sluier
’n Sluier kan nogal ’n dromerige effek skep, maar is dit iets wat in die laat 70’s hoort soos in die fliek, Vir die Voëls, of kan moderne bruide dit ook dra? Christell du Preez van The Peachy Peony gee raad.

Baie bruide weet van die begin af of hulle ’n sluier gaan dra wanneer hulle trou, of nie. Hulle het klaar die prentjie in hulle koppe van hoe die lang (of kort) sluier opgelig gaan word en hulle beeldskone bruidsvoorkoms nog meer gaan komplementeer.

As jy egter nog nie só ’n prentjie in jou kop het nie en nie seker is of jy wel een wil dra nie, moet jy dalk verder lees om meer uit te vind oor hierdie kant-item wat Simoné Nortmann se voorkoms so mooi afrond in hierdie splinternuwe Afrikaanse fliek – Vir die Voëls.

Hier is ’n paar feite oor die sluier:

sluier_1
DIE SIMBOOL
’n Sluier het vroeër jare gedien as ’n simbool van maagdelikheid. Die pa of bruidegom sal dan die sluier oor die bruid se kop tel, wat dan as die seël dien dat die troue volmaak is.

IS DIE SLUIER NOG IN DIE MODE?
In 2011 het die hertogin, Kate Middleton gewys dat sluiers nog in die mode is. Sy het ’n baie klassieke, maar eenvoudige sluier gedra. Die modetendens vir 2017 keer terug na hierdie styl. As jou rok kant het, is dit altyd ’n treffer om van hierdie detail deel van jou sluier te maak.

HOE MODERNE SLUIERS VAN DIE 1970-WEERGAWE VERSKIL
Simoné Nortmann se sluier, in die fliek, is ’n tipiese 1970-sluier met ’n kort voorkant en ’n langer agterkant. Vandag is sluiers is sagter en meer vloeiend. Dit beteken ook dat jy nie so swaar hoef te te dra aan hierdie kopstuk soos wat jou ma gedoen het nie.

sluier_2
WAT OM IN GEDAGTE TE HOU
* As jy graag wil hê jou sluier moet ’n lintafwerking hê, moet jy net in gedagte hou dat die lint ’n baie harde lyn vorm, wat mooi om elke kurwe gaan lê. Dit kan ’n voor- of nadeel wees.
* As jou rok baie detail het, hou jou sluier eenvoudig.
* As ’n sluier glad nie vir jou is nie, maar jy weet nie wat om anders te doen nie, is hier so ’n paar idees:

sluier_3
Die span agter die fliek, Vir die Voëls, het baie moeite gedoen om by die styl en atmosfeer te bly vir die tydperk (die laat 1970’s) waarin die fliek afspeel. Die fliek is ’n projek deur Huisgenoot en The Film Factory as deel van die tydskrif se eeufees. Dit vertel die storie van Humpel (Simoné Nortmann), ’n sterk vrou, wie se hart deur haar kleintydvyand, Sampie (Francois Jacobs) gesteel word. Die fliek begin op 25 November 2016 in fliekteaters wys. Moet dit nie mis nie! Hier is die lokprent!

Hooffoto: Uit die fliek, Vir die Voëls
Foto’s: CRH Photography; She Knows; Pronovias; Blushcheek; Etsy; Weddings and Gowns; Chic Vintage Brides; Eed Inspiration; Blue Sky Papers

mauritius_toer

 

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA