plaastroue
’n Plaastroue is wat hierdie romantiese paartjie graag wou hê om hulle liefde vir mekaar te vier. Gina van Staden vertel ons meer van hulle spesiale dag in die Karoo.

BEDERF JOUSELF OF ‘N GELIEFDE HIERDIE KERSFEES MET ‘N GESKENK VAN TROUKOORS!
BESTEL DIE TROUBOEK EN TROUKOORS TYDSKRIF AANLYN EN SPAAR +-R55!

troukoors_tydskrif_en_die_trouboek

Die Trouboek help jou om week-vir-week jou troue self te beplan en sluit ‘n begroting, tydlyn, lysie van foto’s wat geneem moet word, plek vir diensverskaffers se kontakbesonderhede ens in. Gretha Wiid se huweliksvoorbereiding help jou en jou verloofde om emosioneel gereed te wees vir die groot stap! Troukoors se gewilde tydskrif is propvol idees en inspirasie en help jou om al jou Pinterest-idees lewe te gee, help jou om geld te spaar en wys jou wie die betroubare (en bekostigbare) diensverskaffers is! Pakkies word met geregistreerde pos gestuur om te verseker dat dit definitief ontvang word.
Kliek hier vir meer info en opsies: https://www.troukoors.co.za/koop-die-tydskrif/

Betaal R160 (slegs tot 15 November, daarna geld normale pryse weer) in ons bankrekening in:
MonCheri Events and Productions CC
Rek: 189 103 463 4 (Tjek)
Tak: 189 137
Nedbank Vaal Mall
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
E-pos: Jou naam, van, selfoonnommer, posbus adres en poskode na info@bpwpprebuild.co.za


plaastroue_2

Pienaar en Elmari Papenfus se liefdesverhaal kan omskryf word as ʼn hedendaagse Romeo and Juliet storie – met handgeskrewe liefdesbriewe en al. Die liefde wat eers ontduik het, is later aangevuur oor ʼn koppie koffie. Elmari vertel ons meer van hulle plaastroue:

HOE HET JULLE LIEFDESVERHAAL BEGIN?
Pienaar: “Ek het tydens ons ontmoeting in 2013 vir Elmari haar telefoonnommer gevra, maar haar nooit gebel nie. Meer as ʼn jaar later het ek uit die bloute vir haar ʼn boodskap gestuur en gevra hoe dit gaan. Ons telefoonkontak het ʼn ruk aangehou voordat ons tydens my rit af Kaap toe 05:00 die oggend in Bloemfontein ontmoet het vir koffie. Daardie uur of twee het gevoel soos vyftien minute. Ons was hierna op ʼn wegbreeknaweek en het net geweet dat ons toekomstige plaastroue ʼn uitgemake saak was.”

HOE HET HY JOU GEVRA OM TE TROU?
“Pienaar het tydens sy suster, wat in Amerika woon, se besoek vir ons ʼn uitstappie gereël op die bekende Wine Tram in Franschoek. Ons laaste stop was die wynplaas Grande Provence Heritage Wine Estate. Pienaar het met sy suster gereël om ʼn Viewmaster, met sewe fotoʼs in, saam te bring en die laaste foto was van ʼn gesketsde ring met die woorde “Elmari, Trou met my”. Ons was agt maande verloof.”

VERTEL ONS MEER VAN JULLE PLAASTROUE SE BEPLANNING?
“Ons het eerste op die datum besluit. Pinterest het vir baie van ons idees gesorg, maar ek, my ma en ʼn boervrou, Aneen Maskell, het saam ons plaastroue beplan. Ons het besluit dat die seremonie op my ouers se plaas, by die populierbos, sou plaasvind en die othaal in die skeurhok. Omdat ons nie ʼn kommersiële venue gehad het nie moes ons die stoele en eetgerei laat inkom vanaf Bloemfontein, die tafels vanaf Colesberg, die spyseniering vanaf Richmond, die kontantkroeg vanaf Hanover en die res plaaslik tussen ander boere en inwoners.”

plaastroue_3

WAT WAS JULLE KLEURSKEMA EN TEMA?
“Eenvoud en aardse kleure wat geskik is vir ’n plaastroue. Die plaas is so mooi en ons wou dit net komplementeer met ons dekor.”

HET JY RAAD VIR BRUIDE WAT OOK ʼN PLAASTROUE REËL?
“Indien moontlik, kyk of jy kan deel wees van die finale uiteensetting van die troue. Dit maak dit baie meer spesiaal, want die dag gaan so vinnig verby.”

ONS HET GEHOU VAN:
* Die tuisgemaakde dankiegeskenkies
* Die ongekompliseerde spyskaart van biltong, kookkos en die lekkernye-tafel
* Die saamtrek van ʼn gemeenskap om by te dra tot ʼn onvergeetlike plaastroue

plaastroue_4

DIENSVERSKAFFERS:
Venue: Grootfontein-plaas
Koördinering: Karen Kock, bruid se ma
Spyseniering: Genine Viljoen, Vetmuis Restaurant in Richmond
Drankies: Grand Liquor Winkel, Hanover
Bloemis: Bloemfontein Blommemark
Dekor: Aneen Maskell, Hanover boervrou
Verhurings: Function & Wedding House
Skryfbehoeftes: Hallo Jane
Troukoek: Annie van Heerden, Plooifontein (Hanover Distrik)
Fotograaf: Christo Louw
Musiek: Unstrung Sons
Trourok: Elizabeth Stockenstrom
Trouskoene: Lily Blue
Hare en grimering: Andrea Pieterse, Richmond
Bruidegom se uitrusting: Robert Daniel/ Woolworths/ Green Cross
Vervoer: Familielid se Jeep

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA