Wenke vir wanneer jy ring koop
Buiten vir die stres om die groot vraag op die perfekte manier te vra, kan die koop van die ring ook ’n groot uitdaging wees omdat daar so baie opsies beskikbaar is. Piccolo Fine Designer Jewellery gee raad om hierdie takie makliker te maak.

Alles is gereël vir die oomblik waarop jy die vrou in jou lewe gaan verras met die groot vraag – die plek, die sjampanje, die kos… maar jy sukkel nog om die perfekte ring uit te kies omdat jy nie weet watter een die mooiste aan haar vinger gaan vertoon of waarvan sy gaan hou nie. Hier is raad om seker te maak dat jou finale keuse haar asem wegslaan

HAAR JUWELE STYL IS WAT TEL. Jy kan ’n goeie idee van jou toekomstige bruid se juweelstyl kry deur waar te kyk watter tipe juwele sy elke dag dra. ’n Verloof- of trouring sal natuurlik iets meer spesiaal wees, maar dis glad nie nodig om haar te verras met ’n antieke styl ring as sy slegs moderne juwele dra nie! Vind ook uit of sy meer van wit of geel edelmetale hou en of sy wit of gekleurde stene sal verkies. Vensterinkopies by ’n paar juwelierswinkels kan ook help, omdat dames gewoonlik aangetrokke sal wees tot juweliersware in die styl wat hulle verkies.

HAAR RINGGROOTTE IS WAT ELKE JUWELIER SAL WIL WEET en dit is noodsaaklik vir ’n perfekte pas! As jou aanstaande nie die groot vraag verwag nie, kan haar ringgrootte nie die maklikste stukkie inligting wees om te kry nie. Gebruik enige ringaanpassery om aandag te skenk aan haar ringgrootte; indien die grootte nie sigbaar op die ring is nie, vra vir die winkel-assistent wat die grootte is. As jy nogsteeds geen idee van haar ringgrootte het nie, is dit ’n goeie idee om ’n ring saam te vat wat sy gereeld aan een van haar ringvingers dra.

JOU BEGROTING IS DIE BEPALENDE FAKTOR oor die opsies wat jy kan oorweeg vir die verloofring. Daar word gemiddels een tot drie maande se inkomste aan ’n verloofring spandeer (hierdie is slegs ’n aanduiding, jou finansiële posisie sal die finale sê hê oor hoeveel jy kan spandeer). Onthou ook dat dit gewoonlik nie stop by ’n verloofring nie, maar dat troupante dikwels by die verloofring gelas sal word vir die troudag. Baie faktore sal die koste van die verloofring bepaal – jou juwelier sal raad hê oor die verskillende ontwerpopsies, metaal- en steenkeuses wat binne jou begroting sal pas.

Ons kwotasie is ’n interaktiewe proses van oorwegende opsies wat binne jou begroting sal pas. Soms neem dit ’n paar dae om ’n kwotasie te finaliseer, terwyl ons die ideale stene vir jou soek. Indien jy verkies om ’n paar kwotasies van verskeie juweliers aan te vra, maak seker dat jy appels met appels vergelyk! Die verskil in die karaatgewig of suiwerheidsgradering van ’n diamant kan ’n aansienlike verskil aan die prys maak.

OOR PICCOLO
Piccolo Fine Designer Jewellery is in 2008 gestig deur Johann en Suvette Claassens. Dis ’n besigheid wat gebou is op passie en toewyding om die onvergeetlike te skep. Hulle ontwerp en vervaardig volgens jou vereistes en begroting, terwyl hulle jou deur al die verskillende stappe van keuse en besluitneming lei. Hulle diens is op die kliënt gefokus! Piccolo maak gebruik van handvaardighede, asook moderne gerekenariseerde ontwerperstegnologie (CAD). Kliënte kry dus ’n 3D-wasmodel van die gerekenariseerde ontwerp om te verseker dat die finale stuk voldoen aan sy / haar behoeftes.
Hulle streef daarna om uniek te wees en werk hand-aan-hand met kliënte deur al die fases van produkskepping: van ’n rowwe konsepuiteensetting tot ’n gedetailleerde ontwerp, en uiteindelik die vervaardiging van ’n unieke juweelstuk. Uitgesoekte verskaffers verseker die beste moontlike pryse en gehalte van metale, diamante en edelstene.

wenke vir wanneer jy ring koop 2

Kontak hulle ​​nou om jou reis te begin om ’n unieke Piccolo Fine Designer Jewellery-juweelstuk te besit by
info@piccolo-jewellery.co.za of 083 396 6179.

Hooffoto: NY Post
Ringe: Piccolo Fine Designer Jewellery

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA