musiek
Musiek kan jou troue maak of breek, daarom is dit belangrik om die regte platejoggie vir hierdie baie spesiale werk te kies. Ons het met Nitelife Productions gaan gesels om uit te vind wat dit alles behels.

Die beste manier om die musiek, dekor, kos, fotograaf en al die ander dinge waaruit ’n troue bestaan te kies, is om jou huiswerk behoorlik te doen en raad van die kenners te kry. Ons het met Geoffrey Ras van Nitelife Productions gaan gesels oor musiek by ’n troue en hoe om die regte besluite daaromtrent te neem.

VERTEL ONS MEER OOR NITELIFE PRODUCTIONS?
“Ek werk al met musiek en klank vandat ek nog op skool was. Dit is nou al meer as tien jaar my passie en tydverdryf, alhoewel ons eers in 2014 voltyds daarmee begin en ’n besigheid daarvan gemaak het. Voor dit moes ek eers ervaring opdoen en leer oor alle aspekte van klank en musiek. Wat begin het as musiek vir vriende en kennisse, het gegroei tot ’n volwaardige besigheid. Ons het begin met twee tot drie platejoggies totdat die woord versprei het en ons in ander dorpe besprekings begin ontvang het. Ons het natuurlik al baie gereis en toe het ons begin om platejoggies in ander dorpe en stede te gebruik wat ons ken en kan vertrou. Vandag is ons gebaseer in Pretoria, maar het meer as 40 DJ’s wat regoor die land vir ons werk.”

WAT ONDERSKEI NITELIFE PRODUCTIONS VAN SOORTGELYKE DIENSVERSKAFFERS?
“Ons glo aan bekostigbare diens omdat ons weet hoe duur ’n troue kan wees. Buiten vir dit, doen ons soveel moeite – nie net op die dag nie, maar ook voor die tyd met die beplanning ensovoorts. Ons glo aan ’n persoonlike diens en om die paartjie ook te leer ken sodat ons net die beste diens kan bied op hulle troudag. Omdat ons al by soveel troues gewerk het, weet ons wat werk en wat om voor te stel aan die kliënte.”

HOE KAN JULLE DIENS ’N GEWONE TROUE VERANDER IN IETS UITSONDERLIK?
“Ons mik altyd vir uitsonderlike troues of iets wat “WOW” is. As die kliënt slegs iets basies soek, dan doen ons dit so. Maar ons sal altyd bykomende dienste soos beligting of spesiale effekte aabeveel, want buiten vir goeie musiek, bied ons meer as net klankdienste. Ons werk saam met soveel verskillende diensverskaffers dat ons selfs raad op ander terreine of aspekte van die troue kan bied en is al goed gekonfyt om selfs jou troue te kan beplan van niks tot iets uitsonderlik. Ons doen koördineering as ’n aparte aspek van ons besigheid.”

HOEKOM DINK JY IS ’N GOEIE TROU-DJ BELANGRIK?
“Sonder ’n goeie venue, lekker kos en goeie geselskap op die dag, kan niks ’n troue se atmosfeer meer demp as slegte musiek, oorverdowende klank of swak toerusting nie. Jou platejoggie maak die partytjie en daarom is dit so ’n groot risiko om iemand te kies wat nie weet wat hy of sy doen nie, of nie die ervaring het om jou gaste die tyd van hul lewe te bied nie.”

WATTER TIPE OPSIES IS BESKIKBAAR?
“Ons kan dienste lewer aan paartjies wat slegs iets basies soek tot die paartjie wat die dak wil lig en groot wil gaan op die belangrikste dag van hulle lewens. Ons glo aan goeie en mededingende pryse en het deeglike marknavorsing gedoen om slegs die beste te kan bied. Dit gaan nie oor hoeveel jy betaal nie, alhoewel daar ’n minimum is om ’n diens te kan bied, glo ons meer daaraan om elke paartjie se dag “WOW” te maak.”

WATTER TIPE MUSIEK IS TANS GEWILD BY TROUES EN HOEKOM?
“Baie paartjie verkies vasdansmusiek omdat dit ’n liefdevolle atmosfeer skep en die meeste gaste genooi is met ’n ‘plus een’. Lekker losdansmusiek is ook altyd gewild, soos hulle sê – hoe later hoe kwater.”

AS JY VIR PAARTJIES RAAD KAN GEE OOR HULLE MUSIEKKEUSES OP DIE DAG, WAT SOU DIT WEES EN HOEKOM?
“Ons glo dat die kliënt die beste waarde vir sy geld moet kry en moedig hulle dus aan om liedjies te kies wat gepas is vir die formaliteite van die dag. Alhoewel ons aanbevelings en hulp bied rakende elke aspek, en ook ons eie diskressie kan gebruik, is elke snit wat gespeel word op die dag van kardinale belang om luistergenot te bied. Spandeer tyd aan jou musiekkeuses, want dit maak of breek jou aand. Speel musiek wat gepas is en vra jou platejoggie vir voorstelle en raad met betrekking tot die musieksoorte wat julle geniet om na te luister. Onthou ook om almal te akkommodeer op jou dag, want – soos hulle sê – daar is ’n tyd en plek vir alles om gespeel te word.”

WAT IS DIE VREEMDSTE / INTERESSANTSTE VERSOEK WAT JY NOG OOIT GEHAD HET?
“Daar was al ’n hele paar, maar kom ons fokus op die interessantste versoeke… Ons het al ’n bruidspaar gehad wat lae rook wou gebruik met hulle instap by die onthaal. Daar was dus ’n mistigheid agter hulle toe hulle instap en dit was meer van ’n hoogtepunt as hulle openingsdans – iets anders en uniek. Ons het ook al ’n sneeupartytjie met borrels gehad waar die gaste sopnat geword het op die dansvloer. Dit was ook ’n baie interessante aand.”

WAT IS JOU BESIGHEID SE MOTTO?
“Waarde vir geld, asook goeie en vriendelike diens.”

AS JY ’N TROUMUSIEKLYS MOES OPSTEL, WATTER MUSIEK SOU JY KIES?
“Dit is ’n baie belangrike vraag, maar om dit in ’n neutedop op te som, goeie en gepaste musiek. Die meeste mense wil nie wilde musiek op hul troudag hê nie, al mag daar een of twee wees wat dit geniet. Dit gaan daaroor om die grootste deel van die gehoor tevrede te stel en ’n ietsie van alles te speel. Daar is soveel musiek om van te kies vir oud en jonk en daar is geen rede om iets te herhaal nie. Jy het ook net soveel ure om slegs die beste te kan gebruik, ’n troue is ook net so lank. So maak seker julle kies dit waarvan julle hou en vra raad van vriende en ander diensverskaffers om slegs die beste keuses te maak vir julle spesiale dag. Lekker beplan!”

WEN!
Een gelukkige paartjie kan Nitelife Productions se Legendary I DO-pakket vir hulle troue wen, ter waarde van R5 500! Al wat jy hoef te doen om in aanmerking te kom is om:
* Die pakket te bespreek en ten volle te betaal in September (alle Troukoors-bruide sal 20% afslag ontvang);
* Nitelife Productions se Facebook-blad te like;
* Nitelife Productions te inbox met jou naam, kontaknommer en troudatum en te noem dat jy ons op Troukoors se blad gesien het; en
* Om hierdie inskrywing op Facebook te like.

Die wenner aan die einde van September kies.

Foto: Intelligent Sounds

————————————————————————————

ONS HET WEER 50 EKSEMPLARE VAN GRETHA WIID & TROUKOORS SE TROUBOEK ONTVANG! SPAAR R44.90 AS JY ALBEI NOU BESTEL…

Spesiale_aanbod_Die_Trouboek

BESTEL DIE TROUBOEK EN TROUKOORS TYDSKRIF
(POSGELD INGESLUIT):
Betaal R170 in ons bankrekening in:
MonCheri Events and Productions CC
Rek: 189 103 463 4 (Tjek)
Tak: 189 137
Nedbank Vaal Mall
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer en e-pos met jou adres na info@bpwpprebuild.co.za
Kliek hier vir meer info en opsies: https://www.troukoors.co.za/koop-die-tydskrif/

———————————————————————————

 

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA