wyn
Wyn en ander drankies word dikwels voorsien deur die gasheer en gasvrou by ’n troue. Maar hoe kies jy watter wyn en drinkgoed die beste sal wees vir jou mooiste dag? Hier is ’n paar opsies.

Daar is slegs 50 eksemplare van DIE TROUBOEK by ons kantoor oor wat jy teen spesiale afslag kan koop! Maak sommer nou dadelik (betroubare posdiens word gebruik – 100% van ons pakkies bereik hul eindbbestemming). Spaar boonop R44.90 as jy Die Trouboek & Troukoors tydskrif nou bestel! Kliek hier vir ons bankbesonderhede.

Bestel_Troukoors
———————————————————————————————–

Daar is heelwat soorte wyn en drinkgoed om van te kies vir jou troudag – as jy nie lus is vir pons of skemerkelkies nie. Hier is ’n paar opsies om te oorweeg.

WITWYN
NEETHLINGSHOF MARIA NOBLE LATE HARVEST
Die naam gee nogal baie weg van wat jy van hierdie klein botteltjie wyn kan verwag. Dit is ʼn stylvolle versnit wat bestaan uit ʼn mengsel van Riesling en Sauvignon Blanc. Elke mondvol van hierdie ligte wyn sal jou laat dink aan soet lekkernye soos heuning, vrugtekoek en ʼn kombinasie van lekker vars vrugte. Dit word individueel in ronde boksies verpak en is die ideale geskenk om vir ’n paartjie te gee op hulle troudag of om jou trougaste mee te bederf.
LEKKER SAAM MET peuselhappies soos sterk kaas en beskuitjies, ingelegde vye en neute, so oorweeg om dit saam met vingerhappies en kaasborde voor die onthaal te bedien.

SWARTLAND MOSCATO
‘ʼn Witwyn met ʼn twist’, is seker die beste manier om hierdie heerlike tafelwyn te beskryf en dit is baie bekostigbaar – die tipe wyn wat jy op elke tafel by jou troue kan sit. Dit voel letterlik asof jy ʼn happie vat van ʼn sappige Granny Smith-appel wanneer jy jou eerste slukkie vat. Dis presies die regte kombinasie van soet en suur en word afgerond met ’n aroma van blomme, lemmetjie en heuning. Hoe kouer die wyn, hoe meer word die smaak uitgebring – so hou dit in die yskas.
LEKKER SAAM MET al die yummy dinge in die lewe soos nagereg, vars vrugte en selfs saam met roomys.

wyn_2

ROOIWYN
PERDEBERG CABERNET SAUVIGNON
Hierdie wyn het ʼn diep pers kleur met aromas van swartbessie en pruim wat duidelik teenwoordig is. Dit word gekomplementeer deur ʼn effense ondertoon van vanielje wat dit regtig sag maak op die tong. ʼn Vrugtige nasmaak word agtergelaat, wat jou sal verlei om ʼn glasie of twee meer te geniet as wat jy wou. Dit is ook beskostigbaar en die ideale tafelwyn vir jou troue.
LEKKER SAAM MET geregte met sterk geure soos hoender- en lamskerrie, asook trooskos soos hoenderpastei en bredies. Dis ook die perfekte pasmaat vir steak.
 
CAFÉ CULTURE PINOTAGE
Ondertone van mokka, sjokolade en toffie kan duidelik in dié unieke Pinotage geproe word. Hierdie geure is vermeng met die aroma van vars bessies wat aan die wyn ʼn fluweelsagte en baie sappige struktuur verleen en dit sommer baie maklik maak om te drink.
LEKKER SAAM MET tipiese wintersgeregte soos bredies, sop of pasta en natuurlik lekker soet sjokolade-nageregte. Kan goed werk vir ’n wintertroue.

ANDER DRANKIES
SIDEKICK® COOKIES & CREAM
As die woordjie hemels in ʼn skootglasie bedien kon word, sou dit beslis in die vorm van Cookies & Cream gedoen kon word. Hierdie romerige likeur proe net soos die tennisbeskuitjies wat jou ouma altyd vir jou gekoop het om in jou koffie te doop wanneer jou oë oopgaan in die oggend… en is eintlik te lekker om waar te wees. Dit is egter ook nie die enigste liplekker likeur in Sidekick® se uitgebreide reeks nie. Jy kan jouself ook met ander geure soos Strawberries & Cream, Toffee Caramel en ChocMint bederf. Sidekick® se produkte is baie versatile en kan op verskeie maniere geniet word – soos in een van die drankiebome wat by sommige trou-venues beskikbaar is.

AFRICAN RUBY ROOIBOS VERMOUTH
Daar is darem niks wat jou so vinnig warm laat voel wanneer dit koud is, soos ʼn lekker soetwyn, port of sjerrie nie en dit is by verre die gewildste welkomdrankie by troues. Daarom kan dit nie skade doen om seker te maak jy het so ʼn bottel of twee vir julle mooiste dag nie… en Klawer Wine Cellar het net wat jy nodig het! Hulle African Rugby Rooibos Vermouth word gemaak van een van Klawer se bekende gefortifiseerde dessertwyne met Muscat-ondertone. Hierdie drankie is verder verryk met ʼn mengsel van Rooibos en Boegoe, wat volgens navorsing ook goed is vir jou gesondheid. Die bestanddele bevat verder ook geen kaffeïen, kleurmiddels of preserveermiddels nie. Die eindresultaat is ʼn heerlike, soet nageregwyn wat sysag is op die tong, jou maag met ʼn heerlike warmte sal vul en jou smaakkliere met ʼn pikante langblywende nasmaak sal bederf. Probeer dit, jy sal nie spyt wees nie!

Hooffoto: Go Brazil Wines

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA