Die regte juwele kan enige uitrusting nog mooier laat lyk. Marion van Marion Rehwinkel Jewellery vertel ons watter bykomstighede jou in 2019 beeldskoon kan laat lyk.

Marion Rehwinkel Jewellery se romanties geïnspireerde ontwerpe streef na uniekheid en om die reinheid daarvan te weerspieël. Sy het ʼn sagte oog vir skoonheid en daarom is sy een van die beste kenners op haar gebied om ons meer te vertel oor pragtige juwele vir 2019.

WATTER ANDER JUWELE BEHALWE TROURINGE IS GROOT IN AANVRAAG EN HOOG IN DIE MODE?
“Blompatrone sal meer geïnkorporeer word in juwele die jaar. Ons nuwe reeks, Frais (wat vars beteken in Frans), sal die jaar in Parys se strate verskyn en is geïnspireer deur vars blomme en patrone wat gevind word in Parys se tuine, soos kersiebloeisels, affodille, peonies, Irisse en lelies. Die blomme se patrone sal geïnkorporeer word in verloofringe of pante. ʼn Miniatuur metaal tuin wat jy sal kan dra as oorbelle sal beslis ook ʼn nuwe gunsteling word. Blomme is altyd vroulik en tydloos. Dit pas natuurlik perfek by bruide.

Klassieke juwele soos ʼn pragtige, ronde diamant ketting bly ʼn populêre keuse onder dames. As jy wil speel met teksture, set dalk die klassieke diamant in ʼn meer kreatiewe ontwerp, met millgraine om die steen.

Verskeie tipe troupante bly steeds ʼn gunsteling die jaar. Kombineer klassieke troupante met meer kreatiewe pante soos blompatrone en so meer. Dra die pante saam, of soos jou styl pas.”

BY WATTER ROKKE OF UITRUSTINGS SAL JY EKSTRA JUWELE AANBEVEEL?
Juwele moet op ʼn daaglikse basis geniet en gedra kan word. Wanneer jy edelmetaaljuwele koop maak seker dit weerspieël iets van jou identiteit en styl. Sodoende sal juwele vir formele en informele geleenthede gedra kan word, omdat dit duursaam is. Ons lê altyd klem daarop dat dames eerder minder kostuumjuwele koop en eerder een stel pragtige en uniek ontwerpte edel juwele koop. So versamel jy hoë kwaliteit items deur die jare, en word daar ook meer aan gedink oor watter tipe juwele regtig tydloos is aan jou styl.”

WATTER TIPE JUWELE LYK DIE BESTE OF MEES GEPAS VIR TROUES?
“Aangesien Marion Rehwinkel Jewellery spesialiseer in unieke juwele, stel ons voor dat die juwele wat gedra word tydens jou troue natuurlik by jou, as bruid, pas. Baie bruide verkies wel deesdae juwele wat hulle weer sal kan dra na die troue. Ontwerp en kies slim. Ons Frais- versameling sal natuurlik vroulikheid en trou nostalgie vasvang en vier.”

ʼn Mens kan beeldskone bykomstighede visualiseer soos Marion oor juwele gesels. Gaan kyk gerus op haar webtuiste na haar beeldskone en unieke versameling juwele. Dit is asof alles wat jy in jou kop visualiseer ʼn realiteit word.

Volgens Marion van Marion Rehwinkel Jewellery is klassieke en kreatiewe blompatrone in troujuwele en unieke edel metaal ontwerpe wat daagliks en vir geleenthede gebruik kan word, die manier om hierdie jaar te werk te gaan as jy beplan om beeldskone bykomstighede deel van jou uitrustings te maak.

Artikel: An-Sophie Jonker

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA