netwerkprobleme lei tot die kansel1
Wie het nou kon dink dat netwerkprobleme by jou werk jou na jou trouvrou toe kan lei? Vir Attie en Marlene is dit presies die rede hoekom hulle ontmoet het.

————————————————–

KOOP JOU TROUKOORS TYDSKRIF DEUR HIER TE KLIEK.Troukoors_tydskrif_bladsye
Wanneer ’n mens trou is dit ’n baie spesiale tyd in jou lewe, wat net eenmaal in ’n leeftyd plaasvind. Daarom moet jy seker wees dat jy al die mooiste idees en inspirasie gesien het voor jy finale besluite neem en die beste raad kry om in gedagte te hou wanneer jy jou perfekte dag reël.

Troukoors se héél beste artikels het ons spesiaal gehou vir ons pragtige glanstydskrif! Dit is propvol doen-dit-self idees vir verskillende style en kleurskemas, inspirasie deur middel van regte troues en bruide wat hulle wenke met jou deel, smullekker resepte vir ’n selfdoen troue (of om manlief na die troue te bederf), huisdekor idees vir julle nuwe nessie, verhoudingsadvies (wanneer julle nie saamstem oor die begroting of gastelys nie en sy sokkies, wat alwéér op die vloer lê, jou grensloos irriteer), plek om notas te maak en die diensverskaffers wat jy oorweeg se kontakbesonderhede op een plek neer te skryf.

Troukoors is al wat jy nodig het gedurende hierdie opwindende (en soms stresvolle) tydperk in jou lewe en ideaal om in jou trommeltjie te bêre saam met al jou ander sentimentele herinneringe van julle troudag. Die winkels se voorraad het reeds uitverkoop, maar jy kan Troukoors nog direk by ons bestel. Die tydskrif kos slegs R59.90 (ons betaal die geregistreerde pos, wat 100% betroubaar is, en verpakking van R29.50 nou namens jou). Kliek hier vir ons bankbesonderhede (dit is maklik en vinnig) en hou ook binnekort Suid-Afrikaanse bruide se geliefkoosde tydskrif in jou hand vas!

————————————————–
Artikel vervolg…

netwerkprobleme lei tot die kansel2

As twee mense bedoel is vir mekaar, sal hulle bymekaar uitkom. Kyk nou net wat het met die paartjie gebeur. Marlene was te hardekwas om uit te gaan op ’n blinde afspraak met Attie (op aandrang van ’n gemeenskaplike kollega) en daar netwerk die netwerk hom tot by haar kantoor se gang.

DIE JA-WOORD HOEF NIE FÊNSIE TE WEES NIE
Attie het geweet as hy iets soos ’n romantiese ete êrens beplan, gaan hierdie oplettende nooi van hom dadelik lont ruik, daarom het hy haar sommer by die huis onverwags met die groot vraag verras. “Na ’n bedrywige dag en week by die werk, het ek op die bed gaan lê en ontspan terwyl hy gaan pak het, want hy het die volgende dag gery vir sy jaarlikse golf-trippie. Terwyl ek op die bed gelê het, het hy uit die bloute langs die bed kom kniel, my hand gevat en my ringvinger styf vas gehou. Ek onthou nog dat ek hom aangekyk het en gedink het: ‘Wat maak jy nou? ’n Mens spot nie oor sulke goed nie!’ Hy het baie mooi goedjies gesê en my toe die groot vraag gevra! Ek was baie geskok gewees en het gedink dit is nie werklik nie en hom eers net aangestaar. Hy het toe gesê hy gaan my weer vra, want hy het toe besef ek was te stom om te antwoord. Net daar spring ek toe op en soen en druk hom. Hy het toe benoud vir my gesê: ‘Jy het my nog nie geantwoord nie!’ Waarop ek: ‘Ja!! Ja!! Natuurlik ja!!’ geantwoord het”.
 
DIE GEHEIM LÊ IN DIE BEPLANNING
Marlene vertel trots dat sy geen spanning op haar troudag gehad het nie, want alles was haarfyn beplan en almal het geweet presies wat hulle moet doen. Sy is, het ‘’n dokument saamgestel waarop al die beplanning uitgelê was. Hierdie dokument is vir al die diensverskaffers gegee. Almal was dus op dieselfde bladsy.
“Die grootste stres is van jou skouers af wanneer jy die venue en fotograaf uitgesorteer het. Die venue is nommer een want dit bepaal die kleur, styl en begroting van jou troue.”
Attie is blykbaar nie ’n man wat vashaak in details nie en het dit met liefde aan Marlene oorgelaat. Sy het hom darem heeltyd betrek by al die besluite. “Bruide moet onthou dat dit op die einde jul albei se dag is en dus dit belangrik is om jou man ook in ag te neem.”

netwerkprobleme lei tot die kansel3

SAG EN ROMANTIES
Pastelle van pienk en eendeier-blou saam met silwer en baie liggies het bygedra tot die romantiese atmosfeer van die troue. “Ons het nie ’n spesifieke tema gehad nie. Ons het ietsie van verskillende temas waarvan ons gehou het gevat en net gesorg dat dit alles by mekaar pas.
Die gevoel wat ons wou skep was romanties en elegant maar gemaklik (niks styf nie).”
 
VIR ALTYD SAAMGEVLEG
“Tydens ons seremonie, het ons ’n driedubbele tou gevleg as simboliek van Prediker 4, vers 9 – 12. Dit is vir ons ’n baie spesiale verse. Die drie toue simboliseer die samevoeging van een man, een vrou en God in n huwelik. God het ons liefde geleer, en deur Hom in die middel van ons huwelik te hou, sal Sy liefde voortgaan om ons te bind as een in ons huwelik. Dit het bestaan uit drie kleure naamlik, goud, pers en wit. Die goddelikheid van God word deur die goud verteenwoordig. As ’n nuwe skepping van Christus, is die heerlikheid van die bruidegom deur die pers verteenwoordig. Die bruid is verteenwoordig deur die suiwerheid van wit nadat sy gereinig is deur die verlossing in Christus.”

DIE PARTYTJIE VAN DIE JAAR
Soos op enige bruid se groot dag was daar oomblikke wat Marlene se emosies by haar oë wou uitrol, maar haar strooimeisies het net elke keer vir haar gesê: “Stop it!” Sy was so opgewonde dat sy al van 4 uur die oggend afgewag het vir beweging sodat sy kon gaan loer wie al wakker was. Mense met Gesigte het hulle droom-oomblikke op foto’s vasgelê terwyl die gaste voorgereg in die pragtige tuin geëet het. “Daarna het ons die grootste partytjie gehou wat al gehou is. Ons het gekuier toe 2 uur die oggend en is by die saal uit saam met die laaste paar van die gaste. Dit was nou vir jou ’n troue vir die boeke! Een van die bestes soos die gaste gesê het.”

netwerkprobleme lei tot die kansel4

DIENSVERSKAFFERS
Venue, Spyseniering, Drankies en Dekor: Cussonia Crest
Koördineerder: Bruid self
Blomme: Marina Pierneef
Skryfbehoeftes: Neighbourhood Creative
Troukoek: Gerda Naude
Fotograaf: Mense met Gesigte
Musiek: Bucksfizz
Trourok: Bridal Room Pretoria
Hare: Hairmony Co.
Grimering: Image by Suna

Artikel: Yolande van Deventer

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA