12 dae van Kersfees
Dit is amper Kersfees en Troukoors en Anella Wedding Shoes wil lesers graag bederf met ’n heerlike geskenk. Lees verder om te sien hoe jy kan inskryf en wen.

Welkom by 12 dae van Kersfees! Troukoors, in samewerking met ons gunstelingdiensverskaffers, wil graag julle – ons getroue lesers – bederf vir Kersfees met 12 dae se gratis geskenke op ons blog en sosiale media.

Vandag se weggee is saam met Anella Weddings Shoes.

As jy vandag inskryf, kan jy die volgende geskenke wen:
6 pare hakbedekkers vir jou en jou strooimeisies;
1 x I do– en Me too-soolplakkers; en
1 stel Massaging Gel Pads om te verseker dat jou Anella-skoene heeldag gemaklik pas.

Anella het handelaars regoor die land om elke bruid met mooi skoene toe te rus. Hulle is bekend vir hul topgehalte skoene, wat die bruid sal laat dans sonder seer voete. Die tak wat die weggee doen is in Somerset-Wes geleë, so maak seker jy is in die omgewing voordat jy inskryf. Besoek gerus hulle webblad vir meer inligting.

12 dae van Kersfees Anella

SKRYF SO IN
LIKE hierdie post op Facebook, SHARE dit met jou vriende, LIKE ANELLA WEDDING SHOES SE FACEBOOK-BLAD en LEWER ONDERAAN KOMMENTAAR oor hoekom jy hierdie geskenk moet wen.

TERME EN VOORWAARDES
Die wenners van elke geskenk sal deur middel van ’n trekking gekies word en die keuse is finaal. Familielede van Troukoors en die betrokke diensverskaffer mag die weggee-promosie share, maar sal nie gekies word as wenners nie. Die wenners sal elke dag om 17:00 gekies en aangekondig word op Troukoors en die betrokke diensverskaffer se sosiale media-platvorms. Dit is die wenner se verantwoordelikheid om te reageer met sy / haar e-posadres, waarna ons ’n e-pos sal stuur aan die diensverskaffer sal stuur. As die wenner nie binne een week reageer nie, verbeur hy/sy die geskenk en sal daar ’n nuwe wenner gekies word. Omdat dit so naby aan die einde van die jaar is, sal die geskenke eers in Januarie 2016 gepos word deur die diensverskaffer.  Hierdie prys is net geldig tot Februarie 2016 en passings sal slegs op ’n afgespreekte tyd in Somerset-Wes plaasvind.

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA