buitelugtroue
Hierdie buitelugtroue fotosessie is spesiaal gestileer om vir jou te wys hoe sag en elegant ’n troue in die natuur kan wees as jy die regte kombinasies kies. Lees verder om die pragtige eindresultaat te sien…

buitelugtroue_2

Vir die elegante bruid is ’n dromerige, onvergeetlike troue iets waarna sy streef. Maria Marguerite Photography deel ’n wit en roosgoud buitelugtroue fotosessie met ons só mooi – dis amper fabelagtig.

Hierdie buitelugtroue se toonsetting is heeltemal uit die boks uit. Die eksklusiwiteit van ’n roosgoudbesprinkelde troue in ’n katoenveld is so dromering en uniek dat dit lyk soos iets wat uit die blaaie van ’n sprokiesboek ontsnap het.

Die atmosfeer van hierdie dromerige buitelugtroue skreeu uit van elegansie en minimalistiese sofistikasie. Die dekor is eenvoudig, maar nogsteeds interessant genoeg om ’n blywende impak te laat. Met so ’n asemrowende agtergrond kanselleer dit die nut vir uitspattige versierings uit.

Die kleurkombinasie van wit en roosgoud is baie gewild op die oomblik en dit gaan ook nie enige tyd gou afneem nie. Hier is ’n paar idees om hierdie tipe voorkoms te herskep vir jou eie buitelugtroue:

TOONSETTING
As daar nie ’n katoenveld in jou nabye omgewing is nie, sal enige veld met wit blomme of plante in werk. Doen jou navorsing goed en kies ’n troudatum wat ooreenstem met die blomme se blomtydperk.
In die geval waar daar geen blommeveld beskikbaar is om hierdie dromerige buitelugtroue te herskep nie, kan julle ’n koringveld ook gebruik. Die strooi-kleur van die koringgerwe sal nogsteeds mooi invloei by die roosgoud en wit tema.

EETGEREI
Hou eetgerei eenvodig en elegant. Wit borde en onderborde met roosgoue rante of patrone, en eetgerei met roosgoue handvatsels is perfek. Klein wit details op die borde sal ook nie skade doen nie, maar die mikpunt is eenvoudige elegansie. Hou tafelservette ook wit en plein. Kristalglase sal die voorkoms mooi afrond.

buitelugtroue_3

TROUKOEK
’n Wit troukoek met roosgoudelemente is perfek vir hierdie tipe buitelugtroue. Julle kan selfs ’n roosgoud, goud, beige en wit ombre koek kry.

MEUBELS EN DEKOR
Die meubels moet spierwit en eenvoudig genoeg wees, maar tafelpote in ’n interessante vorm sal wel ’n ekstra tikkie elegansie verleen. Versier tafels met kristalblompotte met dieselfde wit blomme in wat voorkom in die blommeveld. In die geval van koringvelde kan jy koringgerwe pluk en met roosgoue verf sproei.

Tafel-runners wat weerskante van die tafels afhang sal beter lyk as vol tafeldoeke, omdat die toonsetting van so aard is dat daar nie negatiewe spasie onder die tafels sal wees nie.

Hierdie dromerige buitelugtroue vier die voorkoms van eenvoudige elegansie. Onthou dat die dekor nie moet kompeteer met die agtergrond nie. Julle gaste sal nog baie lank hieroor praat!

DIENSVERSKAFFERS
Venue: COTTON FIELDS FARM RUSTENBURG
Stilis en skryfbehoeftes: Avenue 88
Blomme: COTTON FARM
Dekor: MR PRICE HOME
Troukoek: Royal Treats (Alida Nuwenhuizen)
Fotograaf: Maria Marguerite Photography, Fotograaf
Trourok: Gelique
Hare: Model Self
Grimering: Suzaan Louise Makeup Artistry
Model: Toane Swart

mauritius_toer

Artikel: Gina van Staden

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA