Jo Black se nuwe CD, wat binne ’n week goueverkoopstatus bereik het, kan op jou rak pronk as jy inskryf vir ons kompetisie.

Almal van ons het al Jo Black se nuwe enkelsnit, Voel Jy Die Genade, oor die radio gehoor en dit is baie treffend.

Jo het Voel Jy Die Genade saam met Johan Vorster, Christoph “Appel” Kotze en Roan Ash geskryf, en dit is kenmerkend van die Jo Black-handelsmerk waarvoor almal so lief geword het – ’n Afrikaanse rocktreffer, met diep lirieke en selfs ’n dieper betekenis.

Die liedjie is deel van sy nuutste album, met dieselfde naam, wat tans beskikbaar is.

Die album bied ’n unieke mengsel van geloof, hoop en liefde en verklap nie net meer oor sy loopbaan sover nie, maar ook oor die dinge waarvoor hy dankbaar is. Dit bestaan uit ’n wye verskeidenheid snitte, wat sy emosiebelaaide weergawe van Leonard Cohen se Hallelujah insluit, en volgens hom mooi bymekaar gekom het aangesien dit nie vooraf so beplan was nie.“Ons het oor enigiets geskryf wat oor ons pad gekom het en, op ’n manier, dit reggekry om ’n goeie album saam te stel. Dit is net nog ’n bewys van genade. Die grootste uitdaging, was egter dat ek my eerste album oor 35-jaar geskryf het en net een jaar gehad het vir die tweede een,” vertel Jo Black.

Omdat sy musiek soveel lekker ritmes het en die mooiste woorde, is julle perfekte trouliedjie dalk ook net op die album weggesteek… jy weet nooit!

OM IN TE SKRYF OM JO BLACK SE CD TE WEN:
* Like en deel die inskrywing op Facebook;
* Like Jo Black en Starburst Promosies se blaaie;
* Vertel in die kommentaarblokkie hoekom jy dit moet wen; en
* Stuur skermgrepe van die stappe na annelien@bpwpprebuild.co.za

Die wenner word op 5 Maart 2019 aangekondig via e-pos. Indien jy dus nie van ons hoor nie, het jy nie gewen nie.

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA