ek kan nie wag om dit saam met my fans te vier nie! Ek dra my nuwe album aan hulle op – dié wat my ondersteun en die pad elke tree saam met my stap. Ek het ’n aandeel in die skep van meeste van die liedjies gehad en moet sê dat daar iets baie spesiaal aan die skryfproses is; dit is persoonlik en opreg. Ek was natuurlik bevoorreg om saam met talentvolle skrywers soos Bouwer Bosch, Johan C Venter, Joe Foster, André Scheepers, Roux Cloete en Emil Struwig te werk.”

Charlize beskryf die saamskryfproses as spontaan, waar inspirasie ongehinderd vloei. Tog, sê sy, put haar nuwe album grotendeels inspirasie uit die liefde – van opstaan nadat jou hart gebreek is, tot die punt waar die liefde jou toelaat om onvoorwaardelik jouself by ’n ander te wees. Omdat die liefdestema universeel is, glo sy dat haar nuwe CD ’n boodskap vir elkeen wat daarna luister, inhou.

Die titelsnit, As jy weet dis liefde, is reeds goed ontvang en gaan beslis ’n treffer wees by toues regoor die land. Vir meer inligting, besoek haar webblad.

WEN!
Twee gelukkige lesers staan ’n kans om Charlize se nuwe CD te wen. Al wat jy hoef te doen om in aanmerking te kom, is om die inskrywing te LIKE en SHARE en ook haar Facebook-blad te gaan LIKE.

Persverklaring: Danielle Barfoot

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA