Troukoors – Wedding Magazine, Directory & Blog South Africa - Troukoors – dis aansteeklik | South African Wedding Magazine, Wedding Directory & Wedding Blog
  • TUISBLAD
  • ARTIKELS
    • Inspirasie
    • Beplanning
    • Doen-dit-self
    • Gesondheid
    • Mode
    • Resepte
    • Skoonheid
    • Troues
    • Verhoudings
    • Ander
  • DIENSVERSKAFFERS
    • Beplanning, Stilering & Koordinering
    • Blomme
    • Bruidegom
    • Dekor, Drapering & Verhuring
    • Foto’s
    • Geskenke
    • Grimering
    • Hare
    • Juwele
    • Koordinering
    • Musiek
    • Rokke & Mode
    • Skoene
    • Skryfbehoeftes
    • Spyseniering
    • Troukoek
    • Venues
    • Vervoer
    • Video’s
    • Wetlik
    • Wyn
  • WINKEL
    • BESTEL DIREK EN SPAAR
    • TROUKOORS SE KLEIN SWART BOEKIE OOR TROUES
    • KETTINGWINKELS
  • WEN
    • Bederfgoed vir jou troeteldier
    • Trouwebblad
    • Geskenkbewys
    • Skoonheidsbederfpak
    • Gesigbehandelings
    • Troumusiekgeskenkpak
    • DVD-geskenkpak
    • Silwer oorbelle
  • ADVERTENSIES
  • KONTAK ONS
TUISBLAD
ARTIKELS
    Inspirasie
    Beplanning
    Doen-dit-self
    Gesondheid
    Mode
    Resepte
    Skoonheid
    Troues
    Verhoudings
    Ander
DIENSVERSKAFFERS
    Beplanning, Stilering & Koordinering
    Blomme
    Bruidegom
    Dekor, Drapering & Verhuring
    Foto's
    Geskenke
    Grimering
    Hare
    Juwele
    Koordinering
    Musiek
    Rokke & Mode
    Skoene
    Skryfbehoeftes
    Spyseniering
    Troukoek
    Venues
    Vervoer
    Video's
    Wetlik
    Wyn
WINKEL
    BESTEL DIREK EN SPAAR
    TROUKOORS SE KLEIN SWART BOEKIE OOR TROUES
    KETTINGWINKELS
WEN
    Bederfgoed vir jou troeteldier
    Trouwebblad
    Geskenkbewys
    Skoonheidsbederfpak
    Gesigbehandelings
    Troumusiekgeskenkpak
    DVD-geskenkpak
    Silwer oorbelle
ADVERTENSIES
KONTAK ONS
  • TUISBLAD
  • ARTIKELS
    • Inspirasie
    • Beplanning
    • Doen-dit-self
    • Gesondheid
    • Mode
    • Resepte
    • Skoonheid
    • Troues
    • Verhoudings
    • Ander
  • DIENSVERSKAFFERS
    • Beplanning, Stilering & Koordinering
    • Blomme
    • Bruidegom
    • Dekor, Drapering & Verhuring
    • Foto’s
    • Geskenke
    • Grimering
    • Hare
    • Juwele
    • Koordinering
    • Musiek
    • Rokke & Mode
    • Skoene
    • Skryfbehoeftes
    • Spyseniering
    • Troukoek
    • Venues
    • Vervoer
    • Video’s
    • Wetlik
    • Wyn
  • WINKEL
    • BESTEL DIREK EN SPAAR
    • TROUKOORS SE KLEIN SWART BOEKIE OOR TROUES
    • KETTINGWINKELS
  • WEN
    • Bederfgoed vir jou troeteldier
    • Trouwebblad
    • Geskenkbewys
    • Skoonheidsbederfpak
    • Gesigbehandelings
    • Troumusiekgeskenkpak
    • DVD-geskenkpak
    • Silwer oorbelle
  • ADVERTENSIES
  • KONTAK ONS
FacebookPinterestInstagram
Troukoors – Wedding Magazine, Directory & Blog South Africa - Troukoors – dis aansteeklik | South African Wedding Magazine, Wedding Directory & Wedding Blog
May 17, 2022 Uncategorized

Troue met ’n elegante, tydlose atmosfeer

Julian en Claire Tabone wou ’n stylvolle troue hê en het gaste se asems weggeslaan met hulle keurige dekor en elegante atmosfeer.

Julian en Claire het heel toevallig in ’n restaurant in Hazelwood ontmoet toe sy uit was saam met haar vriendin, en ook haar strooimeisie, Suné, en hy saam met sy vriend en strooijonker, Henri (wat die meisies toevallig ook geken het). Hulle het van die eerste oomblik af tot mekaar aangetrokke gevoel en die res is geskiedenis!

Hulle het in die Kaap verloof geraak na ’n staptog in Lions Head, waarna hulle dit met ’n glasie vonkelwyn gaan vier het in hulle pragtige see-uitsig woonstel in Kampsbaai.

Johan Ungerer van Johan Ungerer Signature Weddings vertel meer oor die beplanning van hulle troue.

WAT WAS DIE TEMA VAN DIE TROUE?

“Daar was geen spesifieke tema nie, maar die einddoel was om ’n tydlose, moderne, elegante en stylvolle atmosfeer te skep vir die paartjie en hulle gaste.”

HOEKOM HET JULLE HIERDIE SPESIFIEKE KLEURSKEMA GEBRUIK?

“Die kleurskema van die troue wat swart, wit, olyfgroen en roosgoud. Ons wou wegbeweeg van alledaagse kleurkombinasies en ’n dramatiese effek skep met die dekor.”

WATTER KLEURE EN TEMAS IS TANS GEWILD?

“Sagte en neutrale klere is baie gewild, in skakering van sagte pienk, olyfgroen, klassieke blou en verskeie aardse kleure.”

OM BLOMME EN DEKOR TE KRY WAT JULLE KLEURSKEMA PAS, MOES ’N UITDAGING GEWEES HET – WAAROP HET JULLE BESLUIT?

“Die dekor is oorheers deur swart elemente soos tafeldoeke, servette, kerse, kandelare, tafelnommers en spyskaarte, wat versag is deur wit, groen en roosgoud elemente. Ons het wit blomme gebruik om die prentjie mee af te rond.”

HOEKOM IS ’N GOEIE TROUBEPLANNER BELANGRIK?

“Dit maak die reis vir die paartjie baie maklik en verminder die stres wat hulle rondom die troue ervaar, sodat hulle net kan fokus op die dag en om dit te geniet.”

HOE KAN JY ’N TROUE REËL EN STEEDS JOU BEGROTING LAAT KLOP?

“Alles gaan oor beplanning. Besluit op jou begroting en hou daarby. Jy het nie ’n reuse-begroting nodig om jou troue stylvol te maak nie. Hou dinge eenvoudig en moenie oorboord gaan met alles nie. Dis die detail en eenvoud wat jou troue stylvol en perfek gaan maak.”

HET JY ENIGE RAAD VIR PAARTJIES WAT GAAN TROU?

“Geniet elke oomblik van die beplanning, want dis ook ’n groeiproses waarin julle mekaar beter leer ken. Doen wat julle wil en waarvan julle hou en moenie bekommerd wees oor wat ander mense dink nie. Daar is baie diensverskaffers wat nie buitensporig duur is nie en graag wil help om jou drome waar te maak, so kies goed.

Claire voeg by: “Wees oop vir idees en druk jou persoonlike stempel op jou troue af. Kies en belê in ’n troubeplanner wat jou behoeftes verstaan en aandag gee aan die detail. Johan was ongelooflik en het dadelik verstaan wat ons wil hê. Hy het binne ons begroting gebly en deurgaans met ons gekommunikeer. Hy het ook baie effektief en professioneel met ons familie, gevolg en ander verskaffers gewerk. Geniet elke oomblik van jou troudag en skep herinneringe wat jy vir altyd sal koester. Dis immers die begin van julle lewens saam.”

DIENSVERSKAFFERS:

Plek en Spyseniering: Chez Charlene Wedding Venue

Koördinering: Johan Ungerer Signature Weddings

Blomme: DITU Consultants

Troukoek: Sweetly Detailed

Drankies: Deetlefs Wine Estate

Dekor: Lampyridae Lights, Chez Charlene Wedding Venue

Skryfbehoeftes: Johan Ungerer PR & Marketing (ontwerp) en Minuteman Press Lynnwood (drukwerk)

Dankiegeskenke: Nicole’s Macaroons

Foto’s en video: Diverse Studio

Vermaak: Gloriosa Music

DJ en beligting: Thabiso Khambule

Trourok: Michelangela Bridal Boutique

Troupakke: Black Tie

Hare: Hair Arte’

Grimering: Halouw Make-Up Academy

Ringe: C.H. Diamonds

 

 

FacebookTwitterPinterestGoogle +Stumbleupon
Oct 7, 2021 Uncategorized

Aantrekwenke vir gaste by troues

Rianca de Wet van klerekas.com gee vandag raad oor wat gaste moet aantrek vir troues… wanneer die “dress code” nie noodwendig vir almal sin maak nie. Lees verder om meer te hoor.

Elke bruilof is ’n fees wat sáám gevier word. Alhoewel die bruidspaar se uitrustings natuurlik die meeste aandag trek, dra die gaste se uitrustings tog by tot die hele atmosfeer van troues.

In vandag se tyd is die kleredrag by troues nie meer slegs streng formeel en tradisioneel nie. Moderne troues se kleredrag wissel van formeel, tot semi-formeel, informeel of selfs “kom soos jy is, dis ’n bring-en-braai”.

Indien jy bekommerd is oor wat om aan te trek, hier is ’n paar wenke om in ag te neem wanneer jy jou keuse vir ’n trou-uitrusting maak.

Die seisoen en klimaat waarin die troue plaasvind, gaan hoofsaaklik bepaal watter soort uitrusting gekies word. ’n Swaar langmourok gaan heeltemal te warm wees in die somer, terwyl ’n kortmou rok ysigkoud kan wees in die winter; dan is ’n baadjie of ’n elegante stola weer nodig.

Die troulokaal gaan ook jou keuse beïnvloed. Jou rok moet baie formeel wees vir ’n swierige troue by formele troulokaal, waarteenoor gemakliker en minder formele troulokale, ’n minder formele uitrusting verlang.

Dis belangrik om ook die troukaartjie te raadpleeg oor hoe formeel die kleredrag vir die troue moet wees. Die bruid is natuurlik die spil waarom alles draai, so dit is belangrik om haar keuse te respekteer en daarvolgens aan te trek.

Deesdae stel die bruidspaar baie keer ’n kleurkaart vir gaste voor, waarvolgens hulle dan moet aantrek, sodat die gaste se uitrustings mekaar komplementeer wanneer almal saam afgeneem word.

Onthou dis die bruid se sonskyndag! Al sou jy dit nie noodwendig so gedoen het nie, neem haar behoeftes in ag en probeer ’n uitrusting kies wat min of meer by die voorgestelde kleure vir die troue pas.

Indien die kaartjie sê die drag is formeel, behoort vrouens formele lang rokke, deftige cocktail-rokkies of stylvolle eenpakke aan te trek. Mans behoort ’n deftige broek, knopieshemp en baadjie aan te trek. ’n Das of strikdas is opsioneel.

’n Skemerkelk-funksie verlang ’n uitrusting wat bietjie meer formeel as informeel is, maar minder formeel as formele drag. Cocktail-drag is deesdae baie gewild vir troues. Dis ’n stylvolle balans tussen elegant en gemaklik. Eerder as ’n formele lang rok, kan dames korter rokkies, knie-lengte of midi-rokke dra. Mans dra steeds ’n deftige broek, knopieshemp en baadjie.

Indien die kleredrag semi-formeel is, is dit belangrik om die tyd van die dag wanneer die troue plaasvind in gedagte te hou. Dra donkerder kleure indien die troue in die aand is, en ligter kleure en materiale vir ’n oggend-troue. Mans kan ’n langbroek en informele knopieshemp aantrek. Hou weereens die tyd van die dag ingedagte wanneer hy besluit op die kleur van sy knopieshemp, donkerder kleure werk beter vir die aand en ligter kleure is meer gepas vir die oggend.

Informele kleredrag beteken die geleentheid sal baie meer gemaklik wees. Dames kan ’n somersrokkie of mooi rompie en bloes dra. Vermy eerder ’n denim en ’n T-hemp, dit bly steeds ’n spesiale geleentheid. Wighakskoene of stylvolle sandale is mooi opsies vir dameskoene. Mans kan meer informeel aantrek, maar bêre eerder die T-hemde,  gholfhemde en tekkies vir sportgeleenthede.

MOETS EN MOENIES VIR DIE TROUGASTE:

  • Onthou dit is ’n teken van respek om elegant aan te trek.
  • Bly weg van wit, ivoor, room of ligte sjampanje! Dis die bruid se spesiale dag en hierdie kleure is gereserveer vir haar uitrusting.
  • Maak seker dat jou klere nie gekreukel is nie.
  • Moenie ongemaklike, te klein of te kort uitrustings aantrek nie.
  • Neem die lokaal ingedagte wanneer jy jou skoene kies, grasperke kan baie maklik jou hakskoene se hakke verniel en in die grond laat insak, dra eerder blokhakskoene of wighakskoene in hierdie geval.
  • Tensy dit ’n strandtroue is, los jou plakkies by die huis.

Of jy ’n elegante aandrok, ’n modieuse knie- of enkellengte rok, of selfs ’n gestruktureerde eenstukbroekpak aantrek, dis belangrik om ’n uitrusting te kies waarin jy goed voel sodat jy die bruilof sáám met die bruidspaar kan geniet!

Besoek gerus www.klerekas.com vir pragtige klere, toebehore en skoene wat die koppe sal laat draai.

Foto: The Knot

 

FacebookTwitterPinterestGoogle +Stumbleupon
Sep 30, 2021 Uncategorized

EKSKLUSIEF: FRANK & I SE JOHAN BRITS TROU!

Johan Brits, lid van die gewilde gospel-musiekgroep Frank & I, het die afgelope naweek trou beloof aan die liefde van sy lewe, Elzaan Kriel. Hier is die eerste amptelike foto’s van hulle sprokiesdag.

Johan en Elzaan het op sy verjaardag op Clifton se strand ontmoet en sy het dadelik geweet dat hy die man is vir haar. Hulle was uit die staanspoor onafskeidbaar en het mettertyd besluit om te trou by 12 Apostles Hotel & Spa, waar hulle ook verloof geraak het, in die Kaap. Hulle verklap meer oor hulle mooiste dag.

WAT IS DIE TEMA VAN DIE TROUE EN WATTER ATMOSFEER WIL JULLE SKEP? 

“Ons het besluit op ’n klassieke black-tie-tema. Ons droom was nog altyd om ’n meer formele troue te hê en weg te beweeg van die tradisionele wynplaas tipe troue. Ons wou hê ons gaste moet soos celebs voel wanneer ons trou.” 

WAT IS DIE KLEURSKEMA EN HOEKOM HET JULLE DAAROP BESLUIT?

“Die kleurskema is swart en wit. Dit komplementeer die tema van ons troue en is ’n veilige opsie wat jou nooit in die steek laat nie.”

IS DAAR ENIGE SELFDOEN-PROJEKTE WAT JULLE VIR DIE TROUE AANGEPAK HET?

“Ja, daar is. Johan is in die musiekbedryf en is baie kreatief. Ek is sy grootste bewonderaar. Hy het self die liedjie geskryf en opgeneem waarop ek in die kerk ingestap het en dit was baie spesiaal.”

HOEKOM HET JULLE OP DIE VENUE BESLUIT?

“Dit is ’n baie spesiale storie. Ons het altwee ’n groot liefde vir die see en het 12 Apostles se Spa en Restaurant altyd geniet wanneer ons spesiale oomblikke gevier het. Ons bid gewoonlik oor alles en het gevoel dat God se hand in die besluit was om hier te trou.” 

HET JULLE ENIGE RAAD VIR PAARTJIES WAT OP TROU STAAN?

“Eerstens moet jy seker maak jy trou met die regte persoon en tweedens is dit belangrik om te bid oor alles en in elke besluit 100% vrede te hê en nie onnodig te bekommer oor “dinge” nie.” 

WAT DINK JULLE IS DIE BOUSTENE VAN ’N GESONDE VERHOUDING?

“Eerstens moet jy seker maak dat jou verhouding die Here se wil is. Ons glo ook dat kommunikasie baie belangrik is en ook om mekaar op te bou in die verhouding. Ons sal ook altyd die beste weergawe in alle opsigte vir mekaar te wees.” 

WAT HET JULLE DIE MEESTE GENIET VAN JULLE TROUBEPLANNING?

“Sjoe, dit was ’n groot voorreg om te sien hoe al ons beplanning daagliks meer-en-meer ’n werklikheid word. Een van die hoogtepunte was definitief om vooraf die kos te kon proe vir ons troudag.”

Die paartjie se troudag was baie spesiaal en sal iets wees wat hulle en hul gaste nog vir lank sal onthou.

DIENSVERSKAFFERS

Plek, koördinering, spyseniering en drankies: 12 Apostles Hotel and Spa 

Blomme en dekor: La Chandeleur

Troukoek: Shake ’n Bake

Foto’s en video: Dearbeb Media 

Musiek: Bluefurn Productions

Trourok: Eulogeo Zeloo

Hare: Chené Jones

Grimering: Justine Otto 

Bruidegom se uitrusting: Stylish Stitch Tailor

 

 

FacebookTwitterPinterestGoogle +Stumbleupon
Aug 1, 2021 Ander, Beplanning

Spaar op ’n romantiese wegbreek na Parys!


Parys is een van die mees romantiese bestemmings in die wêreld en die perfekte vakansieplek vir ’n wittebrood of spesiale huweliksherdenking. Bespreek nou vir julle ’n wegbreek van ’n leeftyd en spaar met hierdie spesiale aanbod!
Lees verder

FacebookTwitterPinterestGoogle +Stumbleupon
Jul 18, 2021 Mode

Juwele wat gewild gaan wees hierdie trouseisoen


Die regte juwele kan enige uitrusting nog mooier laat lyk. Marion van Marion Rehwinkel Jewellery vertel ons watter bykomstighede jou in 2019 beeldskoon kan laat lyk.
Lees verder

FacebookTwitterPinterestGoogle +Stumbleupon
Jun 27, 2021 Beplanning

Trouvideo’s 101 – wat jy moet weet


Trouvideo’s is een van die beste maniere om jou spesiale dag te herleef. Daar is wel baie aspekte om in gedagte te hou om die beste besluite te neem wanneer dit by jou trouvideo’s kom.
Lees verder

FacebookTwitterPinterestGoogle +Stumbleupon
Jun 23, 2021 Beplanning

Liefde is MNW Photography se inspirasie


’n Liefde en passie vir wat hulle doen en die kosbare oomblikke tussen
die paartjies wat hulle afneem, is die grootste rede hoekom
MNW Photography doen wat hulle doen.
Minette Badenhorst het meer hieroor gaan uitvind.
Lees verder

FacebookTwitterPinterestGoogle +Stumbleupon
Jun 7, 2021 Uncategorized

EKSKLUSIEF: MUSIEKVIDEO VAN JUAN BOUCHER SE TROULIEDJIE WORD VRYGESTEL

Die musiekvideo van Juan Boucher se trouliedjie, wat beeldmateriaal bevat van sy mooiste dag, is pas vrygestel. Kyk dit eksklusief hier onder.

Lees verder

FacebookTwitterPinterestGoogle +Stumbleupon
Jun 1, 2021 Resepte

Italiaanse piekniekos vir jou troudag


Ons nuwe uitgawe is op die rak en ons het Italië was ons inspirasie. Hier is die perfekte resepte vir ’n piekniektroue met Italiaanse geur. Om meer van hierdie resepte en foto’s te sien, loer in die tydskrif!
Lees verder

FacebookTwitterPinterestGoogle +Stumbleupon
May 30, 2021 Beplanning

’n Toepassing om gaste na jou troue te nooi


’n Toepassing wat troubeplanning maklik en vinnig maak, is beslis die ideaal. Veronique Joseph verklap hoekom dit modern en die moeite werd is om hierdie roete oorweeg.
Lees verder

FacebookTwitterPinterestGoogle +Stumbleupon
Page 1 of 7012345»102030...Last »

Troukoors Op Instagram

Sorry:

- Instagram feed not found.
ONS INSTAGRAM FEED
troukoors
Sorry:

- Instagram feed not found.

Troukoors is jou daaglikse bron van trou-inspirasie... alles wat jy nodig het voor én na die troue.

© 2015 copyright TROUKOORS // Alle regte voorbehou