ʼn Selfdoentroue was Herkie en Chrizaan Viljoen se droom en hart vir hulle troudag. Chrizaan wou hê hul gaste moet sien hoe mooi en stylvol jy, jou troue self kan doen.

An-Sophie Jonker het gaan uitvind hoe hulle, hul wildste drome oortref het met hulle selfdoentroue.

WAAR HET JULLE LIEFDESVERHAAL BEGIN?
“In 2006, na ’n aand van baie lag en diep gesprekke, het ek besef Herkie is ’n baie spesiale man. Ongelukkig het hy ’n paar weke later na die Verenigde Koningryk vertek en ons het aangegaan met ons lewens. Drie jaar later het ons weer op sosiale media begin gesels. Hy het besluit om terug te kom vir my, die res is geskiedenis…”

WATTER KARAKTEREIENSKAPPE HET GEMAAK DAT JULLE VERLIEF RAAK OP MEKAAR?
“Ons kan meningsvolle gesprekke voer oor enigiets. Ons deel ʼn diep vertroue en respek wat ons albei terdeë geniet.”

HOE HET HY JOU GEVRA OM TE TROU VOOR JULLE MOOI SELFDOENTROUE?
“My pa het ons vakansiehuis by die see vir ons geleen, om saam ons beste vriende te gaan vakansie hou. Ek en my vriendinne het ʼn lekker dag alleen gehad, minwetend dat die mans besig is om ons verlowing op die strand reg te kry. Die aand toe ons strand toe ry, was die hele pad omring deur liggies en lanterns. Toe ons stop het almal my alleen met ons vriend en sy kitaar gelos. Ons het afgestap strand toe waar ons met nog liggies omring was en net daar voor al ons beste vriende het hy my gevra om te trou.”

VERTEL ONS MEER OOR DIE BEPLANNING VAN DIE SELFDOENTROUE?
“Ons was vyf jaar verloof. Ek het geweet wat ek wou hê, maar ek het vyf jaar gehad om daaroor te dink. My tannie het onlangs ʼn venue begin, so ons het geweet dis die perfekte plek! Ek is ʼn ou siel, so ek het besluit om meeste van die goed self te doen.”

WAT WAS JULLE KLEURSKEMA EN TEMA EN HOEKOM?
“Swart, roosgoud, neutrale kleure, pers en blomme. Ek was mal oor die kleure en dit is die perfekte kombinasie vir ʼn dramatiese selfdoentroue in die Winter.”

WATTER ATMOSFEER WOU JULLE SKEP BY JULLE SELFDOENTROUE EN HOEKOM?
“Ons het nie ʼn tradisionele troue gehou nie, so alles was ʼn bietjie anders. Ons wou ʼn ontspanne dag hê, vol pret. ʼn Kort en kragtige seremonie, fantastiese kos en hope pret.”

BESKRYF JULLE TROUDAG…
“Pure vreugde! Ons het mekaar belowe ons gaan net die dag geniet en nie oor klein goedjies bekommer nie. Dit was werklik die perfekte viering van ons liefde!”

VERTEL ONS MEER VAN JULLE SELFDOENTROUE EN WAT JULLE GEMAAK HET:
• Tuisgemaakte koekies vir die gaste.
• Fotohoekie van afvalmateriaal, wat ons met satynblomme versier het om geld te spaar.
• My tannie se tuinier het die mooiste draadhoendertjies gemaak vir tafeldekor.

RAAD AAN TOEKOMSTIGE BRUIDE…
• Ontspan, sit terug en neem alles in. Moenie stres oor klein goedjies wat niemand inelkgeval raak sien nie.
• Eet! Die dag is besig en jy is miskien te opgewonde om te eet, maar eet! Jy sal later vir my dankie sê.

Herkie en Chrizaan het die mooiste selfdoentroue gereël. Haar laaste bietjie raad vir bruide wat ook ʼn droom selfdoentroue wil reël is: “Vat jou tyd en kyk en koop rond waarvan jy hou en jy sal verbaas wees met hoe mooi en bekostigbaar jy reg kom.”

 

DIENSVERSKAFFERS
Venue, spyseniering en drankies: Roseview Hill
Skryfbehoeftes: Jackie Handley – Purple August Design Studio
Fotograaf: Anri Prinsloo Photography
Musiek: Ryan Mills
Trourok: Custom Enzoani
Hare: Tachari
Grimering: Reinette van Dyk
Bruidegom se uitrusting: Euro Suit

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA