wyn
Wyn is een van die opsies wat jy op jou troutafels kan plaas vir jou gaste om te geniet. Dit kan selfs jou dankiegeskenkies wees as jy reg kies, so maak seker jy maak die regte besluite.

Wyn is ’n baie bekostigbare manier om ’n paar mense op ’n slag by jou troue te bederf. Maar wat kies jy – wit of rooi, soet of droog? Hier is ’n paar wenke om jou besluit makliker te maak.

KIES OU GUNSTELINGE
Party wynsoorte, soos Four Cousins, Drosdy Hof, Grünberger en die Saint-wynreeks, is nou maar een maal gewild. Dit is nie noodwendig so duur nie, maar almal hou daarvan en dit is dus goeie waarde vir geld. Belê dus daarin, eerder as uitspattige duur wyn wat niemand wil drink nie. Vermengings en Shiraz is gewoonlik ’n beter rooiwynkeuse as iets swaarder, terwyl Soet of Semi-Soet gewild is wanneer dit by witwyn kom.

KIES IETS SPESIAAL VIR DIE BRUIDSTAFEL
As daar ’n spesifieke wyn is wat vir julle spesiaal is, bederf julself met ’n bottel op die bruidstafel. Dit is immers julle spesiale dag en dit gaan nie noodwendig in almal se smaak val nie.

MOENIE NET WYN KIES NIE
Daar is mense wat nie wyn drink nie, so maak seker daar is ander opsies beskikbaar. Craft Beer is nogal gewild deesdae en ook bekostigbaar. Welkomkelkies, vrugtesap en gebottelde water is ook ’n welkome afwisseling.

DOEN DIE KONTANTKROEG-DING
Jy hoef nie noodwendig al die drinkgoed te betaal nie, troues is reeds so duur. Gee ’n paar bottels wyn, maar laat jou gaste die res by die kroeg aanskaf op hulle eie onkoste.

MOENIE VAN DIEGENE VERGEET WAT NIE DRINK NIE
Maak seker dat jy druiwesapopsies of alkoholvrye mengeldrankies beskikbaar het om hierdie gaste ook welkom te laat voel.

Foto: Pinterest

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA