sprokiestroue
Sprokiestroue beskryf elke bruid se perfekte dag en nie almal van ons se sprokie lyk dieselfde nie. Hier is ’n gestileerde fotosessie wat kreatiwe bruide sal laat regop sit.


SPESIALE AANBOD VIR TROUKOORS LESERS
Die Trouboek (saam met Gretha Wiid)@ R90 +
Troukoors Tydskrif (ons spesiale uitgawe) @ R50 + posgeld = R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).
Kliek hier om te bestel.

_________________________________________________________________________________________________________________

sprokiestroue_1
Vir die minder tradisionele bruid sal romantiese duiwe in ʼn kou en ʼn tiara nie voldoende vir haar troue wees nie. Dominique van Hello Love Photography vertel hier hoe ʼn bruid die dramatiese Alice in Wonderland-gevoel aan haar eie sprokiestroue kan verleen.

WATTER TIPE ATMOSFEER WOU JULLE SKEP MET HIERDIE SPROKIESTROUE FOTOSESSIE?
“Ons wou ʼn Wonderland-voorkoms, kompleet met reuse sneesdoekie-blomme, topsy turvy troukoeke, waterval-blomrangskikkings en tikkies goud skep.”

WATTER KLEURSKEMA HET JULLE GEKIES, EN HOEKOM?
“Blos, blou en goud. Hierdie kleurskema is tans gewild en op die voorgrond by verskeie trou- en modevertonings.”

BY WATTER TIPE TROUES SAL HIERDIE TEMA PAS?
“Die prettige en kinderlik waansinnige bruid sal baat by hierdie tema. Dis ook perfek vir ʼn buitelug- of tuin sprokiestroue.”

sprokiestroue_2

WATTER IMMERGEWILDE ELEMENTE HET JULLE BY HIERDIE FOTOSESSIE INGESLUIT?
“Goud en heelwat groenigheid.”

WATTER DOEN-DIT-SELF PROJEKTE KAN BRUIDE SELF VIR HULLE SPROKIESTROUE AANPAK?
“Wanneer bruide die Luna Artistry webtuiste besoek, kan hulle die produkte om die papierblomme self te maak, aankoop. Daar is ook handleidings beskikbaar oor hoe om die papierblomme aanmekaar te sit.”

HOEKOM HET JULLE OP HIERDIE SPESIFIEKE BLOMME EN DEKOR BESLUIT?
“Ons wou ʼn sprokiestroue met kinderlike waansinnigheid ten toon stel en die reuse pienk papierblomme het nét daarvoor gesorg! Al die ander dekor was spesifiek uitgekies om die Alice in Wonderland-gevoel te skep: die pienk teekoppies, pienk stoel en goue voëltjies op die tafel. Die troukoek het al ons wildste verwagtinge oortref met die unieke pienk blomme en blou kant aksente.”

NOG IDEES VIR ʼN ALICE IN WONDERLAND SPROKIESTROUE TEMA:
* Gaste kan gekleurde sambreeltjies waai in plaas van konfetti strooi.
* Die bruid kan ʼn helderkleurige hooftooisel en hakskoene dra.
* Die blomme kan in teepotte rangskik word, in plaas van blompotte.
* Leerboeke, sakhorlosies en groot sleutels kan deel van die dekor uitmaak.
* Gaste kan aantrek volgens tema, of daar daar kan elemente wat by die tema pas wees vir die photo booth.
* Daar kan ʼn nagereg tafel wees met fyn teekoppies, high tea happies en koekies wat versier is om soos speelkaarte te lyk.

Met goeie beligting en ʼn ervare fotograaf kan die bruid wat hierdie vrolike tema kies vir haar sprokiestroue, nog lank terugkyk na die foto’s met ʼn breë glimlag in haar hart. Dink net aan die stories wat hulle eendag vir hul kleinkinders kan vertel!

sprokiestroue_3

DIENSVERSKAFFERS:
Venue: Shepstone Gardens
Koördinering: NadiaM
Blomme: Joy Bella
Dekor: Luna Artistry – Papier blomme, Joy Bella
Skryfbehoeftes: Lily Young Designs
Troukoek: Annica’s Designer Cakes
Fotograaf: Hello Love Photography – Dominique, JeaniV Photography
Hare en grimering: Make up by Monique
Trourok: Silver Swallow
Bruidegom se pak: GF Menswear
Ander: Kopstuk by Lorean

Artikel: Gina van Staden
PTA SHOW BANNER

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA