plaastroue
’n Plaastroue was die perfekte manier om Hermanus en Benita se lewe saam te bind, wat al van hulle skooldae af kom. Gina van Staden vertel hulle verhaal.

ekspo-2

plaastroue_1
Benita en Hermanus Swart se liefde het al onwetend agter die skoolbanke op Naboomspruit begin blom. Jare later het die twee mekaar weer gevind en die knoop deurgehaak. Benita vertel ons meer oor hulle plaastroue.

HOE HET JULLE NA AL DIE JARE WEER BYMEKAAR UITGEKOM?
“Ses jaar terug het ek vir hom ʼn kospakkie gevat tydens sy aankoms in Pretoria om sy rugby te bevorder. Dit was die eerste keer in drie jaar wat ons mekaar weer gesien het. Ons het sommer dadelik geweet dat ons eendag wou trou en bymekaar wou wees totdat ons grys is.”

WATTER KARAKTEREIENSKAPPE HET JULLE VAN MEKAAR AANGETREK?
Hermanus: “Haar bruin oë, mooi persoonlikheid en lekker kos.”
Benita: “Sy opgewekte persoonlikheid, lekker drukkies en die manier dat hy my laat voel of ek die mooiste vrou in die wêreld is.”

HOE HET HY JOU GEVRA OM TE TROU?
“Hy het my een Oukersaand voor my familie gevra. Hy was baie senuagtig tydens die geskenk-oopmakery en ek het nogal gewonder wat fout is. Toe ons klaar was, het hy gesê dat ek moet gaan kyk of daar nog iets aan die kersboom hang en toe gaan hy af op sy knie en vra my om sy vrou te word. Ons was vir een-en-twintig maande verloof voordat ons plaastroue plaasgevind het.”

plaastroue_2

HOE HET JULLE DIE PERFEKTE VENUE VIR JULLE PLAASTROUE GEKIES?
“Ons het van die begin af al geweet dat ons op ʼn plaas wou trou. Dit was nogal uitdagend om die troue te beplan aangesien ons in die Kaap bly. Maar dit was ʼn sprokie wat ons wou voltooi, al het dit lang aande en op-en-af reis behels.”

WAT WAS DIE KLEURSKEMA EN TEMA VAN JULLE TROUE?
“Die tema was ‘gemaklike plaastroue’ en daarom het ons sagte pienk, groen en room as kleurskema gekies. Die groen is in die woestynrosies uitgebeeld en die room in die hessiaan. Houttafels en –rosies is afgerond deur stringe hangende pêrels.”

WATTER RAAD HET JY VIR TOEKOMSTIGE BRUIDE?
“Bly net kalm wanneer jy trou. Kies die regte gevolg want hulle maak ʼn groot verskil aan jou groot dag. Moet ook nie heeltemal op die internet prentjies staatmaak nie – gaan kyk self na die dinge waarin julle belangstel.”

Benita het besef dat die groot dag net oor haar en haar bruidegom gaan, dus het sy haarself nie gesteur aan ander se opinies nie. Dis mos waaroor trou gaan – die viering van onvergangklike liefde. Hulle plaastroue was perfek!

plaastroue_3

DIENSVERSKAFFERS:
Venue, spyseniering en drankies: Biki Plaas
Koördinering: Christine van den Heever, Biki Plaas
Blomme: Pretoria Blommemark
Dekor en skryfbehoeftes: Bruid, Bruidegom en Bruid se Ma
Verhurings: Vergeet-My-Nie Verhurings
Troukoek: Carli van Niekerk
Fotograaf: Stefan Smuts van SM-Photography
Videograaf: Amanda Fourie
Musiek: Gauteng DJ
Vermaak: Jurg Basson, Kanniwarrie Orkes
Trourok: Tying the Knot, Kaapstad
Hare: Renette van den Heever
Grimering: The Glitterpot
Bruidegom se pak: De Jagers
Troutydskriffie: Creatif with Lizzy

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA